ʼn Vlieënier is ernstig beseer nadat sy Robinson R22-helikopter Saterdag in Midrand neergestort het.
Lees meerAlles vir Saterdag 21 Desember 2013
Twee in hof na branddood
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man vermoor het deur hom aan die brand te steek het Vrydag in die Mbibane-landdroshof in Mpumalanga verskyn.
Twee dood, talle beseer in botsing
Twee mense is Saterdag dood en talle beseer nadat ʼn minibustaxi en ʼn motor op die N4 by die Schoemanskloof-afrit naby Nelspruit, Mpumalanga gebots het.
82 verkragting-beskuldigdes vas in Limpopo
ʼn Totaal van 82 mense wat van verkragting beskuldig word, is die afgelope drie weke in Limpopo in hegtenis geneem.
Geen verhoging vir Zuma nie
President Jacob Zuma het aangekondig dat alle openbare amspdraers ʼn 5%-salarisverhoging sal kry terwyl hy self nie vanjaar ʼn salarisverhoging sal neem nie.
VF Plus verwelkom OB se verslag oor Pelgrimsrus
Die Vryheidsfront Plus het Saterdag Thuli Madonsela, die openbare beskermer, sê bevindings dat die toeken van tenders vir huurooreenkomste van winkels in Pelgrimsrus onwettig was, verwelkom.
‘Modimolle-monster’ se appèl geweier
Die appèlhof het Johan Kotzé, die sogenaamde Modimolle-monster, se verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding geweier, berig Beeld.
Busbestuurder vas oor R19 m. se heroïen
‘n Malawiër is by die Beitbrug-grenspos buite Musina in Limpopo in hegtenis geneem nadat heroïen ter waarde van R19 miljoen in sy besit gevind is.
14 beseer na trok omslaan
Veertien mense is beseer nadat ʼn vragmotor op die N3 in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal omgeslaan het.
Herrie oor Vigs-twiet
ʼn Senior direkteur van ʼn internasionale internetmaatskappy het ʼn herrie op sosiale media ontketen nadat sy getwiet het: “Gaan Afrika toe. Hoop nie ek kry Vigs nie. Grap net. Ek is wit.”
Staat appelleer teen molesteerder se ‘ligte straf’
Die staat gaan appèl aanteken teen die ligte vonnis wat aan ‘n kindermolesteerder van Mpumalanga opgelê is.
Jeugliga: ‘Masina het ‘fork off’ en nie ‘f***f’ gesê nie’
Mzwandile Masina, sameroeper van die ANC-jeugliga se nasionale taakspan, het “fork off” by ʼn mediakonferensie gesê en nie “f***f” soos in die media berig is nie, aldus die ANC-jeugliga.
Padsterftes vir Desember bekend gemaak
Dipuo Peters, minister van vervoer, het Vrydag bekend gemaak hoeveel padsterftes daar al sedert begin Desember vanjaar plaasgevind het.
Gedagte vir die dag: Sing ʼn nuwe lied
Psalm 22:4 – U is die Een wat baie belangrik en groot is. U kinders het groot respek vir U. U is waar hulle U…