Klante wat kaartjies deur Computicket Travel vir die sukkelende Velvet Sky gekoop het, sal tydens die Paasnaweek terugbetaal word, het die maatskappy Donderdag gesê.
Lees meerAlles vir Donderdag 5 April 2012
Valke-kaptein verskyn in hof
Polisiekaptein Esmeralda Bailey het Donderdag op agt aanklagtes, insluitend korrupsie, in die Belville Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Kaapstad verskyn.
Kontantroof by Kaapstad-winkelsentrum
ʼn Onbekende bedrag geld en ʼn vuurwapen is Donderdagoggend tydens ʼn transitorooftog by die N1 City Mall in Goodwood, Kaapstad, gesteel, het die polisie gesê.
Maklike hoenderpastei
‘n Heerlike (en maklike!) hoenderpastei
Man soek oor dogtertjie se lyk
Die liggaam van ʼn dogtertjie is Woensdagmiddag in Turffontein gekry nadat sy glo deur ʼn wit man in ʼn wit motor ontvoer en doodgemaak is.
ATKV-jeugberaad
Die ATKV-Jeuginstituut bied drie Jeugberade aan tydens die Junie/Julie vakansie.
Foto’s: Brandende tenkwa op N3 veroorsaak chaos
Die N3-hoofweg tussen Warden en Harrismith is Donderdagoggend gesluit weens ʼn tenkwa wat aan die brand is.
Artikel oor die nuwe NP van Wyk Louw Sentrum vir Kulturele Vryheid
Vir die NP van Wyk Louw Sentrum vir Kulturele Vryheid beteken waaksaamheid veel meer as om alarm te maak wanneer daar bedreigings is. As ideesentrum is sy hooftake om ‘n konstruktiewe bydrae tot politieke denke en debat oor kulturele vryheid te maak en om met werkbare planne vir die beskerming en uitbouing van dié vryheid vorendag te kom.
Nuuskommentaar: Paasbolletjies en halaal
Kort voor die Paastyd het Woolworths ‘n stroom van kritiek op die lyf geloop oor die aanbring van die halaal-teken op paasbolletjies. Herman Toerien kyk in diepte waar paasbolletjies vandaan kom en hoe ons, as Christene, die voorval moet hanteer.
Motoris kry R400 000 boete
ʼn Gauteng motoris was geskok toe hy ʼn brief in die pos kry wat beweer hy skuld R400 000 nadat hy oor verkeersboetes gekla het.
Man val vriendin by eetplek aan
ʼn Kelnerin by ʼn restaurant in die Killarney-winkelsentrum in Johannesburg is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy Woensdag glo deur haar kêrel en in aanskoue van omstanders met ʼn Okapi aangeval is.
Een dood, 29 beseer in ongeluk op N2
Een persoon is dood en 29 mense is Woensdag beseer in ʼn botsing op die N2 tussen die Spaghetti-wissellaar en Wandsbeckweg in Durban.