‘n Gevangene van Modderbee-tronk het Dinsdagoggend korrektiewe dienste se toesig ontsnap tydens sy besoek aan ‘n tandarts in Vyfde Straat, Springs.
Lees meerAlles vir Dinsdag 19 Junie 2012
Vrou met dagga aangekeer
‘n 24-jarige vrou is in Beaufort-Wes aangekeer met dagga ter waarde van sowat R260 000.
Departement sal Beyonce glo nie betaal nie
Die departement van sport en ontspanning het Dinsdag ontken dat hy R17 miljoen vir Beyonce Knowles betaal het om later dié jaar by die sporttoekennings op te tree.
Nog ʼn seuntjie vir Bobby van Jaarsveld
Etlike ure na Bobby van Jaarsveld vandag ʼn groot groep mense toegespreek het oor hoe die moord op baba Wiehan Botes hom geruk het, het hy en sy vrou Annatjie die goeie nuus gehoor dat sy nog ʼn seuntjie verwag.
Comrades-wenner dalk sy titel kwyt
Ludwick Mamabolo (35), vanjaar se Comrades-wenner, mag moontlik sy titel kwyt wees indien hy deur ʼn onafhanklike tribunaal skuldig bevind word dat hy verbode stimulante gebruik het.
Liewer bang Jan as dooie Jan
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “liewer bang Jan as dooie Jan”.
Foto’s: Duisende stap teen geweld in Pretoria
“Die regering is óf doof, óf hulle vee hulle g*tte aan ons af. Ek dink dit is albei. Of ek dink hulle weet nie waar hulle is nie, hulle is oorweldig. Ons vra dus net ʼn bietjie mag terug om onsself te mag help.” – Steve Hofmeyr
Harties Haven: Oorsaak van brand onbekend
Die oorsaak van die brand verlede week Dinsdag by Harties Haven in Hartbeespoort, Noordwes, uitgebreek het, kon nog nie vasgestel word nie.
Christelike vakansiedae
Isak Burger lewer ‘n insiggewende bydrae oor die voorstel dat Christelike vakansiedae geskrap behoort te word.
Selfmoordbrief: Polisiebeampte was glo onskuldig
Kaptein Brian Plaatjies (43), die polisiebeampte wat homself geskiet het nadat hy glo vermeende misdadigers vrygelaat het, het ʼn brief agtergelaat waarin hy sy onskuld verklaar.
Studentedokters in staatshospitale aangeval
Twee studentedokters is na bewering die afgelope naweek in twee afsonderlike gevalle in staatshospitale aangeval.
SA-krieketspeler deur moltrein doodgery
‘n Krieketspeler van Suid-Afrika is Maandagoggend deur ʼn moltrein in Londen doodgery.
Nuuskommentaar: Suid-Afrika se posisie op piesangrepubliek-indeks verswak
Foreign Policy het pas sy indeks vir mislukte state bekend gemaak. Suid-Afrika (in die 115de plek) is nou in die derde kategorie, wat as grensgeval vir mislukking beskryf word, maar is op sy beurt ‘n grensgeval vir die kategorie, in gevaar verkeer.
Man se gesin sterf in botsing
Christo Fourie (50) se gesin is twee dae voor Vadersdag in ʼn botsing in Pretoria dood.
Slang in wasmasjien
ʼn Vrou van Empangeni in KwaZulu-Natal moes noodgedwonge ʼn plan maak toe sy ʼn swart mamba in haar wasmasjien gekry het.
33 bekendes vat hande teen geweld
Drie-en-dertig bekendes neem vandag deel aan ’n staptog na die Uniegebou om regeringsingryping teen geweldsmisdaad in Suid-Afrika te eis.
Pippie se veloorplanting ‘n sukses
Die 3-jarige Isabella (Pippie) Kruger se veloorplanting was 90% suksesvol.