Die woord “selfie”, ʼn foto wat met ʼn selfoonkamera van jouself geneem word, is pas deur die Oxford English Dictionary as die Woord van die Jaar aangewys.
Lees meerAlles vir Dinsdag 19 November 2013
Vyf vas ná Bergville-plaasaanval
Vier mans en ʼn huishulp is in hegtenis geneem ná ʼn boer in Bergville, KwaZulu-Natal, Maandag deur gewapende mans aangerand is.
Arno Carstens se hofsaak wéér uitgestel
Die musikant Arno Carstens sal na verwagting in Februarie 2014 weer in die Kaapstadse landdroshof verskyn op ʼn aanklag van dronkbestuur.
E-toldatum van 2 Desember ontken
Die departement van vervoer het Dinsdag bewerings deur Outa, dat die e-tolstelsel op 2 Desember in werking sal tree, ontken.
Foto’s: 50 werkers moontlik in winkelsentrum vasgekeer
Sowat 50 werkers is moontlik onder puin vasgekeer nadat die dak van ʼn winkelsentrum in Tongaat, noord van Durban, Dinsdag ineengestort het.
Vermiste Benoni-tiener opgespoor
Bianca Roos, ʼn 16-jarige meisie van Benoni, wat sedert Maandagaand vermis was nadat sy omstreeks 19:00 haar ouerhuis verlaat het, is Dinsdagmiddag opgespoor.
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Die 17-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-familie op hul plaas naby Griekwastad vermoor het, het Dinsdag onder kruisverhoor in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley beweer dat hy nie enige aanval gehoor het terwyl hy in ʼn skuur 15 meter van die huis af was nie.
Miljoene e-tolskyfies soek nog eienaars
Die Suid-Afrikaanse Padagentskap (Sanral) sit met meer as 1,4 miljoen e-tolskyfies wat nog nie verkoop is nie, het Dipuo Peters, minister van vervoer, Dinsdag gesê.
Video: Opruiming begin ná Kaapse vloede
Die Wes-Kaapse regering sê dis nog te vroeg om te bepaal presies hoeveel skade die naweek se oorstromings in die provinsie aangerig het.
Luukse lodge sluit ná grondeis
Die luukse Cybele Forest Lodge and Health Spa buite Nelspruit in Mpumalanga, moes sy deure sluit ná ‘n grondeis afgedwing is.
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Die 17-jarige beskuldigde in die Griekwastad-moordverhoor moes Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof bontstaan om moeilike vrae van die staat te beantwoord.
NVG laat vaar sake teen Mandla
Twee sake teen oud-pres. Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, is Dinsdag deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) laat vaar.
Nasionale Ontwikkelingsplan verhoog afhanklikheid van die staat
Ekonomiese desentralisering en ʼn afwentel van staatsfunksies na die privaat sektor is ʼn beter voorstel as die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP). Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, is dit die oplossing vir Suid-Afrika se sosio-ekonomiese uitdagings.
Brandstofprys dalk gunstig vir vakansiegangers
Indien die rand tot en met 28 November aanhou versterk tot sowat R10,00 teenoor die Amerikaanse dollar, kan vakansiegangers in Desember ʼn vierde agtereenvolgende geringe daling in die prys van petrol verwag.
Musikant borgtog geweier
Die Roodepoortse landdroshof in Gauteng het Dinsdag uitspraak gelewer in die kwaito-musikant, Brickz, se borgtogverhoor.
Video oor plaasaanval ís eg, sê AfriForum
AfriForum het Dinsdag gesê beeldmateriaal van ʼn plaasaanval wat Maandag deur AfriForum bekendgemaak is, is eg en daar is geen rede om die egtheid daarvan in twyfel te trek nie.
Lekker slaap storieboek
Hierdie pragtig-geïllustreerde boek bevat ses kort stories wat ideaal is om voor slaaptyd vir kleintjies te lees.
Benoni-tiener word vermis
Bianca Roos, ʼn 16-jarige meisie van Benoni, word sedert Maandagaand vermis nadat sy omstreeks 19:00 haar ouerhuis verlaat het.
“Stoute” webwerf wil glo Bafana Bafana borg
ʼn Webwerf met volwasse inhoud het glo aangebied om Suid-Afrika se sokkerspan, Bafana Bafana, met nagenoeg R10 miljoen te borg, het The Star Dinsdag berig.
Polisiebeampte geskiet ná man se onderonsie met skoonma
ʼn 33-jarige man is in Boksburg in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn polisiebeampte in die kop geskiet het tydens ʼn gewelddadige onderonsie met sy skoonma.