Ewald Booysen (32) wat ʼn negejarige meisie van Rheenendal in die Wes-Kaap verkrag het, het Vrydag die gemeenskap versoek om hom te vergewe, het die SAUK berig.
Lees meerAlles vir Vrydag 30 Mei 2014
Video: Anonieme skenker gee geld weg
Iemand wat koeverte vol kontant in San Francisco in Amerika wegsteek, veroorsaak tans ʼn oproer op sosiale media.
Man gevonnis wat boetie verkrag
ʼn 20-jarige man van Empangeni in KwaZulu-Natal is gevonnis vir die verkragting van sy sewejarige boetie.
Tiener sterf tydens wetenskapeksperiment
Chauncey Davids (14) van Mitchellsplein in Kaapstad is Donderdag dood toe hy ʼn wetenskapeksperiment by sy huis wou naboots, berig Eyewitness News.
“Huursoldate” hou Affies uit twee kragmetings
Die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria het besluit om die rugby-kragmetings met Garsfontein en Menlopark te kanselleer, omdat dié skole glo van post-matrieks of sogenaamde “huursoldate” gebruik maak.
Goeie nuus vir motoriste
Die departement van energie het Vrydag ʼn daling in die petrolprys aangekondig.
Konstruksiewerker lewend begrawe
ʼn Konstruksiewerker is Donderdag dood toe ʼn sloot, waarin hy gewerk het, in Missionvale naby Port Elizabeth meegegee het.
Fietsryer kritiek ná trok hom tref
ʼn Fietsryer, in sy 30’s, is in ʼn kritieke toestand nadat hy Vrydagoggend deur ʼn 10 ton-vragmotor naby Potchefstroom in Noordwes getref is.
Die wêreld se eerste olifant-selfie
ʼn Olifant by die West Midlands Safari-park in Worcestershire, Engeland, het ʼn selfie op ʼn besoeker se selfoon geneem toe die instrument in die dier se hok beland het.
Boer van Malalane vermoor
Riaan van den Berg, ʼn suikerrietboer van Malalane in Mpumalanga, is Vrydagoggend dood in sy huis aangetref.
Woord: knok
Ken jy die woord “knok” en “knokkelig” en selfs “knokkig”? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor dié interessante Afrikaanse woord.
Dubbele bondel vreugde vir bekende sangpaar
Willie en Natasha Joubert, ʼn bekende sangpaar van Gauteng, het Vrydagoggend die trotse ouers van ʼn tweeling geword.
Drukkies vir die ruimtemanne
‘n Nuut-ontwerpte ruimtepak is só ontwerp dat geliefdes tuis vir die ruimtereisiger in die Internasionale Ruimtestasie, drukkies kan stuur
Enigiets is moontlik by Innibos
Innibos se amptelike program is die naweek by die fees se gratis konsert in Nelspruit bekendgestel, en vanaf 2 tot 5 Julie sal die Laeveld weer die tuiste wees vir van die land se beste kunstenaars.
Subaru – waarom so skaars?
Dit is dikwels onbegryplik dat voertuie so puik soos die hele Subaru-reeks so sukkel om kopers se verbeelding aan te gryp.
Video: Koeldrank laat jou glo maats maak
Coca Cola se nuwe advertensie probeer jou oortuig dat jy, danksy ‘n koeldrankdoppie wat nie kan oopmaak nie, nuwe maats gaan maak!
Vrou se familie word gesoek
ʼn Vrou wat vermoedelik verstandelik gestremd is of demensie het, is tans in die sorg van ʼn barmhartige samaritaan in Johannesburg wat dringend op soek is na haar familie.
Tiedt se parool dalk in gedrang na ongeluk
Die departement van justisie en korrektiewe dienste sê hy sal ondersoek instel na die ongeluk waarin Reinach Tiedt, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, betrokke was en afhangende van die bevindinge kan dit moontlik lei tot die opskorting van sy parool.
Nuuskommentaar: Die Nongqawuse-sindroom en die platinumstaking
Elke sekonde wat aftik, verloor die stakende mynwerkers op die platinumgordel nog meer geld, en so ook die mynhuise wat geraak word.
Lokprent: ʼn Brit in Brandfort
Die eerste internasionale lokprent van die rolprent Leading Lady word vandag om 12:00 eksklusief vir die eerste keer deur Maroela Media en Dark Matter Studios bekendgemaak.