‘n Inwoner van die Kaapse Vlakte bedryf ‘n biblioteek uit ‘n motorhuis in sy agterplaas.
Lees meerAlles vir Donderdag 14 April 2016
Zika-virus lei wel tot geboortedefekte
Amerikaanse navorsers het bevind die Zika-virus veroorsaak wel geboortedefekte.
Notas by lyke in myn gevind
Die liggame van nog twee mans is by die Elandskag van die Harmony-myn in Welkom in die Vrystaat gevind.
Walus nie nou vrygelaat
Janusz Walus, die moordenaar van SAKP-leier Chris Hani, gaan nie nou op parool vrygelaat word nie, al het die hooggeregshof in Pretoria Donderdag die minister van justisie en korrektiewe dienste se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.
Chabane-ongeluk: Trokdrywer skuldig bevind
Die vragmotorbestuurder wat betrokke was in die botsing waarin Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, sy bestuurder en lyfwag dood is, is op verskeie aanklagte skuldig bevind.
ToekomsVenster: Vrae wat bereid is om die pad na verstaan te loop
Dis ook ʼn tyd waarin ʼn mens moet vra hoe die Here jou wil toerus en gebruik om ʼn antwoord te wees op die vrae wat jy vrae. Ons gesindheid moet wees: “Hier is ek Here, stuur my.”
Mangat-moord: Vier verdagtes saam verhoor
Ruvan Regionald Furst (42) wat daarvan verdink word dat hy glo met drie ander verdagtes saamgesweer het om die vermoorde Danie Dreyer (64) se lyk in ʼn mangat in Pretoria te stort, het Donderdag in die stad se landdroshof verskyn.
Zenobia Kock vertel oor bekroonde radiodrama
Zenobia Kock, ʼn Afrikaans-onderwyser by H2 Privaatskool in Mthatha in die Oos-Kaap, bekend vir verhale soos Die mense wat so rou is en Die kruppel engel, se eerste bekroonde radiodrama kan op 14 April in Radioteater op RSG gehoor word.
Bekende restaurant-baas, verloofde erg aangerand
ʼn Paartjie van Pretoria oorweeg regstappe teen ʼn bekende kitskosgroep nadat hulle albei Dinsdagaand erg in een van die groep se restaurante aangerand is.
Danny Jordaan-advertensiebord verwyder
ʼn Advertensiebord met die woorde “Danny Jordaan met trots aan jou gebring deur Jacob Zuma” is Donderdag kort nadat dit in Port Elizabeth opgerig is,…
Verbeter só jou kind se akademiese vaardighede
Susan du Plessis, direkteur van opvoedkundige programme by Edublox, sê ouers moet in gedagte hou dat leer ʼn drieledige eienskap is en dat die toepassing van dié drie bene kinders beter sal laat vaar op skool.
Baba op vloer gegooi: Man vas
Die pa wat glo sy drie maande oue babadogtertjie tydens ʼn woedebui hard op die grond neergegooi het, is op aanklag van moord in hegtenis geneem.
Seun op pad skool toe doodgesteek
ʼn Hoërskoolseun is Donderdagoggend op pad skool toe in Vanderbijlpark met ʼn mes doodgesteek.
`Klubrugby staan terug vir ANC en verkiesing’
Klubrugby in Port Elizabeth staan blykbaar Saterdag terug vir die bekendstelling van die ANC se manifes vir die komende munisipale verkiesing.
[Foto’s] Elizma Theron deel oulike gesinsfoto’s
Die sangeres Elizma Theron het Donderdag skattige gesinsfoto’s op haar Facebook-blad gedeel. Dit is die eerste foto’s waar die hele gesin saam met hul jongste seuntjie, NJ (net ʼn raps ouer as ʼn maand), verskyn.
Moot-moord: Familielid in hof
Die familielid wat in hegtenis geneem is enkele ure ná die moord op Elsabe van Niekerk (55), het Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.
[Luister] ‘STROOP’: ʼn eerlike blik op renosterstropery
ʼn Nuwe dokumentêre rolprent, Stroop, bied ʼn ongesensureerde blik op die renosterstropingkrisis in Suid-Afrika. Bonné de Bod, bekende 50/50-aanbieder, onderneem in dié fliek verskeie besoeke na Suid-Afrika se nasionale parke, wildreservate, plase, hospitale en selfs na Asië om die skandaal oop te vlek op soek na oplossings.
Nuwe kerke gaan Pretoria verander
Die evangelieboodskap is goed vir die stad Pretoria. Dit word die maklikste en doeltreffendste versprei deur die plant van nuwe kerke. As jy nie tuis voel of ingeskakel is by ’n kerk nie, is dit moontlik dat jy by ’n nuwe kerkplanting sal tuis voel.
Twee dood in gru-botsing in Krugersdorp
Twee vroue is dood en nog twee mense beseer toe ʼn bakkie en ʼn motor Donderdagoggend in Krugersdorp gebots het.
Oogtoets: Wat skuil in die rooi kol?
Is jou oë goed genoeg om te sien dat daar ʼn prentjie in dié rooi kol skuil?