ʼn 12-jarige meisie van New Hampshire in Amerika se tong het vir 15 minute lank aan ʼn vlagpaal vasgesit toe sy dit tydens ʼn sneeustorm probeer lek het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 7 Januarie 2014
Regering gryp in ná vrou in slaggat “bad”
Die departement van vervoer in Mpumalanga blameer die toestand van die R36 tussen Machadodorp en Mashishing (Lydenburg) op swaarvragmotors en reën.
Bokser en verloofde glo deur polisie aangerand
Flo Simba, die swaargewig bokser, het ʼn klag van aanranding teen ʼn groep polisiebeamptes van Johannesburg gelê wat hom en sy verloofde glo aangeval het.
Swanger vrou op voetpaadjie aangeval in Nieu-Seeland
ʼn Swanger vrou is in Auckland, Nieu-Seeland, op ʼn voetpaadjie deur twee gewapende mans beroof.
Dief soek maksimumvonnis
Roy Murphy (43) van Missouri in Amerika het die regter versoek om hom die maksimumvonnis op te lê nadat hy ʼn winkel beroof het.
Olifant-slagoffer ontslaan
Sarah Brooks, die Britse toeris wat ʼn olifant-aanval op 30 Desember in die Kruger-wildtuin oorleef het, is uit die hospitaal ontslaan.
Russiese skip op eie stoom uit ys
Die Russiese navorsingskip, die Akademik Shokalskiy, wat die afgelope twee weke in die ys by Antarktika vasgesit het, is weer in ‘n noordelike rigting op koers na dit op eie stoom uit die ys kon losbreek.
AfriForum verkla polisiebeamptes wat Afrikaanse verklaring weier
Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan klagtes van diskriminasie en swak dienslewering teen polisiebeamptes van die Lyttelton-polisiestasie in Centurion by die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, indien nadat hulle nie ‘n inwoner behulpsaam wou wees wat ‘n verklaring in Afrikaans wou indien nie.
Driejarige val na sy dood
‘n Driejarige seuntjie is Maandagmiddag dood nadat hy ses verdiepings ver uit ‘n woonstelgebou in Pretoria geval het.
Vyf verdagtes ontsnap uit aanhouding in Nelspruit
Die polisie van Mpumalanga het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur nadat vyf verhoorafwagtendes Sondag uit aanhouding in Nelspruit ontsnap het.
Nugter bestuurders beloon… met bier
Die eienaars van kuierplekke van die Belgiese gemeenskap Diksmuide het ‘n insentief bedink om bestuurders, wat tydens padversperrings blyk niks agter die blad te hê nie, te beloon – met ‘n bier.
Politikus in sop wat president met patat vergelyk
Die polisie in Zambië het ʼn leier van die opposisieparty in hegtenis geneem en van naamskending aangekla nadat hy die land se president met ʼn patat vergelyk het.
Nege sterf in De Doorns-ongeluk
Nege mense is dood en vier is ernstig beseer nadat ʼn vragmotor en ʼn minibustaxi mekaar op die N1-snelweg tussen De Doorns en Worcester getref het.
Foto’s: NSRI red seeskilpad se lewe
Reddingswerkers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ʼn seeskilpad van ʼn gewisse dood gered.
“Geringe verbetering” in Schumacher se toestand
Volgens ʼn bron naby aan die F1-legende Michael Schumacher, is daar ʼn “geringe verbetering” in sy toestand nadat hy nege dae gelede in ʼn ski-ongeluk beseer is.
Video: Coca-Cola-advertensie: Gedeelde plesier by die grenspos
Twee grenspos-soldate is bereid om vir ʼn oomblik die strydbyl neer te lê vir ʼn yskoue versnapering.
Jasmin-moord: Saak uitgestel
Die man wat daarvan verdink word dat hy sy vierjarige broerskind, Jasmin Pretorius, verkrag en vermoor het, het Dinsdag vlugtig in die Brakpan-landdroshof verskyn.
Amerikaanse Fed kry eerste vrou as hoof
Janet Yellen, adjunk-voorsitter van die Amerikaanse Fed, se aanstelling as nuwe hoof is Maandag deur die senaat goedgekeur.
Kaper breek been toe hy probeer vlug
ʼn Vermeende kaper is in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy sy been gebreek en albei sy enkels gekraak het toe hy probeer het om veiligheidsbeamptes te ontduik, het The Citizen Dinsdag berig.
Resep: Xilofoonkoek vir ‘n musiekpartytjie
Ons maak musiek! Maklike resep vir die oulikste xilofoonkoek vir ‘n musiekpartytjie vir seuns of dogters.