Die lugredery WestJet in Kanada het Sondag ʼn video vrygestel nadat hulle aan elke passasier se Kerswens voldoen het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 10 Desember 2013
Man erken hy het 7-jarige vermoor
ʼn Man het Dinsdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof erken dat hy sy voormalige minnares se sewejarige dogtertjie vermoor het.
Nederland-paartjie in Jemen vrygelaat
Judith Spiegel en Boudewijn Berendsen, ʼn egpaar van Nederland wat gyselaar gehou is in Jemen, is Dinsdag ná vyf maande vrygelaat.
7de Laan, krieket op ander kanale uitgesaai
ʼn Paar van die gereelde programme op SABC2 se tydgleuwe is geskuif om voorsiening te maak vir die bykomende dekking ná oud-president Nelson Mandela se afsterwe.
Borgtog vir W-Kaap-vrou wat geld verduister
ʼn Ma van drie kinders is Dinsdag op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat sy van geldverduistering aangekla is.
Foto’s: Nelson Mandela-gedenkdiens
Hiermee foto-hoogtepunte uit die gedenkdiens vir voormalige president Nelson Mandela wat op Dinsdag, 10 Desember 2013, by die ENB-stadion in Soweto, Johannesburg, gehou is.
Afgevaardigde in ongeluk ná Madiba-gedenkdiens
ʼn Voormalige president van Somalië was Dinsdag in ʼn ongeluk betrokke nadat hy en sy drywer die ENB-stadion verlaat het waar oud-pres. Nelson Mandela se gedenkdiens plaasgevind het.
Billy Graham se toestand verswak
Die bekende Amerikaanse evangelis, Billy Graham, se toestand het die afgelope ruk baie verswak, aldus sy seun, Franklin.
Mandela-diens: Kleinkinders lewer huldeblyke
Oud-president Nelson Mandela se kleinkinders is toegejuig toe hulle Dinsdag die verhoog betree het om huldeblyke te lewer vir hul oupa by die ENB-stadion.
Zuma-uitjouery wêreldnuus
Die uitjouery wat pres. Jacob Zuma Dinsdag tydens die begrafnisdiens van oud-pres. Nelson Mandela in die ENB-stadion in Soweto te beurt geval het, was binne minute wêreldnuus.
Só ry Madiba se daaglikse stoet deur PTA
Die Tshwane-metro het Dinsdag gesê hulle is gereed vir die publiek om wyle oud-pres. Nelson Mandela se oorskot te sien waar hy van Woensdag af by die Uniegebou in staatsie gaan lê.
Mandela-diens: Staande applous vir Obama-toespraak
Dit het iemand soos Mandela geverg om die gevangene en die tronkbewaarder te bevry, het Barack Obama, president van Amerika, Dinsdag gesê.
Nico Henning-borgtogverhoor uitgestel
Nico Henning, die vermoorde Chanelle Henning se vervreemde man, se borgtogverhoor is Dinsdag in die Pretoria-streekshof uitgestel.
Dooie See gered na ooreenkoms
Water wat met ʼn 180km lange waterpyplyn uit die Rooi See na die Dooie See gevoer gaan word, sal dié besondere soutwatermeer vir die nageslag behoue laat bly.
Mandela-diens: Zuma uitgejou
President Jacob Zuma is Dinsdag by die ENB-stadion in Soweto by die gedenkdiens vir oud-president Nelson Mandela uitgejou
Verminkte liggame van agt familielede gevind
Plaaslike owerhede van Meksiko het op die erg verminkte liggame van agt familielede, wat onlangs ontvoer is, afgekom.
Duisende by ENB-stadion vir Mandela se gedenkdiens
Tienduisende Suid-Afrikaners en bekendes het Dinsdagoggend, ondanks die reën, by die ENB-stadion in Soweto opgedaag vir die gedenkdiens vir oud-president Nelson Mandela.
Dogter swanger ná pa haar glo verkrag
ʼn Man is Maandag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo sy tienerdogter verkrag het.
Uitdrukking: Met spek skiet
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking “met spek skiet” om te verwys na iemand wat onwaarhede vertel.
Kaapstadse metropolisiebeampte jok glo oor kollega wat teister
Die stad Kaapstad het gesê ʼn hoë rang metropolisiebeampte wat vergoeding in die gelykheidshof eis nadat ʼn vroulike kollega hom glo herhaaldelik seksueel geteister het, praat nie die waarheid nie, het The Times Dinsdag berig.