ʼn Man van Boshoff in die Vrystaat wat daarvan beskuldig word dat hy sy twee dogters verkrag het, het Woensdag in die Bloemfonteinse seksuelemisdrywe-hof verskyn.
Lees meerAlles vir Woensdag 20 November 2013
Madonsela se lewe “nie in gevaar”
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se lewe of pos is glo nie in gevaar nadat sy pres. Jacob Zuma se privaatwoning by Nkandla ondersoek het nie.
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Woensdag aangehoor dat die moorde van lede van die Steenkamp-gesin van Griekwastad en die verkragting van die dogter aan mekaar verbind kan word.
Foto’s: Die dinosourusse neem oor!
Refe en Susan Tuma van Kansas City in Amerika het verlede jaar, toe hulle nagte lank wakker gebly het saam met hul eenjarige, wat gesukkel het om te slaap, besluit om “Dinovember” vir hul ouer kinders te skep. Nou word die kinders elke oggend wakker met nuwe avonture van hul speelgoed-dinosourusse.
Nóg aanklagte teen Oscar Pistorius
Oscar Pistorius, wat van die moord op sy meisie Reeva Steenkamp verdink word, staar nou twee ekstra aanklagte in die gesig.
OB sal reaksie op Nkandla-verslag oorweeg
Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), se span gaan die ministers van die veiligheidsgroepering se reaksie ontleed nadat sy vroeër haar verslag oor die R206 miljoen-opgraderings by Nkandla aan hulle oorhandig het.
Weerlig tref motorfietsryer
ʼn 34-jarige motorfietsryer is Woensdag op die pad tussen Kroonstad en Welkom in die Vrystaat deur ʼn weerligstraal getref.
AfriForum gaan nie vir e-tol registreer nie
Die burgerregte-organisasie AfriForum het besluit om nie voertuie wat vir die organisasie se werksaamhede gebruik word, vir e-tol te registreer nie.
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Die seun wat van die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin verdink word, se getuienis is Woensdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley as “onmoontlik” beskryf.
Ondersoek aan die gang ná winkelsentrum ineenstort
ʼn Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak nadat ʼn winkelsentrum, wat nog in aanbou is, Dinsdagmiddag in KwaZulu-Natal ineengestort het.
Alles Afrikaans: Die wêreld se grootste treffers in jou taal
In die 1970’s het dit gereeld gebeur dat internasionale treffers in Afrikaans vertaal is, en self ook treffers geword het; voorbeelde hiervan is Paloma blanca,…
Man van Hillbrow vas ná tiener sterf
ʼn Man is in Hillbrow, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat ʼn tiener ses verdiepings ver na sy dood geval het, het die Gautengse polisie Woensdag gesê.
Drie sterf in Kimberley-botsing
Drie mense is dood toe twee voertuie Dinsdagaand mekaar reg van voor in Kimberley in die Noord-Kaap getref het.
E-tolstelsel: Datum pas bekend gemaak
Dipuo Peters, die minister van vervoer, het sopas tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak wanneer die omstrede e-tolstel op Gautengse hoofweë in werking gaan tree.
Video: Só lyk dit binne ʼn voëltjie se boomhuis
Robinsons se advertensie vir sy “Be Natural”-sappe, wat reeds in 2009 uitgesaai is, is weer gewild op sosialemedia-netwerke.
Duisende kyk video van plaasaanval
Die beeldmateriaal van ʼn plaasaanval wat Maandag deur AfriForum bekendgemaak is, is teen Woensdagoggend meer as 150 000 keer gekyk.
Nuuskommentaar: Internetvideo’s: Sien is (wil) glo
Terwyl Maroela Media se gewildheid as internetkuierplek hand oor hand toeneem, blyk dit dat video’s soms die aantal besoeke tot nuwe hoogtes kan aanvuur.
Boek: Speurder Kwaaikofski: Honde, hoede en hande
Speurder Kwaaikofski is terug in die sesde uitgawe: Honde, hoede en hande. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders (van alle ouderdomme!) dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Woord: keisersnee
Wie sou die keiser wees waarna die chirurgiese proses, “keisersnee” verwys? Taaltoffie ondersoek die herkoms van dié Afrikaanse woord.
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Radovan Krejcir, die omstrede voortvlugtende sakeman van Tsjeggië, se ma het ʼn R2 miljoen-beloning uitgeloof vir inligting oor die twee pogings om sy lewe te neem, het The Star Woensdag berig.