Twee polisiebeamptes is Dinsdag dood en sewe kinders is beseer na ʼn botsing buite Oos-Londen in die Oos-Kaap.
Lees meerAlles vir Dinsdag 25 September 2012
Polisieman in hof oor ‘verkragting’
ʼn Polisiekonstabel het Dinsdag in die Kimberley-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn 16-jarige meisie verkrag het.
Begrafnisreëlings vir Corrie Sanders bekend
Begrafnisreëlings vir die voormalige swaargewigbokskampioen, Corrie Sanders, is Dinsdag bekendgemaak.
Malema sakevennote op borg vrygelaat
Vier sakevennote van die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, is Dinsdag in die Polokwane-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Tintin kry teenspoed oor kolonialisme
Die gewilde strokiesheld, Kuifie, of ook bekend as Tintin, het in Swede teenspoed gekry weens “onaanvaarbare kolonialisme in die huidige era.”
Woolworths kry toekenning
Woolworths het Dinsdag gesê hy is geëerd om vir die derde agtereenvolgende jaar as die “Verantwoordelike handelaar” tydens die World Retail Congress benoem te word.
Brand verwoes 15 huise
Nagenoeg 15 huise is verwoes nadat ʼn brand Maandagaand in die Oos-Kaap uitgebreek het.
Giftige sampioene eis 5
Vyf gesinslede van Durban is dood nadat hulle glo giftige sampioene geëet het. ʼn 17 maandeoue babatjie was een van die slagoffers.
Voormalige Atlantis Forge-werkers kry R10 miljoen
Die vakbond Solidariteit gaan Woensdag nagenoeg R10 miljoen se preferente eise aan die 380 voormalige werknemers van die gelikwideerde Atlantis Forge oorhandig.
Soektog duur voort vir Sanders se moordenaars
Die polisie het Dinsdag bevestig dat hulle steeds opsoek is na die ʼn groep verdagtes wat die voormalige swaargewigbokskampioen, Corrie Sanders, die naweek by ʼn restaurant doodgeskiet het.
Malema glo op pad om hom oor te gee
ʼn Groep joernaliste kameramanne en fotograwe drom by die Garsfontein-polisiestasies in Pretoria byeen, waar daar verwag word dat Julius Malema homself aan die polisie gaan oorgee.
14 skoolkinders beseer na voertuig op diesel gly
Veertien skoolkinders is beseer nadat twee voertuie vanoggend reg van voor teen mekaar in Gauteng gebots het.
Bloedbank binnekort droog
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ʼn waarskuwing uitgereik dat bloedvoorraad tans baie laag is.
Tutu in Nederland vereer
Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu het ‘n eredoktorsgraad in teologie aan die Rijksuniversiteit Groningen ontvang.
E-tol samesprekings begin vandag
Die finale ronde vir samesprekings oor die omstrede e-tolstelsel gaan na verwagting vandag begin.
Man vas vir moord op Pta-student
ʼn 24-jarige man is in hegtenis geneem vir die moord op ʼn student uit Engeland wat in Pretoria studeer het.
Twee dooie renosters gekry
Kort na Wêreld-renosterdag Saterdag gevier is, is twee dooie renosters in die noordelike dele van KwaZulu-Natal aangetref.
Nuuskommentaar: Media, Malema en die soeke na aandag
Die vraag word gereeld gevra of die fenomeen Julius Malema die skepping van die media was, en of die media net goed deur die persoon Malema ingespan is.
Atleet geskiet tydens plaasaanval
Karen Wilkinson (nou Harmse), voormalige Suid-Afrikaanse hekkieskampioen, is Vrydagaand tydens ʼn plaasaanval naby Rustenburg in Noordwes geskiet en aangerand.
Seun verdrink tydens visvanguitstappie
ʼn Sesjarige seun het verdrink nadat branders hom en sy pa van rotse naby Vredenburg aan die Weskus afgeslaan het.