Twee olifante is buite Bulawayo in Zimbabwe doodgeskiet en inwoners het hulle opgesny vir vleis, volgens ooggetuies en mediaberigte.
Lees meerAlles vir Saterdag 21 Februarie 2015
Nood-instandhouding beïnvloed elektrisiteittoevoer in Jhb
Die Nirvana-substasie in Lenasie gaan Saterdagaand afgeskakel word vir noodinstandhoudingswerk, het City Power gesê.
Forensiese beampte vas wat glo bewyse terughou
‘n Misdaadkenner van die polisie wat verskeie hoëprofielsake hanteer, gaan verhoor word nadat hy glo bewyse en verslae teruggehou het in ruil vir kontant, het die polisie Saterdag gesê.
Student wat urineer het “net ‘n grappie” gemaak
Djavan Arrigone, ‘n student van die Universiteit van Kaapstad, het aan die Wynberg-landdroshof gesê hy het gedink dit is snaaks toe hy van die balkon van ‘n nagklub ge-urineer het, het die Saturday Star berig.
TUT-klasse hervat Maandag
Klasse by alle kampusse van die Tshwane Universiteit van Tegnologie sal Maandag hervat ná betogings die bestuur genoop het om bedrywighede op te skort.
Frankryk besorg oor ANC se onteienings- en beleggingswetsontwerpe
Elisabeth Barbier, die Franse ambassadeur in Suid-Afrika, het in ʼn gesprek met die VF Plus haar kommer uitgespreek oor die ‘rigting’ wat die ANC-regering inslaan en sê hulle voel nie ‘gemaklik’ oor Franse beleggings in Suid-Afrika nie.
Zuma ‘mislei’ oor swart eienaarskap op JSE
President Jacob Zuma mislei Suid-Afrikaners met die bewering dat slegs 3% van die aandele op die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) deur swart Suid-Afrikaners besit word en blaas daardeur rassespanning aan, het Solidariteit gesê.
Stellenbosch-bylmoorde: Marli toon verbetering
Marli van Breda, wat ʼn aanval op haar gesin in Stellenbosch oorleef het, toon glo emosie, alhoewel sy nog nie kan praat nie, het die Saturday Citizen berig.
Video’s: Brand by hoogste woonstelblok
ʼn Groot brand het Vrydag by die Torch-toring in Dubai uitgebreek.
Mamba ontwrig watertoevoer in Zimbabwe
ʼn Dodelike swartmamba verhinder tegnici wat werk by ʼn nuwe wateropgaartenk in Zimbabwe wil afhandel.
Polisieman skiet swanger meisie, pleeg selfmoord
ʼn Polisiebeampte van KwaDabeka in KwaZulu-Natal het sy swanger meisie gewond voordat hy selfmoord gepleeg het.
Video: Suzelle en ander bekendes vier internasionale moedertaaldag
Nal’ibali het spesiaal vir internasionale moedertaaldag ʼn video saamgestel waarin bekendes stories in tale lees wat hulle nie verstaan nie.
Joemat-Pettersson stel taakspanne aan
Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, het taakspanne aangestel om bewerings teen die Suid-Afrikaanse Kernkragkorporasie (Necsa) en die nasionale radioaktiewe afvalverwyderingsinstituut (NRWDI) te ondersoek.
Polisie stuit rowers
Vyf mense is Vrydag in Grabouw in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man beroof het nadat hy geld by ʼn bank getrek het.
Video: Woede oor buitelandse ingenieurs
AfriForum het die departement van water en sanitasie skerp gekritiseer oor sy besluit om 35 Kubane aan te stel wat met die opgradering van die land se waterinfrastuktuur moet help.
Video: Solidariteit, DKD betwis hofbeslissing
Die regering se omstrede regstellende aksie-beleid was wéér in kollig toe die vakbond Solidariteit en die departement van korrektiewe dienste mekaar in die arbeidsappèlhof in Kaapstad gepak het.
Gedagte vir die dag: Kampioen druiweboer
Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, so dat dit nog meer vrugte kan dra. (Joh 15:1-2)