Senator Pat Roberts van Kansas in Amerika het Donderdag vir groot vermaak in die senaat gesorg met sy selfoondeuntjie van die bekende kinderfliek, Frozen.
Lees meerAlles vir Vrydag 17 April 2015
Suid-Afrikaners word uit Mosambiek verjaag
Xenofobiese geweld het in Mosambiek begin en Suid-Afrikaners is gedwing om vinnig die buurland te verlaat terwyl vragmotorvervoer opgeskort is.
Video: Sebras op vrye voet in die dorp
Drie sebras het Vrydag opskudding in Brussel in België veroorsaak toe hulle vrylik in die straat rondgehardloop het.
Puma Energy: Hier kom die tier in jou tenk!
Puma Energy-brandstof gaan van die middel van die jaar in Suid-Afrika beskikbaar wees na ʼn belegging wat tot dusver R200 miljoen gekos het, het African News Agency Vrydag onthul.
Twee sterf toe taxi in hulle inploeg
Twee persone is Vrydagmiddag by ʼn taxistaanplek in Vereeniging, Gauteng, dood toe ʼn taxibestuurder glo beheer verloor het oor sy voertuig en in hulle ingeploeg het.
Eskom voeg fase 4-beurtkrag by
Suid-Afrikaners kan dalk binnekort fase 4-beurtkrag beleef nadat Eskom Vrydag bevestig het dat die fases gewysig word.
ToekomsVenster: God maak ons vry om te dien
God red ons sodat die wêreld ook verstom kan staan oor God se goedheid. God gebruik gebrokenes.
Pta-vrou vermoor, liggaam in veld gestort
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van Marlien Erasmus, in haar 20’s, Donderdag in ʼn veld in Pretoria gevind is.
Video: Bekende Lego-uitstalling in Johannesburg
Die bekendste Lego-uitstalling ter wêreld, “Art of the Brick”, was in Rosebank in Johannesburg te sien. Die uitstalling was vroeër ook te sien in Kaapstad.
Sosiale media en jou persoonlikheid
Jou gebruik van sosiale media verklap baie meer van jou persoonlikheidseienskappe as wat jy dink.
DBV onder groot finansiële druk
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is onder groot finansiële druk en moes onlangs vyf takke se deure sluit.
Voorskoolse sorgsentrums kry boekskenkings
Johannesburg se stadsbiblioteek-en-inligtingsdiens het in samewerking met die niewinsgewende organisasie Biblionef boeke en speelgoed aan 50 sorgsentrums vir voorskoolse kinders geskenk.
Boek van die maand (resensie): Skuldig
“Mens kan nie wag om te sien wat op die volgende bladsy van dié speurroman gebeur nie, maar hoop tegelykertyd dat die einde sommer nog ver in die verskiet lê – presies wat mens soek in ʼn goeie boek, maar ʼn rare talent in ʼn skrywer,” skryf Ilse Salzwedel.
Burry Stander: Minibusbestuurder skuldig bevind
Die minibusbestuurder wat die bekende bergfietsryer Burry Stander doodgery het, is Vrydag aan strafbare manslag skuldig bevind.
Wes-Kaapse polisiehoof kry borg
Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Arno Lamoer (55), is saam met vier ander verdagtes Vrydag op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Hewitt hoor eers dán sy lot
Die vonnisoplegging van die voormalige tenniswêreldkampioen Bob Hewitt (75), wat aan verkragting en onsedelike aanranding skuldig bevind is, is Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria uitgestel.
Boek: Die kuns van oorlewing
Mense mag dalk hierdie boek ter hand neem in die verwagting om meegesleur te word deur ’n historiese verhaal vol intrige, spanning, konflik, hartseer- dit is alles daar – maar hierdie boek is ook anders.
Talle Zimbabwiërs op pad terug na tuisland
Meer as 1 000 Zimbabwiërs sal Suid-Afrika Sondag verlaat en terugkeer na hul tuisland te midde van xenofobiese aanvalle oor die hele land.
Kleinseun sit lewenslank ná hy ouma verkrag
ʼn 34-jarige man van Noordwes is Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy 80-jarige ouma. WAARSKUWING: Die inhoud van dié berig kan sensitiewe lesers ontstel.
Video: ʼn Hond wat praat!
Marc Métral het die beoordelaars en gehoor van Britain’s Got Talent sprakeloos gelaat met sy hond, Miss Wendy, wat kan praat!