John Hlophe sal na verwagting vandag aandui of hy die konstitusionale hof gaan nader nadat die appélhof bevind het die Regterlike Dienskommissie (RDK) ongrondwetlik opgetree het deur nie sy ondersoek teen Hlophe voort te sit nie.
Lees meerAlles vir Woensdag 8 Junie 2011
Baba Bokke hoop op selfversekerde begin
Die Suid-Afrikaanse o.20-rugbyspan speel Vrydag sy eerste wedstryd by die Junior Wêreldtoernooi in Italië wanneer hy Skotland pak in hulle Groep C-wedstryd.
Dwelmslaaf vas na gyselaarsdrama
ʼn 25-jarige vermeende dwelmverslaafde is in hegtenis geneem nadat hy na bewering vier mense aangehou en glo een van hulle verkrag het in Eersterivier in die Wes-Kaap.
Egpaar sterf in gru-ongeluk
ʼn Man en vrou is dood nadat hulle motor teen ʼn vragmotor gebots het op Sea Cow Lake weg net voor die Kenville weg wisselaar in Durban in Kwazulu-Natal.
Kallis is SA krieketspeler van die jaar
Jacques Kallis was gisteraand die groot wenner tydens Krieket Suid-Afrika se jaarlikse prysuitdeling.