Victor Matfield en Willem Alberts is terug in die Springbokgroep ná hulle beserings die afgelope weke, en Marcel van der Merwe is as stut opgeroep in die plek van die beseerde Frans Malherbe, wie se seisoen verby is.
Lees meerAlles vir Maandag 25 Augustus 2014
Vyf in hof oor onthoofde liggaam
Vyf mense het Maandag in die Chatsworth-landdroshof verskyn in verband met die moord en onthoofding van ʼn vrou.
Video: Woef sê “groet en glimlag!”
‘n Afgetrede polisieman en sy twee honde veroorsaak dikwels effense konsternasie op sommige Kaapse paaie
Video: Stap vir ‘n goeie doel
Duisende stappers het aan die jaarlikse Blisters For Bread-fondsinsameling in Kaapstad deelgeneem.
Video: Ebola raak Afrika-toerisme
Duisende toeriste wat beplan het om Afrika vanjaar te besoek word deur ebola afgeskrik.
Rekenmeester het geld by vigswesies gesteel
Allan Mark Leaser (47), ʼn rekenmeester met ʼn dobbelprobleem, is Maandag in ʼn hof gevonnis nadat hy van die Anglikaanse Vigs- en Gesondheidsorgtrust gesteel het.
Nelspruit-vrou gevonnis wat vriendin vermoor
ʼn Ma van Mpumalanga wat haar verstandelik gestremde vriendin vermoor het, is Maandag in die Nelspruitse streekshof gevonnis.
Ollie vertrap dalk stroper
ʼn Olifant het glo ʼn man by die Mapungubwe-wêrelderfenisterrein in Limpopo vertrap, het SANParke Maandag gesê.
Medunsa-studente in hof oor vandalisme
Vyf studente van die Mediese Universiteit van SA (Medunsa) het Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn in verband met onlangse gewelddadige betogings by die Ga-Rankuwa-kampus.
Man voor Kaapstad-hof doodgeskiet
ʼn Man is Maandagmiddag dood en twee ander is beseer na ʼn skietery buite die Bishop Lavis-landdroshof in Kaapstad.
MTN beplan reuse-afleggings: Solidariteit
Die vakbond Solidariteit sê die selfoonnetwerk-diensverskaffer MTN het Vrydag in ’n artikel 189-kennisgewing aan werknemers aangedui dat hy sowat 847 personeellede in bestuursposte wil aflê.
NVG lê beslag op miljoene rand se bates ná vrou glo Kaapstad bedrieg
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het beslag gelê op bates ter waarde van nagenoeg R32 miljoen van ʼn Taiwannese vrou nadat sy glo die stad Kaapstad bedrieg het.
Maroela Media gee beurse aan uitsonderlike joernalistiek-studente
Twee studente aan die Noordwes-Universiteit het Maandag elkeen ʼn beurs van R7 000 ontvang vir hul besonderse bydrae wat hulle op die Potchefstroom-kampus tot die joernalistiek lewer.
Toe wél ebola in DRK
Die Demokratiese Republiek van die Kongo het bevestig dat ebola ook in dié land uitgebreek het.
Dwelmnes in Kaapstad oopgevlek
ʼn 38-jarige uitlander verskyn Maandag in die Kaapstadse landdroshof in verband met ʼn groot hoeveelheid dwelmmiddels wat glo in sy besit gevind is.
Wydverspreide sneeu vandeesweek verwag
Dit is dalk nog bietjie te vroeg om jou winterklere weg te pak, aangesien Snow Report pas bevestig het nog sneeu word vandeesweek verwag.
Baie beseer in Kalifornië-aardbewing
Sowat 170 mense is in hospitale opgeneem nadat ʼn aardbewing van 6 op die momentmagnitudeskaal Sondag net noord van San Franciscobaai voorgekom het.
Foto’s en klank: Solidariteit en Cosatu betoog teen uitstel van Aurora-hofsaak
Die saak teen Aurora se direkteure, onder wie Khulubuse Zuma, president Jacob Zuma se broerskind en Zondwa Mandela, kleinseun van oudpresident Nelson Mandela, is Maandagoggend in die Noord-Gautengse hooggeregshof uitgestel.
Vrystaat-boere word met plaasveiligheid gehelp
Die Agri Securitas Trustfonds het Maandag aangekondig dat hy finansiële ondersteuning gaan bied aan Vrystaat Landbou se aksieplan om plaasmisdrywe in die provinsie te bekamp.
Sê nee vir “transformasie”
Die ANC het die afgelope 20 jaar daarin geslaag om die woord “transformasie” en die ideologiese inhoud wat dié party aan die woord gee, as ’n heilige koei in die openbare debat te vestig. Niemand durf dit waag om openlik daarteen standpunt in te neem nie, skryf Kallie Kriel.