ʼn Ferrari 250 LM-resiesmotor, wat nou 50 jaar oud is en die inspirasie was vir een van die wêreld se bekendste speelgoedkarretjies, is vir $14.3 miljoen (sowat R143 miljoen) op ʼn veiling verkoop.
Lees meerAlles vir Donderdag 5 Desember 2013
RKK-kommissie gaan seksuele mishandeling beperk
Pous Francis gaan ʼn paneel van kundiges saamstel om hom van raad te bedien oor hoe om kinders van priesters te beskerm wat hulle seksueel kan mishandel, en hoe om slagoffers te help wat reeds mishandel is.
Els wil minder golf speel
Ernie Els oorweeg om sy golfskedule te beperk om meer tyd saam met sy gesin deur te bring.
Bejaarde in die Vrystaat vermoor
Elleanor Dorfling (82) van Allanridge in die Vrystaat is Donderdag dood aangetref in haar huis.
Mpuma-inwoners gewaarsku oor reën
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het inwoners van Mpumalanga Donderdag gewaarsku oor moontlike oorstromings terwyl swaar reën in dié provinsie voortduur.
“Graad 9 is die probleem”
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Donderdag gesê graad 9 is die swak skakel in die onderwysstelsel.
Chanelle Henning-saak: Monye wil óók bely; saak uitgestel
Ambrose Monye, een van die mans wat skuldig bevind is aan die moord op Chanelle Henning, wil glo óók ʼn bekentenis maak.
Baba-moordenaar gevonnis
Christiaan Oldewage is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis nadat hy Woensdag skuldig bevind is aan die moord op sy drie weke oue stiefseun, Stiaan.
Hofaansoek teen Tshwane-metro ingedien oor elektrisiteitsmeters-kontrak
Die sakeregtewaghond AfriSake het Donderdag ’n dringende hofaansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof ingedien met die oog daarop om ’n ooreenkoms wat in Mei vanjaar tussen die Tshwane-metro en PEU Capital Partners (PEU) gesluit is te stuit.
Wonderwerk: Brandweerman oorleef val in brandende skag
ʼn Brandbestryder van Durban het ʼn val van die sesde verdieping in ʼn ongebruikte hysbakskag van ʼn gebou, gehul in vlamme, oorleef terwyl hy ʼn hawelose man wou red.
Video: Bloulig-tiener: “Thomas sal nooit weer dieselfde wees”
Die ouers van Thomas Ferreira, wat twee jaar gelede beseer is nadat ʼn blouligvoertuig hom bo van sy motorfiets af gery het, sê hulle is dankbaar die man agter die stuur word verantwoordelik gehou vir sy dade.
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Die persombudsman het Donderdag die Huisgenoot ernstig tereggewys nadat die tydskrif die tiener, wat van die moorde op drie lede van die Steenkamp-gesin van Griekwastad verdink word, se gesig op sy voorblad gebruik en sy naam gepubliseer het.
Video: “Noordwes-droogte is ‘n ramp”
Reën het plek-plek verligting in dele van Noordwes gebring, maar die droogteskade in die provinsie is bykans oorweldigend.
Video: 10 walvisse dood ná dosyne strand
Altesaam 10 walvisse van die dosyne wat by die Everglades nasionale park in Florida, Amerika, gestrand het, is nou dood.
Oos-Kaapse polisiebeampte doodgeskiet
ʼn Oos-Kaapse polisiebeampte is Dinsdag dood in ʼn skermutseling in Elliotdale.
“Dames se bedanking ʼn terugslag vir Eskom”
Brian Dames het in moeilike tye die nodige kennis en ervaring na Eskom gebring en sy bedanking is ʼn terugslag vir die kragreus, het die vakbond Solidariteit Donderdag gesê.
Dogtertjie verdrink ná sy met skopfietsie in swembad val
Annebel-Madelein van Wyk (1) is dood nadat sy Woensdagaand in ʼn swembad by haar ouerhuis in Capitalpark, Pretoria, verdink het, het Rekord Donderdag berig.
Dié foto dalk wêreld se eerste “selfie”
Die woord “selfie” is onlangs as die Woord van die Jaar aangewys en ʼn foto van ʼn vrou uit die 1900s wat haarself in ʼn spieël afgeneem het, is dalk een van die vroegste “selfies” wat bestaan.
Eskom-baas bedank
Eskom het Donderdag aangekondig dat sy uitvoerende hoof, Brian Dames, bedank het.
Staggie sy parool kwyt
Rashied Staggie (57), die voormalige leier van die Hard Livings-bende in Kaapstad, se dagparool is Donderdag teruggetrek.