Die ANC het Dinsdag ʼn rubriek deur Adriaan Basson, redakteur van Beeld, veroordeel waarin hy die president kritiseer.
Lees meerAlles vir Dinsdag 19 Augustus 2014
Massa-skietery by skool verhoed
Twee leerlinge is in Los Angeles in Amerika in hegtenis geneem op verdenking dat hulle ʼn massa-skietery by ʼn hoërskool beplan het.
Rasse-onluste in Amerika
Twee mense is Maandag geskiet en gewond en 31 mense is in hegtenis geneem tydens onrus in Ferguson, Missouri, waar ʼn swart tiener vroeër deur ʼn wit polisiebeampte doodgeskiet is.
Matfield bly tuis; Lambie by Bokke
Victor Matfield was nie deel van die Springbokke se marathonvlug van 22 uur na Buenos Aires nie, maar Pat Lambie is wel deel van die span.
Ebola geen bedreiging vir SA-toerisme
Die minister van kommunikasie het Dinsdag gesê die ebola-uitbreking in Wes-Afrika hou nie ʼn bedreiging vir toerisme in Suid-Afrika in nie.
Motsoeneng ʼn “giftige invloed”, sê DA
Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, moet so gou as moontlik geskors word omdat hy ʼn “giftige invloed” is wat enigiets sal doen om te kry wat hy wil hê, het die DA Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangevoer.
Video: Grootse Afrikaanse Liedjie: Hier kom die CD!
Koos du Plessis se “Kinders van die wind”, wat verlede jaar as die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye aangewys is, is weer opgeneem deur ‘n groep Afrikaanse kunstenaars vir ‘n spesiale CD.
Man vas ná gru-steekmoord
‘n Man is in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die gru-moord die naweek in Bryanston waar ‘n vrou ongeveer 50 keer met ‘n skerp voorwerp gesteek is.
Foto’s: Polisiespeurders vas na hulle glo dossier verkoop
Die Valke in die Wes-Kaap het Maandagmiddag twee speurders in Mitchells Plain in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.
Carl Pistorius uit hoësorgeenheid ontslaan
Carl Pistorius, Oscar Pistorius se broer, is uit die hoësorgeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal ontslaan nadat hy vroeër vandeesmaand in ʼn ernstige botsing buite Modimolle, Limpopo, betrokke was.
“Koester jou kinders elke oomblik” – sê Centurion-tiener se pa
Daar het ʼn somber atmosfeer geheers toe Catelin de Witt (14) se ouers Dinsdag die media toegespreek het ná ʼn skiettragedie haar lewe Vrydagmiddag in Amberfield Glen in Centurion geëis het.
Veiligheidswag doodgeskiet ná hy rowers agternasit
ʼn Veiligheidswag is doodgeskiet nadat hy gewapende rowers in Mitchells Plain, Kaapstad agternagesit het.
Onthoofde lyk in Durban-stadion gevind
Munisipale werkers het Maandag op ‘n onthoofde lyk afgekom terwyl hulle ‘n stadion in Durban, KwaZulu-Natal skoongemaak het, berig die Daily News.
Foto’s en video: Hedendaagse “koets” as troumotor
Dié PT Cruiser-limousine is in Rusland omskep in ʼn hedendaagse koets wat vir troues en ander spesiale geleenthede gebruik kan word.
Polisiebeampte, hofordonnans in Pta-hof geskiet
‘n Polisiebeampte en ‘n hofordonnans is Dinsdagoggend in die Pretoriase landdroshof geskiet.
City Power-werknemers vas vir kabeldiefstal
Vyf werknemers van City Power, wat vir Johannesburg se kragbestuur verantwoordelik is, is in hegtenis geneem vir die diefstal van miljoene rande se kabels.
Uitdrukking: Iemand timmer nie hoog nie
Ken jy dalk ‘n paar mense wat nie hoog timmer nie? Lees vandag se Taaltoffie om meer oor dié uitdrukking te wete te kom!
Resep: Koeksisters
Volgens dié resep maak ‘n mens die stroop en deeg die vorige aand en doen die vleg- en bakwerk die volgende dag.
Twee hofordonnanse in Pta-hof geskiet
Die polisie het bevestig dat twee hofordonnanse in die Pretoriase landdroshof geskiet is.
Nuuskommentaar: Die graad is nie vals nie, ek het hom sélf gekoop
Uiteindelik kan slegs iemand wat hard gewerk het om sy of haar kwalifikasie eerlik te verwerf, met trots oor die podium stap. En slegs dan kan die ouers en ander wat gekom het om daarin te deel, ook trots wees.