ʼn Video van ʼn bulhond wat op ʼn motor se toeter lê, is baie gewild op sosiale media.
Lees meerAlles vir Dinsdag 7 April 2015
‘Verkragter’ raak glo bo-op slagoffer aan die slaap
ʼn Man van KwaZulu-Natal is oor die naweek in hegtenis geneem nadat hy aan die slaap geraak het terwyl hy glo sy verhuurder verkrag het.
Video: Man dreig met kettingsaag tydens padwoedevoorval
ʼn 37-jarige man is Maandag in Quebec, Kanada in hegtenis geneem nadat hy ʼn vrou met ʼn kettingsaag gedreig het.
Video: Likkewaan uit fabriekspyp gered
ʼn Reptielhanteerder het Dinsdag ure lank gespook om ʼn likkewaan te red wat in ʼn pyp vasgesit het by ʼn fabriek in Prospecton in Durban, KwaZulu-Natal.
EFF wil glo Kampsbaai, Bishopscourt beset
Nazier Paulsen, EFF-LP, het gesê die Ekonomiese Vryheidsvegters beplan om die meer gegoede dele van Kaapstad te beset.
Video: KKNK-debat oor vryheid van spraak
Die netelige kwessie van haatspraak teenoor vryheid van spraak is op die spits gedryf tydens ‘n debat by die KKNK.
ToekomsVenster: Gebreek deur keuses
Ds. Jannie Pelser vra in vandag se ToekomsVenster-oordenking dat ons nadink oor die verkeerde keuses in ons lewens en die gevolge daarvan.
ANC ondersteun verwydering van standbeelde, maar…
Die ANC het Dinsdag gesê dat hy die verwydering van verdelende koloniale en apartheidsera-standbeelde ondersteun, mits openbare gesprekke eers daaroor gevoer word.
Luister: Alison deel verhaal van krag en dapperheid
Towerkop Creations gaan Alison Botha se verhaal van krag, dapperheid en hoop vertel in ʼn dokumentêre rolprent, genaamd Alison.
Zuma-segsman tree af
Pres. Jacob Zuma se jarelange adviseur en woordvoerder, Mac Maharaj, sal einde April aftree, het die presidensie Dinsdag aangekondig.
VN sê mensdom kan nóg dodelike siektes opdoen
Die mensdom kan binne die afsienbare toekoms tot vyf nuwe siektes per jaar by diere oorneem, sommiges veel erger as ebola, aldus die Verenigde Nasies.
Beurtkrag Dinsdagmiddag toegepas
Eskom het aangekondig dat daar Dinsdagmiddag beurtkrag toegepas sal word.
Boer op Limpopo-plaas aangeval
Eugene du Toit, ʼn boer van Limpopo, is Sondag in die vroeë oggendure op sy plaas tussen Groblersdal en Marble Hall aangeval. Na wat verneem word, is Du Toit nie ernstig beseer nie.
Afrikaans 90: My moedertaal!
Jak de Priester sê sy moedertaal is die taal van sy hart, dit wat hom gewortel laat voel.
Sasol-mynwerkers eis R80 m
ʼn Siviele regsgeding van R80 miljoen is teen Sasol aanhangig gemaak vir skadevergoeding aan mynwerkers wat longkwale opgedoen het.
‘Wonderbaba’ van Formule 1 het tuis nog nie rybewys
Op 16 is Max Verstappen aangewys om as Formule 1-jaer lid te word van die Torro Rosso-span. Nietemin moet hy nog wag tot sy 18de verjaardag om ’n rybewys in sy tuisland, Nederland, te kry.
Uitdrukking: Lag soos ‘n boer met tandpyn
Ken jy die uitdrukking “lag soos ‘n boer met tandpyn”? Lees vandag se Taaltoffie vir meer oor dié uitdrukking.
100-jarige vermoor vrou; pleeg selfmoord
ʼn Honderdjarige man van New Jersey in die VSA het Sondag na bewering sy slapende vrou met ʼn byl doodgekap voordat hy selfmoord gepleeg het.
Die werklike redes vir die aftakeling van Westerse standbeelde
Ons standbeelde word nie geteiken waarvoor hulle gestaan het nie, maar wie hulle was en wie ons is, skryf Flip Buys.
Johannesburg en Kaapstad gewild onder wêreld se superrykes
Johannesburg en Kaapstad pronk op ʼn lys van 40 wêreldstede waar multimiljoenêrs werk en speel, het City Press berig.