Alles vir Donderdag 19 Januarie 2012

Nuuskommentaar: Weer- en klimaatsvoorspelling

Vanoggend lui twee opskrifte in Volksblad: “Vloedwater laat spoor van verwoesting” en “Droogte knel N-Kaap boere”. Boonop teister hittegolwe die Wes- en Suid-Kaap, en veldbrande stel reuse eise aan mens en dier. Dit werp ‘n treurige blik op ‘n stuk onbekookte wetgewing wat darem intussen koue voete gekry het – om die SA Weerdiens in wese die monopolie oor stormwaarskuwings te gee.