Kringtelevisie-beeldmateriaal van ‘n meisie se noue ontkoming op ‘n sypaadjie.
Lees meerAlles vir Woensdag 25 April 2012
Aspoestertjie
Was dit werklik ‘n glasskoentjie en wat beteken dit as iemand ‘n Aspoestertjie genoem word? Kom lees die Taaltoffie om meer uit te vind!
Baba Wade: Pa erken hy het ma aangerand, nooit baba nie
Nolan Schoeman (32) wat tans onder verhoor is nadat hy glo sy twee maande oue babaseuntjie, Wade, vermoor het, het Woensdag aan die hooggeregshof in Pretoria gesê dat hy die baba se ma aangerand het, maar nooit die kind seergemaak het nie.
Vrou sterf ná “sonlig-dieet”
Die Switserse koerant Tages-Anzeiger berig dat ʼn vrou van hongersnood gesterf het nadat sy glo op ʼn geestelike dieet gegaan het wat bepaal dat sy moet ophou eet en drink en slegs van sonlig moet leef.
Video: Veldtog teen plaasaanvalle – Vertel jou Storie-projek
Die Solidariteit Beweging het vandag tydens ’n gesamentlike mediakonferensie ’n aksieplan as deel van hul veldtog teen plaasaanvalle bekendgestel.
Regter sê interdik rakende e-tol is dringend
Volgens regter Bill Prinsloo is die saak rakende Sanral se e-tolstelsel baie dringend en sal die hof voor 30 April besluit of die aanvangsdatum uitgestel moet word en ʼn interdik toegestaan gaan word.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde weer onder die loep
Plaasaanvalle en plaasmoorde word vandag weer onder die vegrootglas geplaas wanneer die nuutgestigte Solidariteit Beweging ‘n nuwe veldtog hierteen van stapel stuur.
Inge Lotz-hofsaak: rekenaars en data gesteel
Skootrekenaars wat aan die twee advokate behoort wat aan die Inge Lotz-moordsaak werk, is glo oor die naweek uit hul kantoor in Kaapstad gesteel.
Jak de Priester se familie in ongeluk
Die sanger Jak de Priester se skoonma is dood en sy vrou en kinders beseer na ʼn ongeluk in Uvhongo aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
Malema se skorsing bekragtig
Die ANC se nasionale appèlkomitee (NATK) het Dinsdagaand laat aangekondig dat die beleërde ANC-jeugligaleier, Julius Malema, uit die regerende party geskors is.
Uitsaaier beboet oor kaal man
MultiChoice is met R10 000 beboet weens ’n onaanvaarbare ouderdomsperk vir ’n DStv-program waarin ’n kaal man gewys is, het die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) gesê.