ʼn Groep van drie tieners is gefnuik in hul poging om ʼn motor te kaap toe hulle uitvind nie een van hulle kan ʼn voertuig met ʼn handrat bestuur nie.
Lees meerAlles vir Vrydag 17 Januarie 2014
Video: Roeiplankkompetisie vir honde
Ongeveer ʼn dosyn honde het Donderdag saam met hul eienaars die water by Barra-strand in Rio de Janeiro aangedurf tydens ʼn oefening vir ʼn roeiplank-kompetisie.
Burgemeesterslid by Brits-gedenkdiens aangeval
Lid van die Madibeng-burgemeesterskomitee is Vrydag aangeval tydens ʼn gedenkdiens van drie persone wat die afgelope week in gewelddadige betogings in Brits, Noordwes omgekom het.
Hittegolf duur dalk tot Maandag
Die grootste deel van Suid-Afrika kan nog tot na die naweek snikhete toestande te wagte wees, het ʼn weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens Vrydag gesê.
Baba L: Kêrel is aggressief; ma is naïef
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy meisie se tweejarige dogtertjie aangerand het, is ʼn gewelddadige persoon, het die Pretoria-Noordse landdroshof Vrydag gehoor.
Ebrahim na Jemen vir Korkie-gesprekke
Ebrahim Ebrahim, adjunkminister van die departement van internasionale betrekkinge, sal Saterdag na Jemen vertrek om met die regering en ander betrokke partye te vergader oor Pierre Korkie se ontvoering.
Dogtertjie brand erg na rokkie vlam vat
Karien Benson, ʼn sewejarige meisie van Phalaborwa, sterk in die hospitaal aan nadat sy voor haar eerste skooldag vanjaar erge brandwonde opgedoen het.
“Katelknaap” skuldig aan 91-jarige se moord
ʼn 49-jarige Duitser is Donderdag skuldig bevind aan die moord op sy 91-jarige ryk vrou. Sy was ʼn joernalis en sosiale vlinder in Washington.
Kind (5) kry glo pak op tweede dag van skool
ʼn Ontstoke ouer van Koppies in die Vrystaat het haar twee kinders uit Laerskool en Hoërskool Sarel Cilliers verwyder, nadat haar vyfjarige seuntjie op sy tweede dag van graad R glo pakslae by sy onderwyseres gekry het.
OB sê oor Nkandla-verslag
Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), het Vrydag aangekondig dat die datum van die vrystelling van haar Nkandla-verslag, volgende maand aangekondig gaan word.
Man gevonnis wat donkie agter sy voertuig sleep
Marc Saunders (31) van Texas in Amerika is Woensdag vyf jaar gevangenisstraf opgelê nadat hy ʼn donkie agter sy sportnutsvoertuig aangesleep het.
Japanner wat 29 jaar na WO II bly veg het, oorlede
‘n Japanner, wat eers 29 jaar ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog uit die woude van die Filippynse eiland, Lubang gekom het om hom oor te gee, is in die ouderdom van 91 oorlede.
RA-saak ‘n voorbeeld van uitvoerende inmenging
Die verhoor in die Wes-Kaap van Solidariteit namens sy lede teen die departement van korrektiewe dienste het heelwat debat oor die toepassing van regstellende aksie…
“Mislukte, worstelende” teregstelling
ʼn Veroordeelde man het glo ʼn paar keer na sy asem gesnak voordat hy meer as 20 minute later eers tydens ʼn teregstelling gesterf het. Dit is een van die langste teregstellings nog ooit in Ohio, Amerika.
AfriForum mobiliseer gemeenskap ná 5 plaasaanvalle
AfriForum skep nou landswyd veiligheidsnetwerke en staan gemeenskappe by waar misdaad handuit geruk het. “Ons is heeltemal bereid om op te tree indien die regering nie wil of kan nie.”
Sekere dele van Mothutlung steeds sonder water
Sommige huishoudings in die Mothutlung nedersetting naby Brits in Noordwes, is steeds sonder water.
Man vas wat glo meisie vermoor
ʼn Man van die Oos-Kaap verskyn Vrydag in hof nadat hy glo sy meisie, wat ook die ma van sy twee kinders is, met ʼn harde voorwerp doodgeslaan het.
Phiyega verander polisie-struktuur
Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het Donderdag gesê strukture in die polisie se misdaadintelligensie-eenheid is verander.
Video: Dís nou vir jou oëverblindery!
Zach King toor dalk nie in die ware sin van die woord nie, maar sy 6 sekonde-video’s op die sosialemedia-platform Vine sal jou mond laat oophang.
Skoolmeisies gaan kanker-immunisering kry
President Jacob Zuma het Donderdag gesê laerskoolmeisies gaan vanjaar teen die menslike papilloomvirus (HPV), die oorsaak van servikale kanker, geïmmuniseer word.