Die $290 miljoen-navorsingskip wat sosialemediagebruikers gehoop het “Boaty McBoatface” sou heet, se amptelike naam is uiteindelik aangekondig.
Lees meerAlles vir Maandag 9 Mei 2016
Lonmin-werker sterf in Marikana
Die mynmaatskappy Lonmin ondersoek die afsterwe van ʼn werker by sy Rowland-skag in Marikana naby Rustenburg in Noordwes.
[Video] Boer sterf 2 dae na dogter se geboorte
ʼn Boer van Brits is Sondag in die vroeë oggendure dood nadat ʼn motor, wat aan die verkeerde kant van die pad gery het, teen sy bakkie gebots het.
Blitspatrollielede aangekla oor polisiebeampte se moord
Twee lede van die Soweto-blitspatrollie is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn polisiebeampte in Januarie vanjaar.
[Video] Fakkel vir Afrikaans aangesteek
Die ATKV het die erkenning van Afrikaans as amptelike landstaal 91 jaar gelede met woord en lied gevier.
AfriForum Jeug bou voort aan Afrikaans ongeag teenstand
AfriForum Jeug #AfrikaansSalBly-veldtog is vandag verskillend op die onderskeie kampusse ontvang.
Kleuter kritiek ná sy ver val
ʼn Kleuter is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy Maandag twee verdiepings ver uit ʼn woonstelblok in Pretoria geval het.
Polisieman vas na gevangenes ontsnap
ʼn Polisiebeampte is in hegtenis geneem in verband met die voorval in Maart, toe 13 verhoorafwagtende gevangenes uit die aanhoudingselle by die Modimolle (Nylstroom)-polisiestasie in Limpopo ontsnap het.
Regter aangekla oor swart mans se ‘verkragtingskultuur’
Klagte word glo ingedien teen ʼn Pretoriase regter in die hooggeregshof, Mabel Jansen, by die Regterlike Dienskommisie (RDK) en Menseregtekommissie (MRK), weens ʼn beweerde rassistiese uitlating oor swart mans se “kultuur” van verkragting.
[Foto’s] Prinsloo en Weyers weer saam op silwerdoek
Die geliefde akteurs, Marius Weyers en Sandra Prinsloo, is vir die eerste keer in twee dekades weer saam op die silwerdoek te sien in die nuwe Afrikaanse fliek, Twee Grade Van Moord.
Hof hoor OVK nie wetlik verplig om adresse by te hou
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Maandag in die konstitusionele hof gesê hoewel die kommissie moet seker maak kiesers woon in die distrik waar hulle stem, is die OVK nie verplig om rekord te hou van kiesers se adresse nie.
[Video] Sjef Snoekie laat die potte sing met resepteboek
Snoekie (soos haar vriende haar noem) is eintlik Marlise Scheepers – ʼn voormalige nuusredakteur en joernalis. Dis egter haar liefde vir kook en sing wat haar hart gelukkig maak.
WAT Woord van die week: ramkat
Die WAT Woord van die week is “ramkat”
R2 miljoen vir slaggate landwyd
AfriForum het Maandag met sy nasionale veldtog vir die herstel van slaggate in die onderskeie provinsies in die land begin.
Twee dood toe trok van brug af ry
Twee mans is dood nadat ʼn vragmotor op die R114 by Diepsloot, noord van Johannesburg, van ʼn brug af gery en in ʼn rivier beland het.
Kyk aanlyn hoe Mercurius voor son verbytrek
Suid-Afrikaners kan van 13:00 af regstreeks volg hoe die son se naaste planeet voor die geel skyf verbybeweeg
Oom Herrie se kerrie: Wat is ’n moeder nie alles nie?
Sondagoggend, Moedersdag, meen oom Herrie dit sal baie gepas wees om vroulief met die Orde van Florence Nightingale te vereer. Nie alleen neem mev. Herrie een tot twee keer per dag oom Herrie se bloeddruk nie, maar sy dokter sulke periodieke swere wat met oom Herrie se verswakte gestel verband hou. Oom Herrie gebruik al jare lank bloeddrukmedikasie, maar sedert die bestraling bly die bloeddruk nog te laag om weer pille te begin gebruik.
Só lyk transformasie se formule
Die probleem is duidelik. Die vraag is nou, wat is die oplossing? As individue staan ons nie ʼn kans nie. Die mag waarteen ons te staan kom, is te groot. Die antwoord lê dus in gemeenskaplike pogings. Ons is saam sterker en deur aan te sluit by organisasies wat veg vir burgerregte, kan ons ʼn verskil maak.
Inbraak lei glo tot brand by skool
Die brand wat Sondag erge skade aan ʼn gedeelte van die Hoërskool Port Alfred aangerig het, is glo deur inbrekers gestig.
Bejaarde weduwee op Moedersdag vermoor
Toe die bejaarde Annatjie Kruger nie Sondagoggend vir kerk opgedaag het nie, het gemeentelede dadelik onraad gemerk.