Met slegs twee wedstryde oor voor die begin van die Rugbywêreldbeker is dit te betwyfel of die Springbokafrigter Heyneke Meyer veel wyser gaan word uit Saterdag se toets teen Argentinië in Durban.
Lees meerAlles vir Vrydag 7 Augustus 2015
Visserman se liggaam spoel uit; vriend steeds vermis
ʼn Visserman van Houtbaai in die Wes-Kaap word steeds vermis nadat sy vriend se liggaam Vrydag op die strand uitgespoel het.
Limpopo-betogings woed voort; paaie gesluit en dienste opgeskort
Daar is steeds geen einde aan die gewelddadige betogings wat al die afgelope week in Limpopo woed nie.
Verdagtes vas vir KwaMashu-moorde
Vyf verdagtes is Vrydag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem vir die moord op twee mans by die berugte KwaMashu-wooneenhede noord van Durban.
Uiteenlopende spankeuses vir naweek se toetse
In vandag se dae waar proefwedstryde nie meer gespeel word nie en toetsdebute aan al wat leef toegeken word onder die dekmantel van kombinasies op die proef stel of om spelers teen mekaar op te weeg, is Heyneke Meyer een van die afrigters wat vir die naweek op kontinuïteit staatmaak.
Video: Man vertel vroulief sy is swanger
ʼn Pa van Texas in die VSA kon ʼn opwindende oomblik beleef wat gewoonlik net vir vroue beskore is – hy kon sy niksvermoedende vrou vertel hulle verwag ʼn baba!
ToekomsVenster: Leiers wat dien
Jesus se model van leierskap is dat dit dienend moet wees. Om te dien beteken om jouself te gee. In Jesus se geval het sy selfprysgawe uitgeloop op sy dood.
Twee werkers in mynongelukke dood
Twee werkers van Harmony Gold is vandeesweek by twee verskillende myne dood.
Polisiebeamptes buit glo verdagtes se dagga
Twee polisiebeamptes het Vrydag in die hof verskyn nadat hulle glo omkoopgeld van ʼn verdagte aanvaar het en boonop die dagga gesteel het waarop hulle beslag gelê het.
Boek: Koningskos vir kinders
Dié boek bied insiggewende voedingsriglyne, wenke, moets en moenies en 110 watertandresepte wat ma’s sal inspireer om self vir hulle kinders heilsame kos te maak. Die geure, smake, kleure en teksture uit Ma se kombuis is mos voorwaar koningskos.
Kleutermoordenaar gevonnis
Die man wat skuldig bevind is aan die ontvoering van en moord op Cuburne van Wyk (3) van Reigerpark aan die Oos-Rand is Vrydag gevonnis.
Lucky Montana gooi joernalis glo met baksteen
ʼn Saak van opsetlike saakbeskadiging is teen Lucky Montana, voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), aanhangig gemaak nadat hy Donderdagaand na bewering ʼn joernalis se motor met ʼn baksteen gegooi het.
Baba se liggaam in vullissak gevind
Die liggaam van ʼn babadogtertjie, tussen agt en tien maande oud, is in ʼn vullissak in Potchefstroom gevind.
Vrou sluit haarself in bloedige warm motor toe
ʼn Vrou en paramedici van Pietermaritzburg het Donderdag saamgespan om te bewys hoe gevaarlik dit vir kinders en diere kan wees wat buite geboue in motors gelos word.
Vullisverwyderaar sterf op Pta-golflandgoed
ʼn Vullisverwyderaar is Vrydag in ʼn beweerde fratsongeluk op ʼn spog-golflandgoed in die ooste van Pretoria dood.
Gemeenskap staan saam ná gesin als in brand verloor
Die Centurion-gemeenskap samel klere en huishoudelike items in vir ʼn gesin van The Reeds wat Donderdagoggend al hul besittings in ʼn huisbrand verloor het.
ANC-helkampe: ‘Niemand weet hoeveel mense is vermoor nie’
As daar een stukkie van Umkhonto we Sizwe (MK) se geskiedenis is waaroor hulle liefs nie wil praat nie, is dit die wreedhede van die “vryheidsvegters” se eie gevreesde veiligheidspolisie, Mbokodo, in aanhoudingskampe in soos Quatro in Angola. De Wet Potgieter het gaan kyk na die grusame menseregtevergrype wat Mbokodo gepleeg het.
Polisie trek slinkse ‘dwelmhandelaar’ vas
ʼn Vermeende dwelmhandelaar se slinkse plan om dwelms te versteek, is Vrydagoggend gefnuik toe die polisie se honde-eenheid ingeroep is.
Vrou, twee kinders sterf in brand
ʼn Vrou en twee kinders is dood nadat die plakkershut waarin hul geslaap het, Vrydag in die vroeë oggendure in Durban afgebrand het.
Honderde in KZN vas oor seksuele misdade
Meer as 300 verdagtes is in Julie in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met misdade wat met seksuele oortredings en gesinsgeweld verband hou.