Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Woensdag gehoor daar was selfoonopvangs op die plaas Naauwhoek die dag toe die Steenkamp-gesin vermoor is.
Lees meerAlles vir Woensdag 6 November 2013
Video: Chinese belê R80 miljard in Modderfontein
Modderfontein in Gauteng kry binnekort ‘n kommersiële inspuiting. ‘n Chinese konglomeraat het 1 600 hektaar grond gekoop en beplan om R80-miljard te belê om dié gebied te omskep in ‘n stad van wêreldgehalte.
Vrou (86) sterf een dag ná marathon: soos sy wou
Joy Johnson, die oudste vrou wat Sondag aan die New York City-marathon deelgeneem het, is die volgende dag, met haar hardloopskoene nog aan haar voete, in haar slaap oorlede.
Chad le Clos onkeerbaar
Chad le Clos het Woensdag sy vyfde goue medalje tydens die Fina Wêreldkampioenskap in Singapoer ingepalm.
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Die skade aan ʼn T-hemp wat op die toneel van die Griekwastad-plaasmoorde opgespoor is, kon moontlik tydens ʼn rugbywedstryd plaasgevind het, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Woensdag gehoor.
Boeremag-lid kry nie borgtog nie
Daar is geen redelike vooruitsig dat ʼn ander hof die skuldigbevinding van die 20 Boeremag-lede sal verander nie, het die Pretoriase hooggeregshof Woensdag bevind.
SAPD verwerp aantygings oor “foutiewe misdaadstatistiek”
Die ministerie van polisie het Woensdag kritiek deur die Instituut van Sekerheidstudies (ISS) oor die jongste misdaadstatistiek verwerp.
DA gaan e-tol betwis
Die DA het Woensdag gesê hy gaan die grondwetlikheid van die wetgewing oor die e-tolstelsel in Gauteng betwis.
Regter se moordverdagte-vrou val flou in hof
Uitspraak in die verhoor teen Thandi Maqubela is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof uitgestel toe sy twee keer in die hof glo flou geval het.
Foto’s: ANC ontstoke oor skool se anti-ANC T-hemde
Westville-hoërskool in Durban het om verskoning gevra vir T-hempkunswerke wat die ANC aanstoot gegee het, het The Witness Woensdag berig.
Wenkbrou
Hulle is in ʼn vreemde ruimte. Dis nog nie mooi lig nie. Die môre ruik na kraalmis en varkhok, die lug vibreer met plaasgeluide…
Montecasino-lyk: Nog vier persone vas
Nog vier mense is in hegtenis geneem wat moontlik ʼn rol gespeel het in die moord op Dustan Blom, het die Randburgse landdroshof in Johannesburg Woensdag aangehoor.
SAPD se misdaadstatistiek glo foutief
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die verkeerde bevolkingsgetalle gebruik om misdaadverhouding vir die 2012/13-misdaadstatistiek te bereken, het die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) Woensdag gesê.
Griekwastad-moorde: Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Aansienlike geweld is gebruik om ‘n T-hemp te skeur wat op die toneel van die Griekwastad-plaasmoorde gevind is, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Woensdag aangehoor.
Plaasaanval: Vroulike boer van Uitenhage met haelgeweer aangehou
ʼn Boer (28) van Uitenhage in die Oos-Kaap is Dinsdagaand op haar plaas aangeval, met ʼn haelgeweer aangehou en beroof.
“Sekspes”-onnie kry borg
ʼn Onderwyser van Hyde Park-hoërskool in Johannesburg wat geskors is nadat hy glo kaal foto’s van homself aan ʼn 16-jarige leerling gestuur het, het Woensdag vlugtig in die Alexandra-landdroshof verskyn.
Renate Barnard-regstelsaak aangehoor, uitspraak voorbehou
Kapt. Renate Barnard sou tot luitenant-kolonel (superintendent volgens die vorige range) bevorder geword het op die basis van haar prestasiegeskiedenis en die aanbevelings van die onderhoudpaneel, was dit nie vir haar velkleur nie.
Video’s: Potch-ouma se kleinkind word wêreldwyd bewonder
Die negejarige Amira Willighagen van Nederland se engelstem het onlangs die wêreld laat regop sit nadat sy aan die talentkompetisie Holland’s Got Talent deelgeneem het. Gevolglik is haar vertoning op YouTube gelaai en sy het vinnig ʼn internasionale ster geword.
Huishulp dagvaar werkgewer vir duisende
ʼn Huishulp wat haar werkgewer van rasse-mishandeling en aanranding beskuldig, het die gelykheidshof genader en eis R100 000 in skadevergoeding en ʼn verskoning, het The Star Woensdag berig.
Polisie wil lisensie met Dave Sheer Guns kanselleer
Die polisie dreig om hul handeldryflisensie met die vuurwapenmaatskappy, Dave Sheer Guns, te staak.