ʼn 27-jarige man is in Robville, Soweto in hegtenis geneem nadat hy glo sy pa met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.
Lees meerAlles vir Woensdag 22 Januarie 2014
Meisie steeds kritiek na sy verkrag, verbrand word
Die negejarige meisie wat aan die brand gesteek is nadat sy verkrag is, is steeds in ʼn kritieke toestand in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad.
Hasie in Mandela se oor ‘betreurenswaardig’
Die maatskappy wat uitgekontrakteer was om die standbeeld van oudpresident Nelson Mandela by die Uniegebou te vervaardig sê dit is betreurenswaardig dat die beeldhouers ʼn hasie daarop aangebring het.
Pierre Korkie: Al-Kaïda maak kontak
Die Al-Kaïda millitante wat die Suid-Afrikaner Pierre Korkie in Jemen ontvoer het, het Woensdag kontak gemaak.
Paramedikus aangeval toe hy wou help
ʼn Paramedikus is Woensdag agt keer met ʼn skerp voorwerp gesteek toe hy ʼn man probeer help het.
Vyf vas vir partytjie-moorde
Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo Saterdagaand vyf mense doodgeskiet en drie ander beseer het tydens ʼn huispartytjie in KwaZulu-Natal.
Babalykies by stortingsterrein opgespoor
Twee babas is Woensdagmiddag dood aangetref by ʼn stortingsterrein in Devland, langs Eldoradopark in Gauteng.
Amcu-staking: KVBA berei voor vir onderhandelinge
Die KVBA berei hom voor om ʼn dispuut op te los voor die vakbond Amcu se beplande staking in die goud- en platinumsektore.
Gemeenskap veroordeel ma wat skool aanvat ná pakslae
Nadia Potgieter, ʼn ma van Koppies in die Vrystaat wat ʼn saak van aanranding teen ʼn onderwyseres aanhangig gemaak het nadat sy glo haar vyfjarige seuntjie op sy tweede skooldag pakslae gegee het, sê die plaaslike gemeenskap veroordeel haar.
Ysige seeswem: Sam Cowen en kie het dit gemaak!
Sam Cowen, die bekende televisie- en radiopersoonlikheid en haar vriendin Caren Strydom het Woensdag suksesvol die afstand tussen Robbeneiland en Bloubergstrand in die ysige Atlantiese Oseaan afgelê.
Nuwe Storierak-app vir kinders
Storierak is ‘n toepassingwinkel met al jou geliefkoosde Afrikaanse kinderboeke, ideaal geskik vir kinders van 2 – 8 jaar oud.
Poeier is skadeloos – Sanral
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag gesê die middel wat in ʼn koevert by Sanral se hoofkantoor in Centurion gevind is, is onskadelik.
Tiener geskiet nadat hy glo pa se vuurwapen steel
ʼn Tiener in Gauteng is Dinsdag geskiet en gewond nadat hy glo sy pa se vuurwapen gesteel het en ʼn winkel wou beroof.
Bethlehem-inwoners pak misdaad
Gedurende die Desember-vakansie het AfriForum se Bethlehem-tak misdadigers behoorlik vasgevat. 30 gesteelde beeste, 16 skape en R13 000 se gesteelde boontjiesaad is terugbesorg aan die eienaars.
Video: Dansende vrou in die seewater meegesleur
ʼn Vrou van Sardinero-strand in Spanje het ʼn golf gekoggel voordat sy in die water meegesleur is.
Ebrahim doen emosionele beroep op Korkie se ontvoerders
Ebrahim Ebrahim, die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, het ʼn emosionele beroep op ʼn Jemense televisiestasie gemaak dat die Al-Kaïda-militante wat vir Pierre Korkie ontvoer het, hom moet vrylaat.
Nog betogings oor dienslewering van Madibeng-munisipaliteit
Inwoners van Hebron, naby Ga-Rankuwa in Pretoria, het Woensdagoggend bymekaargekom om teen swak dienslewering in die Madibeng-munisipaliteit te betoog.
Skoolseun buite skool met mes gesteek
ʼn 16-jarige skoolseun van Durban veg om sy lewe nadat hy Dinsdag buite Hoërskool Hillview in Newlands-Oos met ʼn mes gesteek is.
Boek-uittreksel: Repelsteeltjie
Lees weer die verhaal van Repelsteeltjie – ‘n uittreksel uit die boek “My skatkis van stories en rympies”
Goedbewaarde graan van duisende jare gelede gevind
Argeoloë in Japan het ‘n aantal goedbewaarde bruin ryskorrels gevind wat tussen 2 400 en 2 600 jaar oud is.