Tuine se Grizzlies is besig om die slaansak van die Noorderbonde se Assupolreeks te raak en het Saterdag oor die 150 punte teen die Tukkies (Fezelas) afgestaan.
Lees meerAlles vir Maandag 22 Februarie 2016
ANC-hoë se vrou in hof oor ‘bedrog’
Portia Sizani, die vrou van ANC hoofsweep Stone Sizani, het Maandag in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn nadat sy na bewering die Oos-Kaapse onderwysdepartement uit R1.2 miljoen bedrieg het.
Zuma: ‘Van Rooyen was die beste gekwalifiseer vir finansies-pos’
Pres. Jacob Zuma het Maandag gesê David van Rooyen, die huidige minister van samewerkende regering en tradisionele sake, was die beste gekwalifiseerde kandidaat om as Suid-Afrika se minister van finansies te dien.
[Video] Betogers ontwrig rugbywedstryd
Chaos het Maandagaand op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) uitgebreek, toe betogers op die veld gehardloop het waar die Shimlas-rugbyspan teen die Madibaz van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) gespeel het.
Lily-myn: Verwarring oor vergoeding aan mynwerkers
ʼn Woordvoerder van die Lily-myn het Maandag gesê Vantage Goldfields sal ʼn rampverligtingsfonds vir mynwerkers op die been bring, kort nadat hy glo tydens ʼn radio-onderhoud gesê het die myn sal nie vergoeding aan die werkers betaal nie.
Krejcir-saak verdaag na bomdreigement
Die vonnisoplegging van die Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir, moes Maandag uitgestel word weens ʼn bomdreigement by die hooggeregshof in Johannesburg.
Tuks-betoging: Memorandum van eise aan bestuur oorhandig
Die #UPBlackMonday-beweging se eise sluit in dat die naam ‘Tuks’ glad nie meer gebruik word nie, dat geslags- en rassekwotas by alle departemente ingestel word en dat alle Afrikaanse koshuis- en daghuis-tradisies afgeskaf word.
ToekomsVenster: Diensknegte soos Hy
Jesus was gehoorsaam tot die dood toe, maar nie aan die wêreld nie. Hy was gehoorsaam aan die Vader. Hy het die Vader gedien.
Verhaal van vergifnis in 558 dae
Vergifnis spreek hard en herhaaldelik uit die boek. Aan die woord is Yolande Korkie, weduwee van die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, wat 558 dae deur Al-Kaïda in Jemen aangehou en in Desember 2014 vermoor is tydens ʼn ontsettingsoperasie deur die Amerikaanse Seals, klaarblyklik op dieselfde dag as wat hy vrygelaat sou word.
US-mosies: ‘Doodsklok vir Afrikaans’
Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het “vir alle praktiese doeleindes sy beleid van meertaligheid versaak en ʼn beleid van buigsaamheid, wat die doodsklok vir Afrikaans is, aanvaar”.
35 vas ná betoging by Kovsies
Altesaam 35 mense is in hegtenis geneem nadat hulle op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) betoog en klasse ontwrig het.
[Video en foto’s] Kyk hoe sluk die aarde ʼn gebou
ʼn Reusagtige sinkgat van ongeveer 50 meter diep het dele van twee onbewoonde geboue in Duitsland ingesluk.
Skoolseun sterf in motorfietsongeluk
Pieter Schalk Grobbelaar, ʼn gr. 12-leerder aan die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp, Gauteng, is Saterdag in ʼn motorfietsongeluk dood.
Noordelikes, Valke spook Flya se topvlak uit
Noordelikes van Pretoria-Noord en die Silver Valke van Silverton spook Saterdag by die Tuine-sportklub sake in die topvlak van die Blou Bulle-klubs se Flyatoernooi uit.
‘Moeder van Rooibos’ en Annique-pionier sterf
Die stigterslid van Annique velsorgprodukte, dr. Annique Theron, is Sondag in die vroeë oggendure in die ouderdom van 86 oorlede ná ʼn kort siekbed.
Woord van die week: karnallie
Die ongunstige betekenis van die woord “karnallie” is nie meer in Afrikaans van pas nie. Taaltoffie stel ondersoek in.
Centurion-botsing: ‘Kaping’ lei dalk tot 3 se dood
Die polisie ondersoek gerugte dat ʼn bekende sepie-akteur glo gekaap is voordat sy motor op Valentynsdag op die N14-snelweg in ʼn botsing betrokke was, wat die lewens van ʼn onbekende man sowel as Jerry Coertze (28) en Donovan van Zyl (24) geëis het.
[Video] Polisie na Tuks-kampus ontbied
Gemoedere loop hoog op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) waar die polisie nou ontbied is om die situasie in bedwang te bring.
Baas en hondekind herenig ná 200 dae
’n Vrou van Strubensvallei in Roodepoort, Gauteng, is onlangs met haar hondekind herenig ná die vierjarige beagle langer as 200 dae vermis was.
Kimberley Polisie trek sy uniform uit
Kimberley Polisie het sy uniform uitgetrek en `n nuwe baadjie aangetrek.