Die rockster-filantroop sir Bob Geldof se 25-jarige dogter is Maandag dood aangetref.
Lees meerAlles vir Maandag 7 April 2014
Reeksverkragter kry 22 keer lewenslange vonnisse
ʼn Reeksverkragter is Maandag in die Secunda-streekshof in Mpumalanga tot 22 keer lewenslange tronkstraf gevonnis.
Video: Betaal voor jy petrol ingooi
By sommige vulstasies in Gauteng word motoriste nou gevra om eers te betaal vir die brandstof voordat dit in hulle voertuie getap word.
Meer as halfmiljoen kinders in pleegsorg
Meer as 500 000 Suid-Afrikaanse kinders is in pleegsorg, het die minister van maatskaplike ontwikkeling Maandag gesê.
Man vas na tref-en-trap
ʼn 38-jarige man is Maandag in Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man doodgery het en van die toneel af weggejaag het.
Ma verskyn in hof oor baba op snelweg
Die 19-jarige ma wat haar sestien maande oue baba langs die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit in Gauteng gelos het, het vandag in die Vereeniging-landdroshof verskyn.
Baba se lykie in asblik gekry
Die lykie van ʼn baba is Maandag in ʼn asblik in Honeydew, Johannesburg gevind.
“SA’ners loop deur onder misdaad” – Oscar Pistorius
Oscar Pistorius se moordverhoor het Maandag in die Pretoriase hooggeregshof verdaag omdat hy te uitgeput was om voort te gaan.
Sewe vas vir renosterstropery
Sewe mense wat in verband met renosterstropery in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem is, het Maandag in die Phalaborwa-landdroshof verskyn.
Video: “SOE ondersoek nie Zuma”
Die spesiale ondersoekeenheid sê hy word glad nie deur die president beïnvloed in sy ondersoek oor Nkandla nie. Vas Soni van die SOE sê ook hulle ondersoek slegs die aanskaffingsprosedures van die departement van openbare werke.
Video: “Hoekom ons die EFF ondersteun”
Cobus Roode en Corrie Gordon, twee Afrikaanse sakemanne van Noordwes, het besluit om by die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) aan te sluit na hulle die party se verkiesingsmanifes onder oë gehad het.
Video: Verkragter vra om verskoning
Die Oos-Kaapse hooggeregshof het Xolile Tose (33) tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n sesjarige meisie. Sy is so erg beseer dat sy permanent ‘n kolostomiesakkie moet dra.
Dewani spoedig amptelik aangekla
Shrien Dewani sal amptelik van die moord op sy vrou, Anni, aangekla word, wanneer hy Dinsdag in Kaapstad aankom nadat hy vroeër aan Suid-Afrika uitgelewer is.
Oscar Pistorius-moordverhoor: “Ek wil nooit weer aan vuurwapen raak nie”
Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het Maandag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê hy wil nooit weer aan ʼn vuurwapen raak nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het nie.
PTA-tiere tydelik na JHB-dieretuin geskuif
Twee tiere van die Pretoria-dieretuin is na die Johannesburgse dieretuin geskuif terwyl daar opknappingswerk aan hul kamp gedoen word.
Oscar Pistorius in die getuiebank
Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het Maandag aan Reeva Steenkamp se familie en vriende om verskoning gevra nadat hy haar op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het.
Amcu-staking: Rustenburg-besighede sluit; voedingskemas in skole begin
Laerskole in Rustenburg in Noordwes moes met voedingskemas begin en banke het in een week nagenoeg 300 voertuie teruggeneem weens die invloed van die voortslepende Amcu-staking.
Japan dreig om Noord-Koreaanse missiele neer te skiet
Itsunori Onodera, Japan se minister van verdediging, het opdrag gegee dat enige Noord-Koreaanse middelafstandmissiel wat lyk of dit op Japanse grondgebied kan afkom, neergeskiet moet word.
SAUK-baas tot priester georden
Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se waarnemende bedryfshoof, is oor die naweek tot ʼn priester georden, het The New Age Maandag berig.
Fondse vir Heilbron-konsentrasiekamp
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Maandag gesê hy gaan fondse bewillig vir die instandhouding van die Heilbron-konsentrasiekampbegraafplaas.