Kirsty Theologo was daarvan bewus dat haar vriende hulle siele wou verkoop en haar siel ook wou verkoop, het die hooggeregshofsitting van Johannesburg in Palm Ridge Donderdag aangehoor.
Lees meerAlles vir Donderdag 17 Oktober 2013
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Die hofsaak van ʼn 17-jarige seun wat van die moord op ʼn boer en sy familie van Griekwastad verdink word, sal uitgestel word, het die Nasionale Vervolgingsgesag Donderdag gesê.
Waarskuwing en opgeskorte vonnis vir ou man wat verkrag
ʼn 64-jarige man van Mpumalanga wat seks gehad het met ʼn 14-jarige meisie, is Donderdag met ʼn waarskuwing en ʼn opgeskorte vonnis vrygelaat.
Mans skuldig bevind wat pa voor vrou, kinders skiet
Die Pretoriase hooggeregshof het Donderdag bewerings verwerp dat “rassistiese wit polisiebeamptes” twee swart mans glo vals wou beskuldig vir die moord op Dawie Maree, ʼn sakeman van Pretoria.
Vonnis vir pa wat baba vermoor
John Hendricks, die pa wat sy kleuter drie keer op die grond gegooi het omdat hy sy doek vuilgemaak het, is Donderdag vir dié moord gevonnis.
Werker in sop oor EFF-baret
ʼn Werker by die Lanseria-lughawe in Gauteng het Donderdag ʼn finale skriftelike waarskuwing gekry omdat sy ʼn baret van die Economic Freedom Fighters (EFF) by die werk gedra het.
Generaals eet lekker in die “army”
Lede van die weermag se topstruktuur smul glo heerlik aan driegangmaaltye terwyl lae-rang soldate se daaglikse porsies verminder is weens ʼn tekort aan fondse, het Beeld Donderdag berig.
Trok tref ses motors in PTA
ʼn Vragmotor van 50 ton het Donderdag ses voertuie in Moreletapark, Pretoria, getref nadat die bestuurder glo teen ʼn afdraande beheer oor die voertuig verloor het.
Kaapstad-taxibaas skuld glo R150 000 in boetes
ʼn Taxibaas van Kaapstad het glo meer as 238 uitstaande lasbriewe vir sy inhegtenisneming en skuld meer as R150 000 weens onbetaalde boetes, het The Star Donderdag berig.
SA spog met beste hotelle; een van die top stede in die wêreld
Condé Nast Traveler het pas die wenners van sy jaarlikse Leserskeuse-toekennings bekend gemaak.
Kindermoord: Ma in hegtenis geneem
Die ma van twee kleuters, wat Woensdag dood aangetref is in ʼn veld in Gauteng, is Donderdag in hegtenis geneem.
Bloem-dokter aangekla van seksuele misdrywe
ʼn Tweede vrou het ʼn klag van seksuele aanranding teen ʼn 32-jarige dokter van Bloemfontein aanhangig gemaak, het die Vrystaatse polisie Donderdag gesê.
Nuwe bondeltjie vreugde vir supermodel Lee-Ann
Die supermodel Lee-Ann Liebenberg het Donderdag op Twitter aangekondig dat sy swanger is.
SuperSport-baas bedank
Happy Ntshingila, die uitvoerende hoof van die televisiekanaal SuperSport, het bedank nadat hy vir maande lank siek was.
Bejaarde in PTA vermoor
ʼn 39-jarige vrou is in hegtenis geneem in verband met die moord op Catarina Carolina Cornelia Nel (83) wat Maandag dood aangetref is in haar woonstel in Rietfontein, Pretoria.
Bekende Boeremusiek-legende sterf
ʼn Bekende Suid-Afrikaanse konsertinaspeler is Donderdag in die vroeë oggendure in die ouderdom van 85 oorlede.
Min-moeite-rysdis
Dié “Min-moeite-rysdis” is ‘n baie maklike resep vir ‘n smullekker aandete.
Taaltoffie: Gebruik jy “terminaal” en “terminus” reg in Afrikaans?
Talle gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die gebruik van “terminaal” en “terminus”. Taaltoffie bied jou die volledige verklaring van dié twee woorde en verduidelik wat jy moet gebruik wanneer jy van ‘n lughawe wil praat.
Hof lewer Vrydag uitspraak in Solidariteit se regstelaksiesaak teen DKD
Uitspraak kan gesig van regstellende aksie in staatsdiens verander
Rampe eis minder lewens
Al was daar in 2012 altesaam 552 geregistreerde natuurrampe wêreldwyd was dit minder as enige ander jaar die vorige tien jare, en was die aantal ongevalle 90% as die voorafgaande dekade se gemiddeld.