Die gunstelinge het hoegenaamd nie gesukkel om hul wedstryde Woensdag in die Westelike Provinsie se Superliga A te wen nie.
Lees meerAlles vir Woensdag 4 Mei 2016
Griffons-Oos: taai driehoekstryd in die Noorde
`n Taai driehoekstryd is aan `t ontwikkel in die Noordgroep van die Griffons-Oos-liga.
KZN-liga: Crusaders, Impi in genadelose stryd
Getrou aan die krygersafkoms waarop hul name sinspeel, het Crusaders van Northwood en UKZN Impi mekaar Donderdag genadeloos die stryd in die KwaZulu-Natalse Premierliga aangesê.
Ma gevonnis wat baba wou verkoop
ʼn Ma van Pietermaritzburg wat verlede jaar probeer het om haar baba op die advertensiewebwerf Gumtree te verkoop, is Woensdag in die plaaslike streekshof gevonnis.
Uiteindelike deurbraak om plaasmoorde te prioritiseer
“Ons kan bevestig dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) plaasmoorde in die toekoms amptelik as ʼn prioriteitsmisdaad sal hanteer,” het lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, Woensdag tydens ʼn mediakonferensie saam met AfriForum aangekondig.
‘Rower’ vas toe hy uit wegkommotor val
ʼn Vermeende rower word onder polisiebewaking in ʼn Wes-Kaapse hospitaal behandel nadat hy glo uit ʼn wegkommotor geval het en deur ʼn veiligheidswag in sy arm geskiet is.
OP-liga: beserings, sewes ry Madibaz bloots
Beserings ry steeds die Nelson Mandela- Metrolopitaanse Universiteit (NMMU) bloots in die Oostelike Provinsie-rugbyunie se Grootuitdaagreeks, en die sewesreeks om die Varsitybeker eis eweneens sy tol.
EFF weer uit parlement verwyder
Die EFF het Woensdag, kort nadat die party se LP’s weer fisies uit die parlement verwyder moes word, gesê hulle sal nooit toelaat dat pres. Jacob Zuma die Nasionale Vergadering onverstoord toespreek nie.
Polisieman vas oor gewapende roof
ʼn Polisiekonstabel is in hegtenis geneem kort nadat hy en vyf medepligtiges na bewering ʼn transitovoertuig Dinsdagaand in Kraaifontein naby Kaapstad beroof het.
Drie buite nuwe winkelsentrum geskiet
Drie mense is Woensdagmiddag buite die splinternuwe Mall of Africa in Midrand, Gauteng, geskiet.
Drie planete dalk bewoonbaar
Sterrekundiges het drie planete wat om ’n klein, koue ster 40 ligjare van die aarde wentel, ontdek.
Gesteelde bromponie weer tuis danksy Facebook-groep
Puik speurwerk deur beamptes van die Wierdabrug-polisiestasie in samewerking met die gemeenskap van Centurion het daartoe gelei dat die eienaar van ʼn bromponie met dié voertuig herenig is nadat dit onlangs tydens ʼn “verkoopstransaksie” gesteel is.
Speel speurder met kykNET en ShowMax reeks ‘Die Byl’
As jy bang is in die donker moet jy liefs ver van kykNET se nuwe reeks bly. Die Byl vertel die storie van ʼn kerngroep hoogs gespesialiseerde polisiemanne wat saam probeer om reeks-moorde te ondersoek en op te los.
Callie en Monique Strydom skei
Callie en Monique Strydom, die twee Suid-Afrikaners wat in 2000 as gyselaars aangehou is in die Filippyne, het aangekondig hulle gaan skei.
NDBV ontken gerugte van ‘massa-dieremoord’
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) is in ʼn stryd gewikkel met die bestuur van die Matlosana-DBV in Klerksdorp, Noordwes, oor bewerings van rassisme en massa-dieremoorde wat die ronde doen.
[Foto’s] Bobby en Karlien help behoeftige kinders
“Hulle het self klein kinders en weet daarom wat kinders se behoeftes is.”
Mangat-moord: Hof hoor gru-besonderhede oor liggaam
Die vier verdagtes wat in verband met die moord op Danie Dreyer (64), voormalige polisiebrigadier en sakeman van Pretoria, in hegtenis geneem is, het Woensdag weer gesamentlik in die stad se landdroshof verskyn vir die hervatting van hul formele borgtogaansoek.
Suzie se spook loop (weer) in Nieu-Seeland
Dis 21 jaar later en steeds kan die Nieu-Seelanders nie die spook van 1995 se Wêreldbekertoernooi begrawe nie.
Drie kritiek ná voorval by Pta-winkelsentrum
Drie konstruksiewerkers is in ʼn ernstige toestand nadat ʼn vrag glas by ʼn winkelsentrum in Pretoria op hulle geval het.
Gordhan bevestig 3,9%-begrotingstekort
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag bevestig die staat se begroting toon ʼn tekort van 3,9% van die bruto binnelandse produk (BBP), soos vroeër voorspel is.