“Die ANC kan nie vertrou word om rassisme in Suid-Afrika te beheer nie, aangesien sommige van die land se grootste rassiste senior leiersposisies in die ANC beklee,” het AfriForum Woensdag gesê.
Lees meerAlles vir Woensdag 6 Januarie 2016
[Video] Vrystaat-gemeenskap pleit om ramphulp
Namate die droogtegreep in die Vrystaat verstewig, word trekkers, bakkies en vragmotors ingespan om water aan te ry vir dorstige gemeenskappe. Dis nou al weke lank ’n alledaagse gesig op Senekal.
Twee kritiek, kinders beseer in Krugersdorp-botsing
Twee mans is kritiek en twee kinders beseer nadat twee bakkies Woensdagmiddag op die R24 in Krugersdorp gebots het.
‘Facebook-dwelmsmokkelaar’ by grenspos vasgetrek
ʼn Vermeende dwelmsmokkelaar wat glo deur Facebook gewerf is, is Dinsdag by die Beitburg-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe betrap met 4 200 heroïenkapsules.
PE-visserman in Mosambiek vermis
Die polisie in Port Elizabeth het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn plaaslike visserman wat in Mosambiek gewerk en verdwyn het.
‘Matrieksertifikaat nie genoeg vir goeie werk’
Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê die verwerwing van ’n matrieksertifikaat is onvoldoende om ’n goeie werk te bekom.
ToekomsVenster: Ons is oorwinnaars
As ons egter leef vanuit die perspektief van die oop graf en die oorwinning wat daarin opgesluit is, hoef ons geen destruktiewe mag te vrees nie. Ons is meer as oorwinnaars deur Hom wat ons die krag gee.
Australiërs wil seerommel verwyder met Seabin
Twee Australiese branderplankryers het ʼn patent ontwerp wat poog om rommel uit hawens, en uiteindelik die see, te verwyder.
Verkeersbeampte vas oor omkoopgeld
ʼn Verkeersbeampte van Klerksdorp in Noordwes is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van ʼn motoris geëis het.
Centurion-man sterf in Mosambiek
Johan Westervelt, ʼn 30-jarige sakeman en kranige sportman van Centurion, is op Nuwejaarsdag in Mosambiek dood.
[Video] Kosbare oomblik toe sy vir die eerste keer ‘sien’
ʼn Video van ʼn elf maande oue baba wat vir die eerste keer kan “sien” toe haar ma vir haar ʼn bril opsit, gryp wêreldwyd harte aan.
Hoe sal die Kings in die Curriebeker kan speel?
Wanneer die Curriebekerreeks op 9 April afskop, is daar vir die OP Kings niks op die spel nie. Hulle sal sukkel om hond-haaraf te maak, maar is nietemin verseker van ʼn plek onder die laaste nege spanne wat dan in die Premierliga speel.
Is ons liefdadigheid dalk ʼn humanitêre tydbom?
Dis waar, die Bybelse opdrag ís dat ons die armes moet help. Die vraag is egter: Help ek werklik die smekende oë by die verkeerslig wanneer ek ʼn paar rand deur my motorvenster in sy hand stop?
Vier dood ná bus omslaan; pad gesluit
Vier mense is dood en talle beseer ná ʼn bus Woensdag op die N1 in Limpopo omgeslaan het.
Geldwa buite Malelane opgeblaas
Nagenoeg 10 rowers het Dinsdagoggend ʼn geldwa van die veiligheidsmaatskappy G4S naby Malelane in Mpumalanga opgeblaas.
Kookwatermoorde: Ma vra seun moet in aanhouding bly
Die moordsaak van twee verdagtes wat glo twee familielede en ’n baba in Katlehong aan die Oosrand met ’n mes gesteek en daarna in ’n bad vol kookwater gegooi het, is uitgestel hangende verdere ondersoek.
Saak oor ‘wittes moet opgekap word’
ʼn Jong man van Kaapstad het ʼn saak van crimen injuria aanhangig gemaak teen ʼn Facebook-gebruiker wat glo op sy profiel gesê het wittes verdien om “soos die Jode opgekap en doodgemaak te word”.
Nuwe ruimtelaaier vir batterymotors
Die maatskappy wat ’n plasmaboor vir die Europese Ruimte-agentskap ontwikkel, Zaptec, het ’n batterylaaier vir die stelsel ontwikkel wat as klein, mobiele laaier enige plek gebruik kan word om elektriese motors vinnig mee te laai.
Boer van Wes-Kaap beproef eerlikheid met mielies
ʼn Boer in Baardskeerdersbos naby Gansbaai in die Wes-Kaap het harte laat warm klop toe hy onlangs sy bakkie met ʼn vrag mielies langs die pad gelaat het waar verbygaande motoriste mielies kon koop en die geld in ʼn kis los.
Tienermeisie steeds vermis in see
Vier tienermeisies is Dinsdagaand deur seestrome by Dappat se Gat by Kogelbaai naby Gordonsbaai meegesleur toe hulle gaan swem het.