Time Magazine het pas Pous Francis aangewys as die Man van die Jaar.
Lees meerAlles vir Woensdag 11 Desember 2013
Obama se e-tolskuld
Die Withuis kan dalk binnekort ʼn faktuur van Sanral te wagte wees nadat pres. Barack Obama van die e-tolsnelweg gebruik gemaak het.
Fotograaf sê Michelle Obama was nie vies nie
ʼn Foto van pres. Barack Obama wat ʼn “selfie” geneem het saam met Helle Thorning-Schmidt, eerste minister van Denemarke en David Cameron, eerste minister van Engeland, het opslae gemaak op sosiale media, veral die uitdrukking op Michelle Obama se gesig.
Vermiste egpaar en kinders oorleef ysige koue
ʼn Egpaar en vier kinders is veilig opgespoor nadat hulle vir bykans twee dae lank in Nevada, Amerika, vermis was. Die temperatuur was soms kouer as -26 grade Celsius.
35 jaar tronkstraf vir sy buurman se moord
ʼn 24-jarige man van Douglas in die Noord-Kaap is gevonnis nadat hy sy buurman, Victor Edward Pieterse (21) vermoor het.
Griekwastad-ma gevonnis vir wrede babamoord
Die Noord-Kaapse hooggeregshof het ʼn 33-jarige ma van Griekwastad in die Noord-Kaap skuldig bevind aan die moord op haar pasgebore baba.
Rooftog by Tutu se huis
Diewe het Dinsdag by emeritus aartsbiskop Desmond Tutu se huis in Milnerton in Kaapstad ingebreek terwyl hy oud-president Nelson Mandela se gedenkdiens by die ENB-stadion in Soweto, Johannesburg, bygewoon het.
Duisende staan tou om Madiba te sien
Duisende mense het Woensdag tou gestaan buite die Uniegebou in Pretoria in ʼn poging om vir oulaas wyle oud-pres. Nelson Mandela te sien terwyl hy daar in staatsie lê.
SAUK swyg oor Zuma-uitjouery
Terwyl media wêreldwyd die uitjouery uitgesaai het wat pres. Jacob Zuma Dinsdag tydens die gedenkdiens van oud-pres. Nelson Mandela in die ENB-stadion in Soweto te beurt geval het, het die SAUK glo besluit om hieroor te swyg in sy hoofnuusbulletins, het die City Press Woensdag berig.
Woolies óók Sondag toe vir Mandela se begrafnis
Woolworths volg die voorbeeld van talle winkels en het ook besluit om Sondag al sy winkels landwyd te sluit vir wyle oud-pres. Nelson Mandela se begrafnis.
Toyota Land Cruiser Prado – nou nog beter
Toyota se legendariese Land Cruiser Prado het ’n gedaanteverwisseling vir die 2014-modeljaar ondergaan, en pronk nou met bondiger buitestilering, ’n meer verfynde binneruim en selfs nóg beter hantering, skryf ons motorjoernalis, Bernard K Hellberg.
Clicks ook Sondag toe vir Mandela-begrafnis
Clicks het Woensdag bekend gemaak hy gaan ook die voorbeeld van talle ander winkels volg deur Sondag sy deure toe te maak vir oud-pres. Nelson Mandela se begrafnis.
Foto’s: Madiba lê in staatsie
Die oorskot van oud-pres. Nelson Mandela het Woensdagoggend om 08:00 by die Uniegebou in Pretoria aangekom waar hy vir drie dae lank in staatsie gaan lê.
Chinese modelle dra maskers teen lugbesoedeling
China se berugte lugbesoedeling het nou so ‘n omvang aangeneem dat modelle by verskeie modeparades verplig was om maskers oor hul neuse en mode te dra.
Taalgebruik: kibbel, knabbel of knibbel?
Talle gebruikers van Afrikaans struikel oor die verskil tussen kibbel, knabbel en knibbel. Taaltoffie verduidelik watter woord jy wanneer moet gebruik.
Uitspraak verwag van polisieman wat glo ontvoer, roof en verkrag
Die hooggeregshof in Johannesburg sal na verwagting Donderdag uitspraak lewer in die verhoor van ʼn Randburgse polisiebeampte wat van ontvoering, roof en verkragting verdink word.
Molotopad eis nóg lewens
Die berugte Molotopad buite Pretoria in Gauteng het Woensdag weer twee lewens geëis.
Koudste nag nog ooit
Deur 32 jaar se satellietgegewens na te gaan, het NASA pas bekend gemaak dat die koudste temperatuur wat nog op aarde gemeet is, op 10 Augustus 2010 naby die suidpool voorgekom het.
Mandela-diens: Tolk was ‘n “bedrieër”
Die persoon wat Dinsdag by oud-president Nelson Mandela se gedenkdiens getolk het, word streng veroordeel deur die dowe gemeenskap.
14-jarige ook vas vir bejaarde se moord
ʼn 14-jarige seun is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Elleanor Dorfling (82), ʼn inwoner van Allanridge in die Vrystaat.