Tavis en Kristie, albei in hul 20’s, het onlangs aan ʼn projek deelgeneem om te sien hulle sal lyk in hul 50’s, 70’s en 90’s.
Lees meerAlles vir Maandag 18 Mei 2015
Danny Jordaan nuwe burgemeester vir Nelson Mandelabaai
Die ANC het Danny Jordaan, president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), aangestel as die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro.
Vier beseer toe steierwerk inmekaarstort
Vier mans is Maandagmiddag in Wesstraat in Durban, KwaZulu-Natal beseer toe steierwerk op hulle geval het.
Egpaar in hof ná hulle glo luukse hotel bedrieg
Wayne Rix en sy vrou Janine het Maandag in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn nadat hulle glo die One&Only-hotelgroep met R1.2 miljoen bedrieg het.
Niemand sal sterf van honger nie, sê Mugabe
Pres. Robert Mugabe het glo Zimbabwiërs in droogtegeteisterde dele gerusgestel dat hulle nie van die honger sal sterf nie, en gesê dat hulpverleningspanne kos aan hulle sal voorsien.
ToekomsVenster: Die dissipline van integriteit
Hoe reageer hy op die liefde en bevryding wat ons in Christus ontvang het?
Foto’s: Gesinsfees se pret vir die hele gesin
Die Gesinsfees wat hierdie naweek by Supersportpark in Centurion aangebied is, het iets vir almal gebied.
Man met moordklag teen hom voor hof doodgeskiet
ʼn Man wat van moord aangekla word is Maandagoggend helder oordag voor die Umlazi-landdroshof in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Maanhaarjakkalsies toe nie opgespoor
Die kleintjies van ʼn maanhaarjakkalswyfie wat Vrydagaand op die N10, ongeveer 30 km buite Cradock in die Oos-Kaap doodgery is, is nooit opgespoor nie en die vermoede bestaan dat hulle gevrek het.
Hoe het die Voortrekkers ʼn bootvormige hartbeeshuis gebou?
Hannes Raath, ’n kundige op die gebied van volksargitektuur, bekyk in hierdie week se artikel hoe die Voortrekkers ’n bootvormige hartebeeshuis gebou het en fokus veral op die raamwerk van die soort huise.
Klein karretjie kan vorm verander, sywaarts ry
Navorsing word gedoen oor ʼn splinternuwe klein motortjie, die EO Smart Connecting Car 2, wat spesiaal ontwerp word vir stede waar spitstye ʼn nagmerrie is en wat ʼn groot tekort aan parkeerplekke het.
Nuwe vrystellings: 18 Mei 2015
Riana Nel, Christiaan Baardman en die groep Adam het almal nuwe snitte wat bekendgestel is en binnekort op jou gunsteling radiostasie se speellyste ingesluit sal word.
Egpaar kritiek ná ongeluk op eerste huweliksherdenking
Die egpaar van Marble Hall wat Sondagaand kritiek beseer is in ʼn botsing op die R573 ongeveer 12 km buite dié dorp in Limpopo, het ook Sondag hul eerste huweliksherdenking gevier.
Maroela Media Top 20: 18 Mei 2015
“Met jou klere aan” van Leah is vandeesweek se nuwe nr. 1-treffer, terwyl Die Heuwels Fantasties na die tweede plek terugsak.
Bob Hewitt tot tronkstraf gevonnis
Die voormalige tenniswêreldkampioen Bob Hewitt (75) is Maandag in die hooggeregshof in Pretoria tot tronkstraf gevonnis nadat hy aan verkragting en onsedelike aanranding skuldig bevind is.
Oom Herrie se kerrie: Dans met Wolf
Oom Herrie het nou nie ʼn troppie wolwe om mee te dans, soos laas daai ou in die fliek, “Dances with wolves”, nie. Maar Wolf, die wit poolhond, het duidelik genoeg Arktiese wolf in sy are om byna-byna die ware Jacob te kan wees.
Video: Drawwer red bergskaap
Krystof Wlodarczyk, van Pole, het een oggend naby Konin in die woud gaan draf toe hy op dié bergskaap (moeflon) afgekom het wat in ʼn boompie vassit.
Panayiotou se ‘minnares’ kry prokureur ná senu-ineenstorting
ʼn Vrou wat verbind word met Christopher Panayiotou is so erg deur die media, publiek en “ander entiteite” geteister dat sy ʼn senu-ineenstorting gehad het, het haar regsverteenwoordiger aan Netwerk24 gesê.
Seun (5) verskeie kere tydens kaping gesteek
Die Gautengse polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na drie verdagtes wat Sondagaand ʼn vyfjarige seun verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek het nadat die motor van die seun se pa in Boksburg aan die Oos-Rand gekaap is.
Twee noodoperasies vir baba wat byna verdrink
Aiden Roberts, die 18 maande oue baba van Middelburg in Mpumalanga wat twee weke gelede byna in ʼn swembad verdrink het, moes die naweek twee noodoperasies ondergaan.