Op 26 April 1986 het ’n kragpiek tydens toetsing aanleiding gegee tot ’n ontploffing in eenheid vier van die Tsjernobil-kernkragaanleg in die destydse USSR.
Lees meerAlles vir Dinsdag 26 April 2016
[Video] Waterbeperkings geld steeds in Wes-Kaap
Die Wes-Kaapse regering sê die streng waterbeperkings wat reeds in die provinsie geld, gaan voortduur. Dít ondanks goeie reënval op plekke die afgelope naweek.
Klagtes teen Boswell-sirkusbase teruggetrek
Die aanklagte teen twee eienaars en ʼn werknemer van die bekende Brian Boswell-sirkus is Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof teruggetrek.
Aanlynregistrasie vir skole: Só werk proses verder
Die Gautengse departement van onderwys het Dinsdag gesê “haakplekke” met sy aanlynstelsel om leerders in 2017 vir toelating tot die provinsie se skole te registreer, is uitgesorteer en “oortref verwagtinge”.
Man kloon glo kaarte by tolhek
Die Valke het ʼn man in hegtenis geneem wat glo die bankkaarte van padgebruikers by ʼn tolhek in Mpumalanga gekloon het.
Pa skuldig aan moord op seuns; dan gevonnis
ʼn 37-jarige pa van Limpopo is skuldig bevind aan die moord op sy vier jong seuns.
Moot-tiener deur vragmotor raakgery
ʼn 18-jarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy Dinsdagmiddag in die Pretoriase Moot deur ʼn vragmotor raakgery is.
‘Valke gaan Malema ondersoek’
Die Valke gaan strafregtelike klagtes teen Julius Malema, leier van die EFF, ondersoek, het die minister van polisie gesê.
[In diepte] ‘Nie alle Afrikaanse studente kom uit bevoorregte huise’
Sedert einde verlede jaar leef Afrikaanssprekende studente onder ʼn swaard van vrees weens die gewelddadige opstande wat die stryd oor hul taal op kampusse landwyd ontketen het.
Man dood toe glas op hom val
ʼn Vragmotorbestuurder is Dinsdagoggend in Centurion dood toe ses ton glas bo-op hom geval het.
Luister: Jake Burg sing oor die liefde
Liefde onttroon vir hom álles en dit is waarom hy so graag oor die liefde skryf, sê Jake Burg, ʼn jong sanger wat vinnig opgang maak. Burg het verlede maand sy eerste enkelsnit, “Niemand soos jy”, uitgereik.
Hof sê: Vergoed ‘Please Call Me’-uitvinder
Die konstitusionele hof het Dinsdag uitspraak gelewer in die hofsaak teen Vodacom deur ʼn voormalige werknemer wat beweer die Please Call Me-diens was sy idee.
Luister: Nicola Breytenbach vertel van ‘Free State’
Die internasionale model en aktrise Nicola Breytenbach is binnekort te sien in die nuwe Suid-Afrikaanse fliek Free State wat die storie vertel van ʼn Indiërman en ʼn wit vrou wat verlief raak tydens die apartheidsjare in Suid-Afrika.
Man geskiet tydens Centurion-kaping
ʼn Man van Pretoria is in ʼn ernstige toestand nadat hy by ʼn winkelsentrum in Centurion deur rowers geskiet en erg aangerand is.
Charles J. Fourie se drama “ʼn ode aan vergifnis”
Die dramaturg Charles J. Fourie se radiodrama, Vergifnis, vertel die storie van ʼn bejaarde vrou in ʼn rolstoel wat ʼn protesoptog vir misdaadbewusmaking lei van Touwsrivier na die parlement in Kaapstad.
OP-liga: twee rooi en vier geel in ru wedstryd
Sake het soms maar ru daaraan toe gegaan toe Port Elizabeth Polisie en die plaaslike Harlequins mekaar Saterdag in die Adcockstadion in die stad die stryd in die Oostelike Provinsie (OP) se reeks om die Grootuitdaagbeker aangesê het.
[Resep] Botterskorsiesop met hoenderfrikkadelle
Sop met ’n bietjie meer skop as die gewone ou botterskorsiesop
Uitspraak gelewer in Walus se paroolaansoek
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak gelewer rakende Janusz Walus, die moordenaar van SAKP-leier Chris Hani, se aansoek om op parool vrygelaat te word terwyl die saak by die appèlhof hangend is.
ANC vra parlement om Malema-uitsprake te ondersoek
Die ANC-hoofsweep het Dinsdag gesê die party sal die parlement se etiekkomitee versoek om EFF-leier Julius Malema se uitspraak dat “die regering verwyder sal word” te ondersoek en die nodige stappe te doen.
[Video] Só sê Ghoema-wenners
Verskeie kunstenaars het die “bloutapyt” betree in die mooiste rokke en aandpakke, maar dit was Elvis Blue en Francois van Coke wat die kollig gesteel het.