Die bloedbad in die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia is verby. Die Keniaanse president, Uhuru Kenyatta het bevestig dat 11 aanvallers aangekeer is terwyl nog vyf in die slagting dood is. Die aanvallers was verantwoordelik vir die dood van minstens 61 burgerlikes en ses soldate.
Lees meerAlles vir Dinsdag 24 September 2013
Pakistan-skudding eis 39
Minstens 39 mense is dood en tussen 15 en 20 mense is beseer in ’n kragtige aardbewing wat die provinsie van Baluchistan in die weste van Pakistan vanoggend geskud het.
Al-Shabaab dreig met nóg aanvalle
Die militante groep, Al Shabaab, wat erken het dat hulle vir die Westgate-bloedbad in Kenia verantwoordelik is, het met nóg aanvalle gedreig indien Kenia nie dadelik hul troepe in Somalië onttrek nie.
Amcu wil Amplats-afleggings met staking keer
Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) gaan Vrydagoggend begin staak in ʼn poging om grootskaalse afleggings by Anglo American Platinum (Amplats) te stuit.
AfriForum Jeug steek ras weg by Parlement
AfriForum Jeug het vandag ʼn memorandum teen rasseklassifikasie by die Suid-Afrikaanse Parlement ingedien en protes teen sodanige klassifikasie aangeteken deur koussakke oor hulle koppe te trek.
Aardbewing skud Pakistan
’n Kragtige aardbewing wat 7,8 op die Richterskaal geregistreer het, het ’n afgeleë, bergagtige deel in die provinsie van Baluchistan in die weste van Pakistan vanoggend geskud.
Sianiedvergiftiging eis 81ste olifant in Zim
Nog tientalle olifantkarkasse is in die Hwange-natuurreservaat gevind waar stropers soutpanne en ander waterbronne met sianied besmet het om sodoende olifante wat vrek se ivoor te buit.
Loononderhandelinge met poskantoor bereik dooiepunt
Die Kommunikasiewerkersvakbond (CWU) het Maandag ’n loongeskil met die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) verklaar.
Priester wat met wesies lol begin vonnis uitdien
’n Rooms-Katolieke priester wat in Argentinië skuldig bevind is dat hy verskeie seuns gemolesteer het, het begin om ’n vonnis van 15 jaar uit te dien.
BBP-bestuurders moet doen wat BBP sê, hoor hof
Joseph Motsamai Semitjie, die lid van die BBP-eenheid van die polisie wat die BMW X5 bestuur het wat Thomas Ferreira in November 2011 op sy motorfiets getref het toe dit oor ‘n rooi verkeerslig gery het, het nie ’n gevorderde bestuurskursus voltooi nie.
Nuuskommentaar: Murphy’s law vir Richard Mdluli
Vir die beskermling van pres. Jacob Zuma, die geskorste misdaadintelligensiehoof, Richard Mdluli, was dit gister ‘n letterlike geval van “Murphy’s law” toe regter John Murphy beslis het dat die terugtrekking van kriminele klagte teen die goue seun onregmatig was, en dat met die vervolging voortgegaan moet word.
Kenia-bloedbad: Meer oor die Britse ‘wit weduwee’
‘n Britse vrou, wat bekend staan as die “wit weduwee, was deel van die groep terroriste wat die aanval op die Westgate-sentrum in Nairobi geloods het.
Bendeverkragter lewenslank tronk toe
Thandanani Tharib Msomi (26), ’n bendeverkragter en rower, is gister lewenslank tronk toe gestuur in die hooggeregshof in Pietersburg. Msomi het ’n vonnis van lewenslange…
Video: Rolstoelrugby nét so rof
Die Suid-Afrikaanse rolstoelrugbyspan wil – nes die Springbokke – een van die top spanne ter wêreld word.
Kenia-bloedbad: Amerikaners en Britse vrou onder aanvallers
Kenia se minister van buitelandse sake, Amina Mohamed, het bevestig dat twee of drie Amerikaanse mans en ’n Britse vrou onder die winkelsentrum-aanvallers in Nairobi was.
Mites rondom die Duitse Autobahn-padstelsel
Daar word dikwels beweer dat Nazi-diktator Adolf Hitler vir die bou van die Duitse Autobahn-padstelsel verantwoordelik was.
Gedagte vir die dag: Gevaarlike begeertes
Eksodus 20:17– Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n…