‘n Vrou is ongedeerd nadat ʼn veldbrand haar in haar huis op ‘n plaas naby Potchefstroom in Noordwes vasgekeer het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 30 September 2014
Weerwaarskuwing vir Durban uitgereik
Die eThekwini-munisipaliteit het Dinsdag ʼn weerwaarskuwing vir Durban uitgereik.
Juffrou nie skuldig aan rassisme
ʼn Onderwyseres van die Nasionale Kunsskool in Braamfontein is onskuldig bevind aan rassisme ná ʼn voorval vroeër vanjaar.
Sasol Solar Challenge: Halfpad op pad!
Plaaslike en internasionale spanne wat aan die Sasol Solar Challenge deelneem, het Dinsdag die afstand tussen Colesberg en Graaff-Reinet afgelê.
Verdagte pakkie by Sandton Gautrain-stasie
Bedrywighede is Dinsdag by die Gautrain-stasie in Sandton ontwrig toe ʼn verdagte pakkie opgespoor is.
Gauteng-waterkrisis grootliks opgelos
Inwoners van Gauteng wat nog steeds nie water het nie, is Dinsdag versoek om met Rand Water in verbinding te tree.
Rowers vinnig in PTA aangekeer
Danksy die vinnige optrede van die Sinoville-polisie en Sinoville GPF is twee gewapende rowers Dinsdag in hegtenis geneem kort nadat hulle by ʼn huis in die noorde van Pretoria ingebreek en ʼn vrou aangehou het.
Man sterf tydens kitsbankrooftog in Marble Hall
ʼn Veiligheidswag is Maandagaand dood en een is gewond nadat kitsbankrowers by ʼn winkelsentrum in Marble Hall, Limpopo, op hulle losgebrand het.
Uitslag van e-tolpeiling glo kommerwekkend
ʼn Opname onder padgebruikers het aan die lig gebring dat 80% van mening is dat die e-tolstelsel se administratiewe diens “baie swak” is.
Resep: Waterblommetjiebredie
Bederf jou gesin met dié beproefde waterblommetjieresep.
Boek: Makietie
Die Kokkedoor-wenners (Tiaan en Mynhardt) se eie resepteboek wat ook aansluit by hulle TV-program genaamd Makietie.
Video: Dowwe Dolla moet óók belasting betaal!
Is jy raadop met jou belastingvorms? Geen probleem nie: Dowwe Dolla het vir jou raad!
Woord: paaiboelie
‘n “Paaiboelie” is iets of iemand waarmee jy iemand anders bangmaak! Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting.
Theuns Eloff se ope brief aan Blade Nzimande
Agbare minister Nzimande, ek was verbaas om van u aanvalle op die NWU, die Raad van die NWU, die bestuur van die Potchefstroomkampus en die vorige visekanselier, te lees.
Vooraanstaande taalkundiges uit Nederland in Suid-Afrika
Vyf vooraanstaande taalkundiges uit Nederland neem hierdie week deel aan ʼn werkswinkel om te help om Afrikaans omvattend te beskryf. Hierdie werkswinkel is een van die eerste inisiatiewe van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).
R2.5 miljoen vir stryd teen JHB-rotte
Die stad Johannesburg het R2.5 miljoen toegeken om die rotplaag in die stad te bestry.
Paartjie los groot fooitjie ondanks swak diens
ʼn Jong paartjie van die Amerikaanse deelstaat Iowa het vir ʼn kelner ʼn groot fooitjie gelos ondanks swak diens en sodoende ʼn internetsensasie veroorsaak.
Malibongwe-padwoede: Verhoordatum bekend gemaak
Meekahefele Masooa wat aangekla word dat hy ʼn motorfietsryer tydens ʼn padwoedevoorval doodgeskiet het, sal na verwagting volgende jaar eers sy lot weet.
Malema sal eers later oor bedrogsaak hoor
Die bedrogverhoor van Julius Malema en sy medebeskuldigdes is Dinsdag in die Polokwane-hooggeregshof uitgestel.
Diereliefhebbers waag lewens om poolhonde te red
Diereliefhebbers het Sondag ʼn groot swerm bye getrotseer om poolhonde in ʼn skuiling in Lanseria van ʼn gewisse dood te red.