ʼn Man van Japan het op ʼn jaarlange rooftog gegaan en sowat R1 850 000 gesteel om 120 katte ʼn fynproewersdieet te laat volg.
Lees meerAlles vir Donderdag 12 Desember 2013
Mandela-foto word versprei
ʼn Foto, wat glo van voormalige president Nelson Mandela geneem is terwyl hy by die Uniegebou in Pretoria in staatsie lê, is op Twitter gepubliseer.
Regering “nie verleë” oor gebaretaaltolk
Hendrietta Bogopane-Zulu, adjunkminister vir mense met gestremdhede, het Donderdag gesê dit was ʼn fout om van Jantjies se dienste gebruik te maak vir die gedenkdiens van oud-president Nelson Mandela, maar dit is nie iets waaroor Suid-Afrika verleë hoef te voel nie.
Parkeer-en-ry-gebiede moes Donderdag vroeg sluit
Parkeer-en-ry-gebiede moes Donderdagmiddag omstreeks 15:00 sluit omdat te veel mense opgedaag het om na die Uniegebou vervoer te word waar oud-president Nelson Mandela in staatsie lê.
Tuinier bely moord op bejaarde
ʼn 30-jarige man het Donderdag homself aan die polisie oorgegee en bely dat hy ʼn 73-jarige vrou van Aliwal-Noord vermoor het.
Muilbandwet toe nié geteken nie
Daar was Donderdag verwarring of die omstrede Wet op die Beskerming van Staatsinligting (Inligtingswet), oftewel die Muilband- of Snoerwet, amptelik onderteken is. Die parlement het egter intussen bevestig dat die wet nie onderteken is nie.
Aanklagte teen bloulig-lyfwagte laat vaar
Die aanklagte van poging tot moord teen twee burgemeester-lyfwagte wat glo op ʼn motoris op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal losgebrand het, is laat vaar, het die Pinetown-landdroshof Donderdag aangehoor.
Tlokwe nou terug na ANC
Die ANC sal weer ‘n volstrekte meerderheid in die Tlokwe-munisipaiteit hê nadat dié party se kandidate al ses tussenverkiesings gewen het.
Meer as 20 000 staan tou om Madiba te groet
Meer as 20 000 mense het teen Donderdagmiddag tou gestaan om wyle oud-pres. Nelson Mandela by die Uniegebou in Pretoria, waar hy in staatsie lê, te besigtig.
Mannetjies Roux bekoor op grootskerm
Bosbok Ses Films wat voorheen rolprente soos Roepman en Verraaiers na die grootskerm gebring het se nuwe Afrikaanse fliek, Stuur Groete aan Mannetjies Roux begin op 13 Desember 2013 by teaters draai.
Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel
Regterpresident Frans Kgomo het Donderdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley sy besluit bekend gemaak of die moordverhoor van die tiener, wat van die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin verdink word, uitgestel moet word.
Arno Jordaan word pa
Arno Jordaan en sy vrou, Lizanie, het Donderdag die trotse ouers geword van ʼn babaseuntjie, Milan. Dit is die egpaar se eersteling.
Gedenkdiens-tolk beweer hy is skisofrenies
Thamsanqa (Thami) Jantjie wat deur die dowe gemeenskap veroordeel word vir sy tolkwerk tydens Mandela se gedenkdiens, het aan EWN gesê hy ontvang tans behandeling vir skisofrenie.
Foto’s: Duisende daag op om Madiba in staatsie te sien lê
Duisende mense van verskillende kulture het Woensdag tou gestaan buite die Uniegebou in Pretoria in ʼn poging om vir oulaas wyle oud-pres. Nelson Mandela te sien terwyl hy daar in staatsie lê.
Man en kind beseer in hysbak-ongeluk
ʼn 30-jarige man en ʼn eenjarige kind is Woensdag in Durban beseer nadat hulle per ongeluk in ʼn oop hysbakskag ingestap en geval het.
Nuuskommentaar: SA draai dowe oor
Talle vrae hang in die lug na die gebaretaaltolk tydens oud-pres. Nelson Mandela se begrafnisdiens ‘n wêreldwye verleentheid vir die land veroorsaak het. DeafSA sê die man se onvermoë om gebaretaal te kan praat is tevore reeds na ‘n rampspoedige “vertoning” skriftelik onder die ANC se aandag gebring.
900 000 e-tolskyfies uitgereik
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag gesê nagenoeg 900 000 e-tolskyfies is aan motoriste in Gauteng uitgereik.
“Geen Kersgeskenke aan Pikitup-personeel”
Inwoners word aangeraai om nie Kersgeskenke aan Pikitup-werknemers te gee nie, het die besturende direkteur Amanda Nair Woensdag gesê.
Stadion in Vrystaat dalk herdoop
Die provinsiale regering in die Vrystaat gaan besluit of hy die Seisa Ramabodu-stadion gaan herdoop na die Nelson Mandela-stadion
Drawwers dood: Bestuurder gevonnis
Die meganiese ingenieur wat skuldig bevind is nadat hy ses drawwers twee jaar gelede met sy sportnutsvoertuig in Midrand, Gauteng, doodgery het, is gevonnis.