‘n Chinese man het $40 000 (R424 000) betaal om vier Imax-teaters te bespreek vir die eerste vertonings van die rolprent ‘Transformers’ om vir sy voormalige meisie te wys sy was verkeerd toe sy hom sewe jaar afgesê het omdat hy arm was.
Lees meerAlles vir Saterdag 28 Junie 2014
US in rou na dood van rektor
Die raad van die Universiteit van Stellenbosch het sy innige medelye met prof. Russel Botman se vrou, kinders, familie en die universiteit se personeel en studente uitgespreek na sy afsterwe.
Google-werknemer se dogtertjie skryf brief en vra vir verlof vir pa; Google antwoord
‘n Werknemer van Google se dogtertjie het ‘n brief aan haar pa se werkgewer geskryf en hulle gevra om vir hom ‘n dag se verlof te gee vir sy verjaardag.
Christoff Becker se ma glo afgepers; Valke ondersoek
Die Valke ondersoek ‘n saak van bedrog nadat Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof vier, se ma glo deur een van haar seun se mede-gevangenes afgepers is.
Kind sterf in N3-botsing
‘n Kind is Saterdagoggend dood na ‘n botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n motor in Van Reenenspas op die N3 in KwaZulu-Natal.
Waardigheid van ontkleeklub se dansers bevraagteken
Eksotiese dansers wat in ‘n eksklusiewe gedeelte by die Kaapse ontkleeklub Mavericks werk het dalk verplig gevoel om te werk terwyl hulle menstrueer, berig die Saturday Star.
Prof. Russel Botman oorlede
Prof. Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch , is Saterdagoggend oorlede.
Tshwane-metro wil glo twee hoë’s skors
Die Tshwane-metroraad het aangedui dat hy sy hoof finansiële beampte en strategiese uitvoerende direkteur in die stadsbestuurder se kantoor wil skors, berig die Saturday Citizen.
Gevangene sterf na hy 20 kondome sluk
‘n Thaise gevangene is dood nadat hy 20 kondome wat met die dwelmmiddel metamfetamien gevul was, gesluk het.
Petisie oor haar jagfoto’s op Facebook
Meer as 37 000 mense het reeds ‘n petisie onderteken wat versoek dat Facebook ‘n beroepsjagter van Texas op dié sosiale netwerk verbied aangesien sy “dieremishandeling bevorder.”
Solidariteit verlaag Eskom-looneis
Die vakbond Solidariteit het aangedui dat hy sy looneis aan Eskom gaan verlaag ten einde die gaping tussen die werkgewer se aanbod en sy eis te verklein.
AfriForum vra SAUK vir duidelikheid oor Afrikaanse TV-uitsendings
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ‘n dringende skrywe aan die SAUK gestuur en duidelikheid versoek oor die toekoms van Afrikaanse programme op die openbare uitsaaier se televisiekanale.
Man sterf in R21-botsing
‘n Man is dood en nog ‘n persoon het ernstige beserings opgedoen nadat ‘n vragmotor en ‘n motor vroeg Saterdagoggend op die R21 naby die Tembisa-afrit gebots het.
Cosatu: ‘Regering twyfel oor e-tol’
Cosatu sê die premier van Gauteng, David Makhura, se besluit om ‘n paneel aan te stel om e-tol te hersien, wys dat die regering twyfel oor die omstrede stelsel.
Gedagte vir die dag: Egte wonders
Mark 1:42-44 – “Sy melaatsheid het onmiddellik verdwyn en hy het gesond geword. Jesus het hom dadelik weggestuur, nadat Hy hom ernstig aangespreek en vir…