ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord van die kleuter, Cuburne Lavone van Wyk.
Lees meerAlles vir Woensdag 13 Augustus 2014
Klank: Man loop SA plat tydens gelooftog
Jurie Pieters (48) is in Junie 2013 met breinkanker gediagnoseer nadat hy sy vrou en tweeling dogtertjies in ‘n motorongeluk verloor het. Hy het egter nie op die ashoop gaan sit nie.
Munisipaliteite skuld meer as R10 miljard aan Eskom
Munisipaliteite dwarsoor die land het Eskom aan die einde van Junie meer as R10.8 miljard geskuld, volgens Pravin Gordhan, die minister van samewerkende regering.
Mosselbaai-betogers in hegtenis geneem
Altesaam 30 mense is in Mosselbaai in hegtenis geneem in verband met openbare geweld en plundering.
Worcester-polisieman dood aangetref
ʼn Polisieman (44) van Worcester in die Wes-Kaap is Woensdagoggend langs sy amptelike voertuig dood aangetref.
Drie sterf ná glas op hulle val
Die polisie en paramedici was Woensdag ure lank op ʼn toneel in Ormonde, Johannesburg, nadat verpakte glas op drie mans geval en hulle vergruis het.
Afrika se laaste ysbeer in JHB-dieretuin uitgesit
Afrika se laaste ysbeer is dood, het die Johannesburgse Dieretuin Woensdag aangekondig.
Vrou sterf ná sy by krans af ry
ʼn 49-jarige vrou is dood nadat haar motor nagenoeg 100 meter teen ʼn krans by Monteseel naby Hammarsdale in KwaZulu-Natal afgetuimel het.
Griekwastad-vonnis: “Gedra jou soos ‘n man”
Die tienerseun van Griekwastad is Woensdag deur regterpresident Frans Kgomo gevonnis vir die moorde op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14).
Boer wat in gesig geskiet is se naam bekend
Die 69-jarige boer wat Maandag tydens ʼn plaasaanval naby Zeerust in Noordwes in die gesig geskiet is, se naam is bekend.
Griekwastad-vonnis: ‘Hy het nie berou getoon nie’
Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin van Griekwastad, is Woensdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof tot effektiewelik 20 jaar tronkstraf gevonnis.
De Allende uiteindelik `n Springbok
Damian de Allende sal sy Springbokdebuut Saterdag teen Argentinië op buitesenter langs Jean de Villiers maak.
Bejaarde man geskiet tydens Cresta-rooftog
‘n Bejaarde man is geskiet en gewond nadat drie gewapende mans eers ‘n winkel in die Cresta-winkelsentrum beroof het en toe wild begin skiet het in die parkeerarea.
Drie vas oor meisie se lyk onder bed
Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 10-jarige meisie in Gugulethu in Kaapstad.
Plaasaanval: Rowers eet aandete terwyl hulle slagoffers aanhou
Twee aanvallers het hulleself aan ʼn afgetrede egpaar se aandete gehelp, nadat hulle die egpaar Maandagaand in hul plaashuis naby Groot Marico in Noordwes aangehou en aangerand het.
Een persoon gewond tydens Cresta-rooftog
Een persoon is Woensdag geskiet en gewond tydens ‘n rooftog by die Cresta-winkelsentrum in Randburg, noord van Johannesburg.
Bejaarde oorleef nag in veld ná kaping
Steve van Staden (78) van Virginia in die Vrystaat, moes ʼn aand lank buite in ʼn veld oorleef nadat kapers hom aangerand en beroof het voordat hulle hom aan ʼn paal vasgebind het.
Voertuigverkope daal steeds
Ondanks bangmaakstories wat voortgespruit het uit die bykans vier weke lange staking in die staal- en ingenieursbedryf, het voertuigverkope in Julie slegs ‘n geringe daling van 891 eenhede (-1.5%) getoon, gemeet teenoor Julie 2013, vir ‘n totaal van 57 670 eenhede.
Wildtuin gaan van sy renosters hervestig
Renosters in die oostelike grensgebied van die Krugerwildtuin gaan na sogenaamde “veilige vestings” binne en buite die wildtuin hervestig word in ‘n poging om hulle van stropers te beskerm.
Man sterf toe trokke bots
Een man is Woensdagoggend dood en ʼn ander ernstig beseer toe twee vragmotors op die N3-snelweg tussen Durban en Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal mekaar getref het.