ʼn Tiener is in hegtenis geneem nadat hy gedeeltes van die wrak van die Porsche, waarin die akteur Paul Walker omgekom het, gesteel het.
Lees meerAlles vir Vrydag 6 Desember 2013
Vrou beboet ná groot Facebook-partytjieuitnodiging
ʼn 23-jarige vrou van Pole is ʼn boete opgelê nadat sy erken het dat sy ʼn ope uitnodiging na ʼn Lenteparty op Facebook gepubliseer het. Meer as 20 000 mense het opgedaag en talle het oproerig geraak en begin appels swaai.
Man met vermoorde bejaarde se besittings betrap
ʼn 21-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy met die vermoorde Elleanor Dorfling (82) van die Vrystaat se persoonlike besittings betrap is.
Verkragting: Ses weke oue baba na Universitas oorgeplaas
Die ses weke oue baba wat in Galeshewe, Kimberley, verkrag is, is na die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas.
Begrafnisreëlings vir Nelson Mandela
Die presidensie het Vrydag die begrafnisreëlings van voormalige president Nelson Mandela bekend gemaak.
Bloem-ma gevonnis wat eie seun verkrag
ʼn Ma van Bloemfontein wat skuldig bevind is daaraan dat sy haar tienerseun herhaaldelik verkrag het, is Vrydag in die Bloemfonteinse hof vir seksuele misdrywe gevonnis.
Video: “Só dans ons die riel”
Daar gaan weer gepronk word, bokspronge gemaak word en die stof gaan letterlik staan by die agtste ATKV-Rieldans kompetisie in die Paarl die naweek.
Video: Sannieshof in sak en as
Inwoners van Sannieshof in Noordwes wat die afgelope ruk hulle munisipale dienstegeld in ‘n aparte rekening betaal het in ‘n poging om hulle dorp reg te ruk, kan dit nou ook nie meer doen nie.
Olimpiese atleet sterf in KZN-vliegtuigongeluk
Die name van die twee mense wat dood is nadat ʼn ligte vliegtuig Woensdag in ʼn suikerrietveld in Richmond naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal neergestort het, is Vrydag bekend gemaak.
Video: “Ek sou enigiets doen vir Nico Henning”
André Gouws, een van die mans wat skuldig bevind is aan die moord op Chanelle Henning, het Donderdag huilend in die hooggeregshof gesê Nico Henning het hom aangesê om haar te vermoor.
Alle SAUK-programme gekanselleer
Alle programme en advertensies is regoor alle kanale van die SAUK opgeskort vir huldeblyke aan Nelson Mandela.
Nelson Mandela: Só groet bekendes
Talle bekendes en wêreldleiers het Vrydag reageer op die nuus van oud-president Nelson Mandela se afsterwe. Dit is wat hulle te sê gehad het.
Tokio-vrou maak polisie mal met oproepe
Die polisie in Tokio het ’n vrou in hegtenis geneem nadat sy hulle meer as 15 000 keer in ses maande gebel het.
Nico Henning in hof oor vrou se moord
Nico Henning, die vervreemde man van die vermoorde Chanelle Henning, het Vrydag in die Pretoriase streekshof verskyn op aanklagte van haar moord.
DA vergelyk Sanral-baas met PW Botha
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se uitvoerende hoof, Nazir Alli, is die hedendaagse PW Botha, het die DA Donderdag gesê.
“Helde sterf nooit nie” – Zelda la Grange
Zelda la Grange, voormalige persoonlike assistent van oud-president Nelson Mandela, het Vrydag in ʼn verklaring haar meegevoel betuig met sy naasbestaandes en verduidelik hoe dié staatsman haar lewe verander het.
Onderwysdepartement laat vaar aanklagte teen laerskoolhoof
Barbara Creecy, die Gautengse LUR vir onderwys, het alle aanklagte teen Carol Drysdale, die skoolhoof van Laerskool Rivonia, laat vaar.
Krematorium onder die loep geneem
Pietermaritzburg se burgemeester het ʼn volledig ondersoek van stapel gestuur nadat dit aan die lig gekom het dat vier kalwers gebruik is om ʼn krematorium in die dorp te toets nadat van die verassingsoonde onklaar geraak het.
FAK bring hulde aan “een van SA se grootste staatsmanne”
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van oud-President Mandela.
Voortrekkers betuig meegevoel ná Mandela sterf
Die Voortrekkers het sy innige meegevoel Vrydag betuig met die Mandela-familie met oud-president Mandela se afsterwe.