Sewe mense is dood en nege mense is beseer in ‘n botsing reg voor op die R37 buite Polokwane, Limpopo.
Lees meerAlles vir Saterdag 19 Julie 2014
Man in sloot vasgekeer
‘n 29-jarige man is in ‘n sloot by ‘n huis in Isipingo in Durban, KwaZulu-Natal vasgekeer.
Drie in hof na moord op polisieman
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n polisiebeampte vermoor het, het in die Ritavi-landdroshof in Limpopo verskyn.
Persombudsman verwerp klag teen Beeld
Die persombudsman het ‘n klag teen Beeld oor die gebruik van die woord “monster”, om ‘n man van Springs te beskryf wat daarvan beskuldig word dat hy sy kinders aangehou en mishandel het, verwerp.
Maleisië eis dat MH17-ongelukstoneel beskerm word
Maleisië se departement van vervoer het Saterdag sy medelye uitgespreek met die oorledenes van vlug MH17 en terselfdertyd sy kommer uitgespreek oor die ongelukstoneel wat nie behoorlik beveilig is nie.
Baba sterf na ma hom in motor los
‘n Eenjarige baba is dood nadat sy ma hom in ‘n motor in die son gelos het in die suide van Frankryk.
Johannesburg glo uit R200 m. bedrieg
Winkelsentrums, hotelle, eiendomsagentskappe en motorhandelaars in Johannesburg het glo saamgespan om die stad uit meer as R200 miljoen te bedrieg, berig The Saturday Star.
Romeine het reeds 2 000 jaar gelede slaggate herstel
‘n Baie besige Romeinse-pad in Brittanje wat kort na die tyd van Christus in gebruik was, het ook slaggate gevorm, maar dit is weer behoorlik herstel.
Foto’s: Só lyk wagter onder die water
Het jy al ooit gewonder hoe wagter van onder die water af lyk wanneer hy agter ‘n tennisbal in die swembad in spring?
JPSA eis dat Sanral kentekens, blou ligte van voertuie verwyder
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moet die Gautengse verkeerspolisie se kentekens, blou ligte en sirenes van sy voertuie verwyder, het Justice Project South Africa (JPSA) geëis.
Veghond-aanval: Vrou se naam bekend
Die naam van die 45-jarige vrou wat Donderdagaand in Oos-Londen deur Amerikaanse veghonde doodgebyt is, is deur die polisie bekend gemaak.
Katar koop glo spelers uit Afrika vir Sokkerwêreldbeker
Katar het alles – ‘n suksesvolle bod om die Sokkerwêreldbeker in 2022 aan te bied, lugverkoelde stadions wat voltooiing nader, die land is sokkermal, baie geld – behalwe die spelers om hond haaraf te maak.
Gesin uitgewis in MH17-vlugramp
‘n Gesin van ses wat teruggekeer het na Maleisië nadat hulle vir drie jaar oorsee gebly het, was passasiers op vlug MH17 wat glo in Oekraïne neergeskiet is.
Minister wil e-tol-vervolging eers briek
Dipuo Peters, minister van vervoer, het versoek dat die vervolging van motoriste wat nie e-tolrekeninge betaal nie, vir eers op ys geplaas word.
Twee vas vir mensehandel
Twee Nigeriërs is in Rustenburg, Noordwes vir mensehandel in hegtenis geneem nadat hulle ‘n vrou glo in prostitusie ingedwing het.
Gedagte vir die dag: Goeie leiding
2 Kron 34:33 – So lank hy geleef het, het hulle nie weggedraai van die Here, die God van hulle voorvaders, af nie. “As ek…