Die Piano Guys het, in die lig van die naderende feesseisoen, ʼn video van hul vertolking van “Herders op die ope velde” op YouTube gelaai.
Lees meerAlles vir Woensdag 4 Desember 2013
Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur
Die Palm Ridge-streekshof het Woensdag in die borgtogverhoor van Radovan Krejcir en drie medebeskuldigdes, die staatsaanklaer se versoek om ʼn addisionele verklaring in te dien, afgekeur.
Sir Lowryspas-ongeluk eis 3
Drie mense is dood en drie beseer nadat drie voertuie Woensdag op Sir Lowryspas naby Gordonsbaai in die Wes-Kaap gebots het.
Abramjee-verdagtes in die hof
Twee mans, wat daarvan beskuldig word dat hulle by Yusuf Abramjee, hoof van Crime Line, se huis ingebreek het, het Woensdag in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.
Ma vereer vir heldedaad ná vliegtuigongeluk
ʼn Ma moes haar vyf maande oue baba se lykie agter laat en ongeveer 1.6 km in onbegaanbare terrein en sneeu aflê om ʼn reddingspan te help om by ʼn vliegtuigongelukstoneel in Alaska uit te kom.
Video: Hoe e-tol jou sak raak
Dis nie net Gautengers wat die provinsie se e-tolstelsel aan hulle sakke gaan voel nie. Ekonome meen die stelsel gaan verbruikers landwyd raak omdat Gauteng die hart van die land se ekonomie is.
Video: E-tol: “Regering het ophou luister na die mense”
Padgebruikers sonder e-skyfies was op die eerste dag van Gauteng se e-tolstelsel maar katvoet vir die hoofweë. Dit het verkeer op alternatiewe roetes aansienlik swaarder gemaak.
Video: “Regering het alles van ons weggevat”
‘n Verslag wat deur die Wêreldnatuurfonds vrygestel is, toon dat Suid-Afika se lynvisbedryf uit die gevaarsone is. Maar nie almal is tevrede met die jongste bevindings oor die stand van visbronne nie.
OB verdedig uitgelekte Nkandla-verslag
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), het haarself Woensdag verdedig teen gerugte dat haar kantoor ʼn voorlopige verslag oor president Jacob Zuma se Nkandla-woning uitgelek het.
Limpopo se beste en swakste munisipaliteite aangewys
Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) stel Donderdag sy Leefbaarheidsmonitor vir Limpopo bekend. Die monitor wys die provinsie se swakste en beste munisipaliteite aan en sal per e-pos aan die media bekendgestel word. Munisipaliteite in Limpopo het in vergelyking met dié in Gauteng baie swakker gevaar.
E-tol: Duisende openbarevervoer-operateurs kwytgeskeld
ʼn Totaal van 45 700 openbarevervoer-operateurs is sover kwytgeskeld van e-tol in Gauteng, het die departement van vervoer Woensdag gesê.
Afrikaanse vraestelkrisis by UNISA
AfriForum Jeug het Dinsdag ’n tweede klagte by die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) se eksamenraad ingedien, nadat studente wat ingeskryf is in Afrikaans hulle vraestelle in Engels moes aflê en hulle Afrikaanse vraestelle geweier is.
Landbank-baas tree uit
Phakamani Hadebe het as uitvoerende hoof van die Landbank uitgetree, het die bank Donderdag in ʼn verklaring gesê.
Point 2 Point: Atlete beplan 250 km binne 48 uur
ʼn Klein groepie atlete gaan volgende naweek ʼn uitmergelende poging aanwend om bewusmaking vir drie liefdadigheidsorganisasies te skep.
KZN-munisipaliteite: Sewe uit 61 kry skoon oudits
Sewe van KwaZulu-Natal se 61 munisipaliteite het ʼn skoon oudit vir die 2012/13 finansiële jaar gekry.
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Die Palm Ridge-streekshof het Woensdag aangehoor dat die staat nie ʼn saak óf bewyse teen die twee beamptes van die Valke het wat betrek word by die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir se saak nie.
“Madiba behou steeds sy veggees”
Oud-president Nelson Mandela se dogter, Makaziwe Mandela, het gesê Madiba is baie sterk, en leer mense steeds ʼn les in geduld, liefde en verdraagsaamheid.
Video: Man oorleef drie dae onder die see danksy gebed en ‘n lugborrel
ʼn Man van Nigerië het 72 uur lank op die bodem van die see oorleef danksy gebed en ʼn lugborrel in ʼn omgeslane boot.
Ramptoestand in Pretoria afgekondig
Die Tshwane-metro het Woensdag ʼn ramptoestand in twee gebiede van Pretoria afgekondig.
Twiets uit die “Nkandla-woning”
ʼn Satiriese rekening, genaamd @NkandlaHome, is tot groot vermaak van gebruikers op Twitter oopgemaak.