Die Vryheidsfront Plus sê die dreigemente teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moet die rooi ligte laat flikker vir die ANC-regering oor die erns van burgerlike weerstandigheid teenoor die e–tolstelsel.
Lees meerAlles vir Maandag 27 Januarie 2014
Kleuter glo in polisiesel vermoor in Namibië
ʼn Vierjarige seuntjie is glo so erg deur ʼn vroulike gevangene aangerand in ʼn aanhoudingsel by ʼn polisiestasie in Namibië dat hy later in ʼn hospitaal oorlede is, berig die Republikein.
SANParke-werknemer vas oor onwettige jag
ʼn Werknemer van SANParke is Maandag in verband met onwettige jag in hegtenis geneem.
Pa verkrag glo sy 3-jarige tweeling dogtertjies
ʼn 38-jarige pa het Maandag in die Delmas-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklagte dat hy sy driejarige tweeling dogtertjies verkrag het.
Faan se Trein volstoom in sy eerste naweek by loket
Die nuwe Afrikaanse rolprent Faan se Trein het in sy openingsnaweek reeds R1.4 miljoen by die loket verdien.
Vrou se verminkte liggaam in veld gevind
Die liggaam van ʼn vrou is in ʼn veld agter ʼn kroeg in Swartruggens in Noordwes gevind. Die vrou se borste is afgesny.
Nasionale Polisiedag: “Mthethwa moet daad by woord voeg en beste kandidate aanstel”
Nathi Mthethwa, minister van polisie, se onlangse voorneme om te verseker dat die beste kandidate gekies word om by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan te sluit, word deur regstellende aksie ondermyn, het die vakbond Solidariteit vandag, by die geleentheid van Nasionale Polisiedag, gesê.
PTA-ma hoor vermiste dogter is eintlik dood
ʼn Ma van Pretoria moes Sondagoggend hoor haar 21-jarige dogter is dood, skaars ʼn uur nadat sy haar dogter as vermis by die Sinoville-polisiestasie aangemeld het.
Video: Swak rand “kan in ‘n nagmerrie ontaard”
Die tempo waarteen die rand aanhou tuimel, is bykans ongehoord
Talle in hospitaal ná diarree-uitbreking
Altesaam 45 mense in Limpopo moes in die hospitaal opgeneem word nadat hulle diarree opgedoen het.
Rooigety-waarskuwing in Knysna
SANParke het Maandag gewaarsku dat geen kreef of skulpvis by die Knysna-riviermond gevang en geëet mag word nie, nadat spore van rooigety daar gevind is.
Video: Oudtshoorn skud sy vere reg vir KKNK
Feesgangers wat hulle gereedmaak vir die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees kan weer hope vermaak verwag. Die fees vier vanjaar sy twintigste bestaansjaar.
Noag se ark was rond, wys kleitablet
Noag se ark was nie, soos algemeen aanvaar word, ovaalvormig nie, maar rond. Dis altans volgens ‘n 4 000 jaar oue Mesopotamiese kleitablet wat pas ontsyfer is en van Vrydag af in die Britse Museum uitgestal word.
Sesde polisie-skietdood vir jaar ná vrou se wrede moord
ʼn 15-jarige seun is na bewering die naweek tydens betogings in Limpopo deur die polisie doodgeskiet. Dit is die sesde betoger wat reeds vanjaar dood is weens polisie-optrede by betogings.
382 Nepalese bouers sterf met bou van sokkerstadions in Katar
Minstens 382 Nepalese, en verskeie bouwerkers aan die sokkerstadions wat vir die 2022 Sokker-wêreldbekertoernooi in Katar gebou word, is reeds dood.
Video: Groot aardbewing in Griekeland
Die Griekse dorp Lixourion op die eiland Caphalonia, aan die westekant van die Griekse skiereiland, is Sondagmiddag deur ‘n aardbewing van 6,1 op die momentmagnitudeskaal getref.
Amcu-staking gaan voort
Stakende platinummynwerkers van Rustenburgse platinummyne gaan Maandag deur die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) toegespreek word oor Vrydag se onderhandelinge.
Grammy-wenners gekroon
Die 56ste jaarlikse Grammy-toekennings het Sondagaand tydens ‘n skouspelagtige geleentheid in Los Angeles die beste van die beste in die wêreld se musiekbedryf bekroon.
Nuuskommentaar: Terreur teen Sanral
Die bomdreigement en die twee pakkies wit poeier wat Sanral ontvang, en sy werksaamhede nou reeds drie keer binne enkele dae ontwrig het, dui ook nie op die werk van ‘n groot, georganiseerde organisasie nie. Die impak wat dié dade het, is egter “doeltreffend” en die deur is nou vir na-apers geopen.
Só lyk Steve en Janine op hul troudag
Steve Hofmeyr het Maandag ʼn lusmaker-foto gelaai nadat hy en Janine van der Vyver Saterdag stil-stil die knoop deurgehaak het.