Die Vryheidsfront Plus het Vrydag die besluit om ʼn skool in Meyerton, wat na Hendrik Verwoerd vernoem is, se naam te verander, sterk gekritiseer.
Lees meerAlles vir Vrydag 1 Februarie 2013
Luyt het hartprobleme gehad
Dr. Louis Luyt, sakeman en voormalige president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, het hartprobleme gehad voor hy Vrydag oorlede is.
Plaasmoorde: 2013 dalk swartste jaar sedert 2005, sê TLU SA
Die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) sê na afloop van die eerste maand van die jaar wil dit voorkom of 2013 afstuur op die swartste jaar wat betref plaasaanvalle en plaasmoorde sedert 2005.
Skrywer se ouers op plaas aangeval
Die bekende skrywer, Riana Scheepers, se ouers is Donderdagaand op hul plaas buite Vryheid in KwaZulu-Natal aangeval.
Tweejarige verdrink byna
ʼn Tweejarige seuntjie veg om sy lewe nadat hy Vrydagmiddag byna in ʼn swembad by ʼn huis in Johannesburg verdrink het.
Petrolprys bereik nuwe rekordhoogte
Beide 93 oktaan- en 95 oktaan-petrol se pryse sal Woensdag nuwe rekordhoogtes bereik wanneer die pas-aangekondigde styging van 41c per liter in werking tree.
PTA-pendelaars beskadig 20 busse
Pendelaars het Vrydagoggend 20 Putco-busse in Pretoria beskadig.
Louis Luyt sterf
Dr. Louis Luyt, voormalige Suid-Afrikaanse rugybaas en politikus, is Vrydag in die ouderdom van 80 dood
Man vind verkeerde lyk in kis
Michael Galant, ʼn inwoner van Kaapstad, is erg getraumatiseer nadat hy vandeesweek sy vrou se kis by haar begrafnis oopgemaak het, en ʼn vreemdeling daarbinne gekry het.
Riaan weer op die kassie
Riaan Cruywagen is van Maandag af weer op die kassie nadat hy November 2012 as nuusleser van SABC2 afgetree het.
Nuuskommentaar: Om trots op jou land te (kan) wees
Maak die regering dit nou so onmoontlik vir doodgewone Suid-Afrikaners om trots op hul land te wees? Van trots op die regering wil ’n mens nie eens praat nie…
Malema gaan terugveg
Julius Malema, die geskorste ANC-jeugligaleier, gaan ʼn aansoek teenstaan van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) om hom te sekwestreer.
Talle dood in ontploffing
Ten minste 25 mense is dood in ‘n ontploffing wat in die parkeergarage van die hoofkantoor van die Meksikaanse energiebedryf, Pemex voorgekom het.
Twee sterf ná voertuig lamppaal tref
Twee mans is Vrydag dood nadat die voertuig waarin hulle gery het, teen ʼn lamppaal op die N3-deurpad naby Durban gebots het.
Tiener kritiek ná koshuisspeletjie skeefloop
Andrew Searle, ʼn 14-jarige skoolseun van die Wes-Kaap, is in die hoësorgeenheid in die hospitaal nadat hy met ʼn kussing met ʼn skoen in die sloop geslaan is.
Seun vas vir 220km/h met pa se kar
ʼn 20-jarige man is Vrydagoggend in hegtenis geneem nadat hy 220km per uur op die N1-deurpad in Johannesburg gejaag het.
Een sterf, een kritiek in Welkom-botsing
Een man is dood en ʼn ander ernstig beseer nadat ʼn vragmotor en ‘n bakkie Donderdag op die Odendaalsruspad naby Welkom gebots het.
Dokter in hof oor seksuele aanranding
ʼn Dokter wat daarvan beskuldig word dat hy vier seuns seksueel aangerand het, het Donderdag in die Humansdorp-landdroshof verskyn.
Baba se lykie by Noordwes-huis opgegrawe
ʼn Man en vrou van Noordwes kan moontlik van moord aangekla word nadat die liggaam van hulle twee weke oue baba by hulle huis in Delareyville opgegrawe is.