Die stad Kaapstad wou toets watter effek gratis kleingeld op mense sal hê.
Lees meerAlles vir Maandag 4 Mei 2015
Wen ʼn plaas met jou opstel
ʼn Egpaar van Elkmont in Alabama gaan hul $350 000 (ongeveer R4.2 miljoen) bokplaas weggee vir die persoon wat die beste opstel kon skryf.
Nazisme – twee stelle reëls?
Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het sy misnoeë uitgespreek dat die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, nog nie reageer het op Nazi-uitlatings deur Wits se SR-voorsitter nie.
Nazi-voorstander uit studente-amp verwyder
Mcebo Dlamini, president van die Studenteraad by Wits wat sy bewondering oor Nazi-leier Adolf Hitler uitgespreek het, is uit sy amp verwyder hangende ʼn appèl teen sy skorsing uit die instansie in verband met ʼn ander klag.
Uitlander vas oor mensehandel
ʼn 27-jarige uitlander is Maandagoggend in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel.
ToekomsVenster: Heel mense in die gemeenskap van gebrokenes
https://rak2.spens.co.za/radio/2015-onderhoude/jannie-pelser-toekomsvenster-66.mp3 Hoe reageer jy as iemand met jou kom gesels oor iets wat in jou lewe verkeerd is, vra ds. Jannie Pelser in vandag se…
Koninklike baba se naam bekend
Die Kensington-paleis het Maandag aangekondig dat prins William en Kate se nuwe babadogtertjie Charlotte Elizabeth Diana sal heet.
Vrou in been geskiet tydens aanval op kleinhoewe
ʼn Vrou is in die been geskiet nadat sy Saterdagnag deur gewapende rowers op ʼn kleinhoewe buite Orkney in Noordwes oorval is.
Dosent geskors na hy glo rassistiese SMS stuur
ʼn Dosent aan die Universiteit van Stellenbosch (US) is geskors nadat hy glo ʼn rassistiese SMS aan ʼn student gestuur het.
Krisisberaad besin oor die groeiende krisis in land
Talle verteenwoordigers van die Solidariteit Beweging sal Dinsdag van regoor die land by die Voortrekkermonument in Pretoria byeenkom vir ’n belangrike krisisberaad.
Wat is die oorsprong van Suid-Afrika se bootvormige hartbeeshuis?
In hierdie artikel ondersoek Hannes Raath, ‘n kundige op die gebied van volksargitektuur, die omstrede oorsprong van die omgekeerde bootvormige hartbeeshuis.
Boek: Kies liefde …
Om in elke situasie liefde aan ander te bewys, is ’n keuse. Maar voor dit kan gebeur, moet jy ook kies om God se liefde vir jóú te aanvaar. Dit is op hierdie liefdeskeuses wat Stormie Omartian fokus in Kies liefde …
Godsdienssaak: Skole dien hofstukke in
Die beëindiging van godsdienstige praktyke by skole sal ’n steriele, onnatuurlike skoolsamelewing skep, waar individue in hul spoor sal moet trap om nie spontaan aan godsdiensvryheid uiting te gee nie.
Oom Herrie se kerrie: Martha se ‘maghwenjas’ uit die Oos-Vrystaat
Die afgelope twee weke, terwyl die Herries se kerk se skoustalletjie sake by die Bloemfonteinse skou gedoen het, het die gesin se aandete gewoonlik uit vetkoek en slaptjips bestaan, skryf oom Herrie.
Werkplek-skieter in hof
Dawid Connoway (39), die man wat daarvan beskuldig word dat hy Nicolene Schreuder (35) verlede week by haar werksplek in Moreletapark in die ooste van Pretoria doodgeskiet het, het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Nuwe vrystellings: 4 Mei 2015
Samy, Irene-Louise van Wyk en Ricus Nel het nuwe snitte wat pas vrygestel is en in aanmerking kom vir Maroela Media se Top 20.
Maroela Media Top 20: 04 Mei 2015
Daar tien snitte wat styg, agt wat daal en twee nuwelinge. Die Heuwels Fantasties se weergawe van “Ballade vir ‘n enkeling” neem die eerste plek oor, en Karlien van Jaarsveld daal na die tweede plek op die Top 20.
Fredi Nest sterk aan ná beroerte
Die sanger Fredi Nest sterk in ʼn hospitaal in Pretoria aan nadat hy vermoedelik ʼn beroerte gehad het.
Sithole-moord: Twee beskuldigdes vra vir pleitooreenkoms
Die verhoor van die vier mans wat beskuldig word van die moord op die Mosambiekse straatverkoper Emmanuel Sithole is Maandag in die Alexandra-landdroshof uitgestel.
Nuuskommentaar: Die regte manier vir Afrikaans is…
Terwyl internetghwarre mekaar vieslik oor Afrikaans slegsê en só die saak van Afrikaans benadeel, het ’n debat om twee ander groepe se metode ontstaan. Die een groep kan die kopstreel-groep genoem word, en die ander kan beskryf word as diegene wie se een hand in satyn geklee is terwyl die ander hand die swaard vashou. Die koppestamp kan hierdie week ’n klimaks bereik.