Die Springbokke is terug in Suid-Afrika ná drie wegwedstryde, maar in die pylvak van die Rugbykampioenskap is dit allermins die tyd vir oorgerus raak oor hierdie tuisveldvoordeel want ’n reusetaak wag op hulle in die volgende twee weke.
Lees meerAlles vir Woensdag 25 September 2013
Bokke wil die Aussies stukkend skrum
Die Springbokke meen dat hulle die Aussies voorlangs gaan sag maak om sodoende ‘n platvorm te skep om punte aan te teken.
Foto’s: Enkele hoogtepunte uit die Frankfurt-motorskou
Daar is geen twyfel nie dat vanjaar se 65e IAA (Internationale Automobilausstellung) motorskou in Frankfurt veral onthou sal word vir die bekendstelling van die sensasionele Porsche 918 Spyder.
Puik gehalte – teen ‘n prys
By die eerste aanblik lyk Porsche se vierdeur Panamera soos ‘n worshond op ‘n skaatsplank – die ene lang lyf en vier pootjies wat steun bied. Maar foto’s en ‘n sy-aansig kan bedrieglik wees. Staan gerus nader en beskou hierdie gespierde luuksheid wat as vervoermiddel vir die superrykes sonder weerga is.
Zuma bevorder e-tol terwyl Outa voortveg
Terwyl die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) die stryd teen Sanral se beplande e-tolstelsel in Gauteng voortgesit het, het president Jacob Zuma wetgewing, wat die weg vir die implementering van dié omstrede tolstelsel baan, onderteken.
Nuwe gesigte en kragbronne vir Mitsubishi Triton-reeks
Mitsubishi se Triton-dubbelkajuit- en Club Cab-modelreekse is pas verfris met enjinopgraderings, nuwe stilering binne en buite, en verbeterde spesifikasies.
Lughawe-personeel dupliseer vlugroetine vir outistiese seun
’n Groep spesiale personeellede van die Heathrow-lughawe doen die afgelope vyf jaar die bykans ontmoontlike vir ’n Britse outistiese seun wat vier keer per jaar die lang reis na Amerika moet aanpak.
Australiër in duikongeluk dood
Familielede van ʼn Australiese vrou, wat vandag in ʼn dekompressie-ongeluk in Durban oorlede is, ontvang traumaberading by die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).
“Waterdig”-slenter vang iPhone-gebruikers
ʼn Slenter wat die ronde doen dat iPhones waterdig kan word indien gebruikers hul fone se programmatuur opgradeer na iOS7, het veroorsaak dat talle iPhone-gebruikers hul selfone gebreek het.
Video: ‘Braaiers’ ding mee vir plek in SA-span
Duisende Suid-Afrikaners het Woensdag op “Braaidag” ontspan om die braaivleisvuur, maar vir ‘n handvol mans by die Good Food and Wine-skou in Johannesburg was veel méér op die spel.
Foto: Darren Scott ʼn seuntjie ryker
Die radio-omroeper, Darren Scott, en sy vrou, Sarah-Kate, het Woensdag ’n seuntjie ryker geword.
Chinees wat peuter doodgooi kry doodstraf
Han Lei, ‘n 39-jarige Chinees wat verantwoordelik is vir die dood van ‘n 2-jarige meisie, is die doodstraf opgelê.
“Trekkers” goed op dreef
Die groep hedendaagse Voortrekkers wat 175 jaar ná die geskiedkundige Groot Trek met viertrekvoertuie in Piet Retief se spore volg, is goed op dreef en nou anderkant die Drakensberg.
Video: Kaapstad kry nuwe rugbymuseum
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) glo Springbokrugby is deel van die land se erfenis en alle rasse het deel aan die sport se sukses én geskiedenis.
Vermiste SA-vrou in Kenia gevind
ʼn Suid-Afrikaanse vrou wat in Kenia vermis was, is ongedeerd gevind.
Sasolburg Hoër-onnie sterk aan ná skietery
Die onderwyser van Hoërskool Sasolburg wat Vrydag deur ʼn leerling van die skool geskiet en gewond is, sterk goed in die Emfuleni MediClinic aan na ʼn operasie.
Bejaarde vrou in Grahamstad aangeval
ʼn 70-jarige vrou is Dinsdag helder oordag by haar huis in Grahamstad in die Oos-Kaap aangeval en beroof.
Steve Hofmeyr kom regering by in nuwe liedjie
Steve Hofmeyr gaan glo ‘n paar staatsamptenare warm onder die kraag hê oor ʼn nuwe liedjie wat hy tans opneem.
Slagoffers ry 1000km op kwadfietse vir bewusmaking oor plaasmoorde
Vyf slagoffers wat plaasaanvalle oorleef het, gaan met die samewerking van AfriForum van 26 tot 29 September 2013 ’n roete van 1000 kilometer met kwadfietse vanaf Johannesburg na Durban ry ter bewusmaking van plaasmoorde.
“As ek reg onthou” – Deon Opperman wys sy staal by Aardklop
Twee van Suid-Afrika se beste akteurs, een verhoog, een uitstekende draaiboek maak van “As ek reg onthou” een van die móét sien-stukke by vanjaar se Clover Aardklop-kunstefees.