Enigiemand wat ooit ‘n gunsteling speelding gehad het, of kinders het wat ‘n gunsteling speelding verloor het, sal dié video waardeer.
Lees meerAlles vir Dinsdag 11 September 2012
Video: ‘n Splinternuwe (ongewone) popsensasie
Hy het verlede week by die MTV Video Musiektoekennings opgetree en Britney Spears is een van sy aanhangers. Sy video op YouTube is al meer as 144 miljoen keer gekyk.
Foto’s: Jong kangeroe sterk aan in dieretuin
‘n Weerlose, jong kangeroe word by die nasionale dieretuin in Pretoria versorg nadat sy deur haar ma verwerp is.
Skoolhoof pleit onskuldig
Carol Drysdale, hoof van Laerskool Rivonia, het Dinsdag onskuldig gepleit op klagtes van wangedrag en insubordinasie.
Nóg ‘n Lonmin-slagoffer by Marikana
Nóg ‘n liggaam is Dinsdag by Lonmin se myn in Marikana in die Noordwes opgespoor.
Foto’s: Goederevragmotor rol op N12 buite Potchefstroom
‘n Goederevragmotor het Dinsdagmiddag op die N12 in die rigting van Klerksdorp, sowat 15km buite Potchefstroom gerol.
“Kla munisipale bestuurders krimineel vir wanbestuur van finansies aan” – AfriForum
AfriForum het aan sy landswye netwerk van takke pro forma beëdigde verklarings en riglyne gestuur wat gemeenskappe kan gebruik om kriminele klagtes teen ʼn munisipale bestuurder te lê indien hy/sy finansiële bestuurswetgewing oortree.
Gewapende roof by Edenvale-poskantoor
Die Edenvale-polisie is op ʼn toneel waar ʼn gewapende roof omstreeks 14:30 by ‘n poskantoor in Edenvale, Johannesburg, plaasgevind het.
Solidariteit bevraagteken Woolworths se rassommetjies
“Volgens Woolworths se huidige rassesamestelling is daar ’n oorverteenwoordiging van bruin mense en Indiërs op alle bestuursvlakke, en te min wittes. Hul argument dat hulle verteenwoordiging wil ‘regstel’, is dus nie geldig nie,” sê Solidariteit
Skaliegas: Agri SA ook ontevrede
Agri SA is ook ontvrede met die kabinetsbesluit om die moratorium op hidroliese breking, bekend as ‘fracking,’ op te hef om vir skaliegas in die Karoo te prospekteer.
Nuuskommentaar: Die waarheid so waar soos Woolies bewimpel
Leserskommentare, onder meer nou by berigte oor Woolies en skaliegasontginning, toon nie net hoe onkundig mense is nie, maar ook dat hulle nie skaam is om hul onkunde aan die groot klok te hang nie.
‘n Knertsie maak
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking: “‘n Knertsie maak”.
Minister se uitlatings oor Woolworths-rasbeleid gee pas aan
Mildred Oliphant, die minister van arbeid, het Woolworths se benadering tot regstellende aksie geloof. “Nuwe voorgestelde wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming kan haar baie mag gee,” sê Solidariteit.
Gumtree-moordsaak uitgestel
Vier mans wat van die moord op Olwyn Cowley, van Bellville in Kaapstad, aangekla word, se borgtogaansoek is Maandag in die Mitchells Plain-landdroshof uitgestel.
Slegs een SA-universiteit onder top 200
Slegs die Universiteit van Kaapstad kon QS se lys van top 200 universiteite in die wêreld haal. Ikeys het die 154de plek ingeneem.
Video: Tokkelossie op kamera vasgevang
ʼn Man het die naweek vertel van sy vreesaanjaende ontmoeting met ʼn “tokkelossie”.
Steve Hofmeyr oor die kole gehaal
Steve Hofmeyr is vanaand in die warm stoel wanneer hy voor ʼn gehoor “gebraai” gaan word. Maar dit is darem alles in ʼn ligte luim en vorm deel van die TV-program Comedy Central Roast.
Nuuskommentaar: 11 jaar ná 911 – Oorlog teen terreur
Vandag is die elfde herdenking van Al Kaïda se aanvalle op die Wêreldhandelsentrum in New York. Destyds het die naam Osama Bin Laden oornag wêreldwyd ‘n huishoudelike naam geword.
Lasarus-pil ruk glo man uit koma, help sieke soos Joost
Dit gons behoorlik oor die sogenaamde Lasarus-pil nadat daar berig is dat ʼn man na sewe jaar uit ʼn koma ontwaak het en dat die pil ook die gesondheidstoestand van ʼn man met motorneuronsiekte (MNS), dieselfde dodelike siekte waaraan Joost van der Westhuizen ly, wonderbaarlik verbeter het.
Bekende inwoner van Hartebeeshoek vermoor
Beresford Jobling (56), ʼn bekende inwoner van Hartebeeshoek buite Pretoria, se liggaam is Sondag in ʼn rivier gevind nadat hy vermoedelik Vrydagaand vermoor is.