Don en Maxine Simpson was vir meer as 60 jaar saam en het op hul sterfbeddens hande vasgehou voor hulle ure uitmekaar oorlede is.
Lees meerAlles vir Woensdag 6 Augustus 2014
Wildsbokke uitgesit weens onwettige vervoer
Agt Sitatunga-wildsbokke wat op onwettige wyse van die Praag-dieretuin in die Tsjeggiese Republiek na Suid-Afrika gebring is, moes deur die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) van kant gemaak word.
Oscar Pistorius-advertensie moet onttrek word
Die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) het beslis dat ‘n koerantadvertensie wat verwys na Oscar Pistorius wat vir sielkundige waarneming gestuur is, onmiddellik onttrek moet word.
DBV lê klagtes na voorval by Modise-plaas
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) sê hy het klagtes van intimidasie, aanranding en ontvoering aanhangig gemaak na ‘n voorval op Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, se plaas in Noordwes.
Sewe in hof ná moord op sesjarige en haar tannie
Sewe mense wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n sesjarige meisie en haar 41-jarige tannie vermoor het, het in twee groepe in die Hankey-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn.
Man vas na hy glo tienermeisie verkrag
‘n 24-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 14-jarige verstandelik gestremde meisie in Soweto verkrag het.
Boek: Die Dingesfabriek: Jannus en Kriek op die maan
Nuwe reeks uit die pen van Elizabeth Wasserman, spreek tot jonger lesersgroep as Speurhond Willem-reeks. Wetenskap-invalshoek met fantasie-element, avonture van dié maltrap-gesin sal kinders se verbeelding aangryp. Loer gerus ook na die oulike video onderaan!
Video: Na tien jaar is ruimtetuig by komeet
Die Rosetta-ruimtetuig van die Europese Ruimte-agentskap kom Woensdag ná tien jaar by sy eindbestemming, die komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko aan.
Klank: Slotbetoë in Oscar Pistorius-saak aangehoor
Die begin van die finale hoofstuk van Oscar Pistorius se moordverhoor hervat Donderdagoggend om half tien in die Noord-Gautengse hooggeregshof.
Westbury-skietery: Tweede verdagte vas
Die man wat saam met die vierjarige Luke Tibbetts gewond is tydens ‘n skietery in Westbury, in die weste van Johannesburg, is Woensdag in hegtenis geneem.
Video: 10 Weddenskappe wat jy altyd sal wen!
Die eenvoudige kulkunsies in dié video sal jou vriende stomgeslaan laat: en jy sal boonop baie slim lyk! Die video is binne twee weke reeds meer as 3 miljoen keer op YouTube gekyk.
Bagagedrader- Gers Pardoel
Hier is die oorspronklike weergawe van Snotkop se nuutste treffer, Agter op my fiets.
‘Verkragter’ deur polisie doodgeskiet
Die polisie in Limpopo het ‘n vermeende reeksverkragter in Mankweng buite Polokwane doodgeskiet.
Roadtrip- Kaleidoskoop
Kaleidoskoop is tans in die vyfde plek op Maroela Media se Top 20 met hierdie snit.
Juan opgeroep om Bok-krisisse te besweer
Behalwe Victor Matfield se besering is Jean de Villiers ook nog nie fiks verklaar vir die toets teen Argentinië nie. Intussen is Juan Smith vir die oefengroep opgeroep. Dit is ook moontlik dat Matfield glad nie in die Rugbykampioenskap sal kan speel nie.
Man ondervra oor Westbury-skietery
‘n Man is Woensdag deur die polisie vir ondervraging ingeneem in verband met die skietery in Westbury, in die weste van Johannesburg, waartydens die driejarige Luke Tibbetts in die kop geskiet is.
Sangpare wat verloof of getroud is of was
Kobus en Hannelie Francois en Elizabeth Fourie Philip en Ella Kotze Willie en Natasha Joubert Mynie en Jan Anders (Wynand en Lindi Delport) Francois van…
Familielid verkrag glo verstandelik gestremde tiener
Die Gautengse polisie is op soek na ʼn man wat na bewering ʼn 14-jarige verstandelik gestremde meisie verkrag het.
Radio-omroepers wat sangers geword het
Pieter Koen (Radio Rippel en Jacaranda) Riaan Grobler (Radio Rippel en Groot FM) Philip Kotze (OFM en Groot FM) Jornhé van Huyssteen (OFM) Lance James…
Aardbewing: Orkney-skole beskadig
Vier klaskamers van ʼn skool naby Orkney is erg beskading tydens Dinsdag se aardbewing, waarvan die episentrum skaars 6 km van dié Noordwes-dorp af was.