Talle Suid-Afrikaners kon Donderdag nie plaaslike of internasionale webwerwe besoek nie, weens ʼn fout op die Seacom-kabel.
Lees meerAlles vir Donderdag 21 Januarie 2016
Moordbeskuldigde weer in hof oor PE-pa se moord
ʼn 25-jarige man wat tereg staan op aanklag van die moord en verkragting van die 37-jarige Bhaven Moodley, het Donderdag weer in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.
‘SA is oop vir besigheid’ sê Zuma by WEF
Pres. Jacob Zuma het tydens die jaarlikse Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland, gesê Suid-Afrika is oop vir besigheid en die land wil graag sy voetspoor van sy maatskappye dwarsoor die Afrika-kontinent en wêreldwyd uitbrei.
‘Onwettige e-tolrekeninge’ word ondersoek
Die Verbruikerskommissie ondersoek ʼn klag oor Sanral se toerusting wat daarop neerkom dat alle e-tolrekeninge onwettig is.
Goeie nuus: Minder renosters in 2015 gestroop
Die minister van omgewingsake het Donderdag ʼn afname in die aantal renosters wat in 2015 gestroop is, aangekondig.
Vroue in Kaapstad-hof oor mensehandel
Twee vroue van China het Donderdag in ʼn hof in Kaapstad verskyn op aanklag van mensehandel vir seksuele doeleindes.
WEF: Presidensie ontken berigte oor Zuma se kansellasie
Die presidensie het Donderdag mediaberigte veroordeel wat beweer dat pres. Jacob Zuma nie vir ʼn paneelbespreking by vanjaar se Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos opgedaag het nie.
Ma brand glo kinders met strykyster
ʼn Ma van George in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy glo haar twee jong seuns aangerand en met ʼn strykyster gebrand het.
ToekomsVenster: Stel jou hoop op God
Die Bybel sê nie verniet dat ʼn mens nie op ander mense moet vertrou nie, maar op God alleen moet hoop. Dis nie ʼn passiewe hoop wat wag dat alles in pasklaar pakkies uit die hemel moet val nie. Inteendeel, dis ʼn aktiewe hoop wat gestalte vind in inisiatief neem en hand uit die mou steek.
Verkoolde liggaam in treintrok gevind
ʼn Verkoolde liggaam is in ʼn treinwa gevind wat by die Vishoek-treinstasie naby Kaapstad weens ʼn veldbrand aan die brand geslaan en uitgebrand het.
Mumford & Sons binnekort in SA
Die Britse rockgroep Mumford & Sons gaan binnekort in Suid-Afrika te sien wees gedurende sy drie langverwagte optredes in onderskeidelik Kaapstad, Durban en Pretoria.
Gr. 9-vakkeuses het verreikende gevolge
Gr. 9-leerders in duisende hoërskole van oor die hele land moet jaarliks vakke kies. Dit kan nogal ’n tameletjie wees – vir leerders én ouers.
200 boerbokke ’n raaisel
Die polisie is op soek na die eienaar van nagenoeg 200 boerbokke wat op raaiselagtige wyse op ʼn plaas naby Beaufort-Wes in die Wes-Kaap verskyn het.
Man, vrou en baba sterf in ongeluk
ʼn Man, ’n vrou en ʼn baba is Donderdag in ʼn ongeluk naby Barberton in Mpumalanga dood.
Nuuskommentaar: Kwotas in krieket en DA kan sake ontspoor
Die landwye rasseherrie het nog nie gaan lê nie en te midde hiervan het die DA rasteikens gestel wat baie kenners niks anders as kwotas wil noem nie. Met die Proteas wat so teen die Engelse kleitrap, kyk oud-Proteas en oud-Springbokke onder meer krities na die impak van stywe kwotas op die standaard van provinsiale en bedryfsregspanne, en die impak wat dit op die nasionale span het.
Honda Africa Twin: Die legende is terug
“Toe die eerste konsepsketse van die nuwe Africa Twin op die internet verskyn het, was alle avontuurfietsryers baie opgewonde oor die wedergeboorte van die legende. Maar ek was skepties…” Lees gerus hoe Réhann van gedagte verander oor die nuwe Africa Twin.
Resensie: ‘Die standvastige man’ – Jakkie Louw
Jakkie het gewis as kunstenaar gegroei, en dit maak dat sy musiek nou ook by ʼn meer volwasse gehoor byval sal vind.
Is jou wagwoord op dié lys?
Miljoene persone se data is verlede jaar aanlyn gesteel en die sterkte van jou wagwoord bepaal of jy die volgende slagoffer gaan wees – of nie.
Droogtehulp: Organisasies snoer kragte saam
Die organisasies AfriForum, Solidariteit, Helpende Hand en TLU SA het Donderdag hul planne bekend gemaak om droogtegeteisterde boere by te staan. Dié samehangende projek is daarop gemik om verligting te bring in droogtegeteisterde gebiede in Suid-Afrika.
2015 warmste jaar nóg
Die Amerikaanse nasionale oseanografiese en atmosferiese administrasie (NOAA) het Woensdag bekend gemaak dat 2015 amptelik die warmste jaar was sedert rekordhouding begin het.