ʼn Man van Kalifornië in die VSA het onlangs op sosiale media vertel hoe hy seker gemaak het hy vra die ja-woord op een van die onvergeetlikste maniere ooit deur hul gunsteling tydverdryf te gebruik.
Lees meerAlles vir Sondag 11 Oktober 2015
‘Diewe’ by Kimberley-winkelsentrum vasgetrek
ʼn Wenk aan die polisie het daartoe gelei dat vyf vermeende koperkabel-diewe buite ʼn winkelsentrum in Kimberley in die Noord-Kaap vasgetrek is.
SAUK-hoof vaar uit teen ‘kwaadwillige’ koerantopskrif
Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, het Sondag uitgevaar teen ʼn “kwaadwillige” koerantopskrif en volgehou dat hy volle respek vir die regstelsel en Openbare Beskermer het.
SAL bestee glo R9.4 miljoen op Guptas se koerante
Die Suid-Afrikaanse Lugrederye (SAL) het tot op hede R9.4 miljoen bestee op The New Age-koerante wat deur die Gupta-familie besit word, ten spyte van die lugredery se finansiële krisis.
SA sal van internasionale strafhof onttrek, sê ANC
Die ANC se hoofraad het Sondag besluit dat Suid-Afrika van die Internasionale Strafhof sal onttrek.
Jhb se ligte bly aan ná vakbond staking afstel
Vrese dat Johannesburg die komende week dalk sonder elektrisiteit sou wees, is Sondag besweer toe die munisipale vakbond, SAMWU, aangedui het dat hy nie Maandag met sy beplande staking voortgaan nie.
Twee vas wat bejaarde met skroewedraaier steek
Twee mans is in hegtenis geneem enkele minute nadat hulle by ʼn Johannesburgse huis ingebreek en ʼn bejaarde man met ʼn skroewedraaier gesteek het.
Talle beseer in stormloop by Pta-skougronde
Die hek het uiteindelik oopgebars en van die mense het op die grond geval met ander wat bo-oor hulle gehardloop het.
Twee broers sterf toe rowers op winkel toeslaan
Ses mans van Limpopo staan tereg op aanklagte van moord en gewapende roof nadat hulle glo twee broers doodgeskiet het tydens ʼn rooftog by ʼn winkel in Bochum.
Boek: Die demokratiese republiek van braai
In Die Demokratiese Republiek van Braai deel Jan sy beste braairesepte met ons – dit is jou reg om net die beste te braai. Met Jan se uitsonderlike braairesepte vir steak, hoender, lam en nog baie meer is daar geen verskoning om ooit weer smaaklose braai voor te sit nie.
Pta-inwoners gewaarsku oor laserwysers
ʼn Inwoner van Pretoria is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn laserwyser op ʼn vliegtuig gerig het.
Twee sterf, vier beseer in dramatiese skietvoorval
Twee mense is dood en vier beseer nadat ʼn man glo op ʼn minibustaxi vol passasiers losgebrand het voordat hy homself geskiet het.
Man vas vir gesteelde motor by grenspos
ʼn 18-jarige man is Saterdag by die Lesotho-grenspos in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om ʼn gesteelde voertuig oor die grens te neem.
Gedagte vir die dag: Onvrede maak jou moeg!
Kom ons doen ons uiterste bes om in vrede met mekaar te leef. (Romeine 14:19, Die Boodskap)