Ricardo Cerezo van Amerika wat ‘n paar ou loterykaartjies uit ‘n koekieblik gehaal het, was geskok toe hy uitvind een van hulle is $4.85 miljoen werd.
Lees meerAlles vir Sondag 19 Mei 2013
FNB-stadion se ‘diewe’ dalk binnekort vasgetrek
Bestuur van die FNB-stadion in Soweto in Johannesburg het oor die naweek gesê verskeie sleutelbewyse wat hierdie week ondersoek is, mag dalk binnekort tot inhegtenisnemings lei ná ‘n rooftog na die Justin Bieber-konsert by die stadion verlede naweek, berig EWN.
DA soek onafhanklike ondersoek oor Gupta-landing
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Sondag gesê dit is geen verrassing dat pres. Jacob Zuma en sy kabinet vrygespreek is van die landing van die Gupta-vliegtuig by Waterkloof-lugmagbasis nie.
Zuma glo nie betrokke by Gupta-landing
President Jacob Zuma en sy kabinet was glo glad nie betrokke in die landing van die Gupta-vliegtuig by Waterkloof-lugmagbasis nie.
Een wenner vir $590 miljoen-boerpot
Een gelukkige wenner beskik oor die wenkaartjie vir die grootste Powerball-boerpot ooit in Amerika.
Video: Skote gevuur by Cannes-filmfees
‘n Man is Vrydag by die Cannes-filmfees in hegtenis geneem nadat hy ‘n vuurwapen, wat slegs met loskruitpatrone gelaai is, tydens ‘n regstreekse televisieonderhoud afgevuur het.
Rowers ontsnap danksy padwedloop
‘n Bende van ses rowers het Sondagoggend ontsnap toe hulle met ‘n gekaapte motor deur ‘n padwedloop in Bryanston, Johannesburg gejaag het.
60 beseer toe kar groep mense by optog tref
Ten minste 60 mense is Saterdag beseer toe ‘n motor by ‘n optog in Virginia, Amerika, tussen ‘n groep mense in geploeg het.
Video: Bus tref ‘grypdief’
‘n Vermeende dief het ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n bus hom getref het net nadat hy ‘n vrou se selfoon gegryp het.
ANC-jeugliga se bates na die balju
Die Kaapstadse hooggeregshof het die balju vandeesweek opdrag gegee om beslag te lê op eiendom wat aan die ANC-jeugliga en sy voormalige president, Julius Malema, behoort, om sodoende onbetaalde regskoste te dek.
SABC se Vuyo Mbuli sterf
Vuyo Mbuli, bekroonde televisie- en radioaanbieder van die SAUK, is Saterdagaand by die Vrystaatse stadion oorlede terwyl hy die rugbywedstryd tussen die Cheetahs en Reds gekyk het.