Alan Knott-Craig, hoof van Cell C, het ʼn ligte beroerte gehad, het die maatskappy Maandag gesê.
Lees meerAlles vir Maandag 18 November 2013
Video: Polisieman slaan ruit stukkend, brand los op kar met vyf kinders in
ʼn Polisiebeampte het ná ʼn roetine-ondersoek in Nieu-Meksiko, Amerika, ʼn stasiewa, met ʼn ma en haar vyf kinders in, se ruit stukkend geslaan en ʼn tweede beampte het skote op die voertuig gevuur.
Leeus byt leeuwyfie in dieretuin dood
ʼn Leeuwyfie by Dallas-dieretuin in Amerika is dood nadat ʼn leeumannetjie haar Sondag voor toeriste aangeval het.
Griekwastad-verdagte getuig
Die 17-jarige seun wat van die Griekwastad-plaasmoorde verdink word, het Maandag in die getuiebank deurgebring.
Krejcir-werknemer in die hof
ʼn Bestuurder van Money Point, omstrede sakeman Radovan Krejcir se maatskappy, en ʼn bankamptenaar het Maandag in die Johannesburgse gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn.
Lolly Jackson-moord: Louca was glo ‘n ooggetuie
George Louca, die man wat van die moord op ontkleedansklubeienaar Lolly Jackson verdink word, het gesê hy was ʼn getuie tot die moord, maar is nie skuldig nie
Foto van haaie in Somerset-Wes-winkelsentrum?
Dié foto van haaie in ʼn winkelsentrum wat ʼn paar weke gelede deur die gebruiker Jamie King op die internet gelaai is, doen weer die ronde. ʼn Paar lesers wou weet of dit ʼn foto is van die winkelsentrum in Somerset-Wes nadat dié gebied oor die naweek erg deur vloede geraak is.
Video: Hondegevegte neem toe
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is bekommerd oor die toenemende aantal hondegevegte wat landwyd plaasvind.
Musikant hoor dalk môre oor borg
Die borgtogverhoor van die kwaito-musikant, Brickz, is Maandag in die Roodepoortse landdroshof uitgestel. Landdros Piet Kotze het die verhoor tot Dinsdag uitgestel, wanneer hy sy uitspraak sal lewer.
Polisie soek nog na kapers
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ʼn kaping van ʼn familievoertuig waarvan kringtelevisiebeeldmateriaal op YouTube beland het nie.
Video: Volvo se nuwe advertensie laat die oë rek
Die jongste Volvo-advertensie is met reg ʼn internetsensasie. Jean-Claude van Damme, die bekende aksieheld, wys met sy 53-jarige lyf hoe bestendig Volvo se dinamiesestuurstelsel is.
Uiteindelik – ‘n pragtige BMW
Deur die jare het BMW verskeie gedaanteverwisselings ondergaan – van die hoekige en bonkige ‘baksteen op wiele’-era, tot die Chris Bangle-geslag (toe eienaardige agterstewe die norm geword het) – en nou die 4-reeks.
Zuma besoek Mandela, oorhandig vredesprys
President Jacob Zuma het Maandag oud-pres. Nelson Mandela by sy huis in Houghton in Johannesburg gaan besoek waar Zuma ʼn vredesprys aan Mandela oorhandig het.
JHB-aardskudding: Nog geen skade aangemeld
Geen skade of beserings is tot dusver aangemeld nie nadat ʼn aardskudding, wat vier op die grootheidskaal geregistreer het, Johannesburg omstreeks 10:00 getref het.
Ramp wag dalk op sjokoliste
Daar sal teen 2020 waarskynlik jaarliks ‘n tekort van een miljard kilogram sjokolade wees.
Kompetisie: Dirk soek ‘n huis!
Hierdie kompetisie is gesluit: Smag jy soms na ’n lekker stywe drukkie? Dirk het een dringend nodig en hy gaan soek totdat hy die perfekte drukkie kry. Die Dirk-boeke het kinders regoor die wêreld se harte bekoor en nou staan jy die geleentheid om ‘n regte egte Dirk-beer vir jouself te wen!
Video: Sekuriteitsvideo-opname van plaasaanval
Waarskuwing: Die video onderaan die berig mag sensitiewe lesers ontstel.
Kinderboek: Nog drukkies vir Dirk
Dit lyk of almal ‘n beste maat het… behalwe Dirk. Maar dalk is dít waarna hy soek reg onder sy neus!
Resep: Hilda se spesiale pizza
Hilda van ‘7de Laan’ se spesiale pizza is ideaal as ‘n eetdingetjie tydens ‘n rugbywedstryd voordat die kole reg is.
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Die 17-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas naby Griekwastad vermoor het, het Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley begin getuig.